Skip to content

Liesel se beesstertkasserol

RESEPTE

WhatsApp Image 2026-05-08 at 15.36.32

Liesel se beesstertkasserol

Bestanddele

​1 kg beesstert, in litte gesny
​125 ml rooiwyn of water
​6 - 8 heel uitjies, geskil
​375 ml jong, heel geelworteltjies, geskil
​8 jong, heel aartappeltjies, geskil
​375 ml gevriesde groenertjies
​25 g beesstertsoppoeier
​5 ml sout
​5 ml fyn wonderpeper

Metode

​Sit vleis in oond vir 1 uur op 180°C in 'n "Roaster" of kasserol.
​Pak groente in lae op vleis en geur met sout, wonderpeper, soppoeier en wyn of water.
​Sit terug in oond vir 'n verdere 1 uur.

Deel nou

Deel nou