RESEPTE
Bok se wildsfillet
Bok van Blerk
Bestanddele
1 - 2 kg wildsvleisfillet
1 suurlemoen se sap
2 knoffelhuisies, fyngekap
2 eetlepels Worcestersous
250 ml suurrroom
1 koppie Sweet & Sticky Barbeque=sous
Metode
Rol die fillet in die suurlemoensap.
Voeg die knoffelhuises by, en laat dit marineer vir 5 tot 10 minute.
Voeg die res van die bestanddele by, en druk gate in vleis met ’n vurk.
Plaas dit in plastiekbak in die yskas vir minstens ’n uur, verkieslik oornag.
Braai die fillet oor die kole – dit moet halfgaar tot mediumgaar wees.
Sout en peper kan na smaak bygevoeg word.
Maak die sous warm, en bedruip die fillet na die tyd.