Skip to content

Frik se gebraaide murgpampoentjies

RESEPTE

Frik se gebraaide murgpapoentjies

Frik se gebraaide murgpampoentjies

Frik de Jager

6 porsies

Bestanddele

6 groot murgpampoentjies, in die helfte deurgesny
200 g spek, gekap
200 g sampioene, gesny
3 medim uie, geskil en gekap
2 eiers, geklits
400 ml broodkrummels
50 g botter
250 ml kookolie
sout en growwe swartpeper na smaak

Metode

Braai die spek in sy eie vet tot bros, en hou eenkant.
Smelt die botter in dieselfde pan, en braai die uie en sampioene.
Meng die spek by, en voeg sout en peper by.
Doop die murgpampoentjies in die geklitste eier en daarna in die broodkrummels.
Braai dit in verhitte olie tot goud en bros.
Rangskik die murgpampoentjies bo-op mekaar, en skep die spekmengsel bo-oor.
Bedien warm.
Opsioneel: Smelt gerasperde kaas bo-oor.

Deel nou

Deel nou