Skip to content

Willie se suurlemoenhoender

RESEPTE

Willie se suurlemoenhoender

Willie se suurlemoenhoender

By: Willie Strauss
Willie se suurlemoenhoender

Bestanddele

8 hoenderstukke
5 aartappels, geskil en in stukke gesny

Marinade
8 knoffeltoontjies, fyn gekap
150 ml olyfolie
120 ml suurlemoensap
30 ml Dijonmosterd
15 ml heuning
15 ml gedroogde oreganum
5 ml gedroogde tiemie
5 ml fyn sout
5 ml swart peper

Metode

Meng al die bestanddele van die madrinade, en marineer die hoenderstukke daarin vir ten minste 2 ure.
Skep die hoender en marinade in ‘n oondbak.
Bak teen 180 grade vir 1 uur.
Bedien met rys en ‘n slaai.

Deel nou