RESEPTE
Sjef Forti se Frutti di Mare
Bestanddele
1 blikkie geskilde heel of gekapte tamaties
50 ml ekstra suiwer olyfolie
½ koppie droë witwyn
2 knoffelhuisies, fyngedruk
100 g geskilde en skoongemaakte garnale
100 – 150 g klein mossels (clams)
100 – 150 g mossels, skoongemaak
100 g skoongemaakte en gesnyde calamari-ringe
3 of 4 basiliekruidblare, of Italiaanse pietersielie
rissie, fyn gekap (opsioneel)
sout en peper na smaak
Metode
Verhit die olyfolie in 'n mediumgrootte pot.
Braai die knoffel tot dit liggies goudbruin is.
Voeg al die seekosbestanddele gelyktydig by.
Plaas die deksel op en laat die seekos vir ongeveer 2 minute stoom/braai.
Voeg die witwyn by, en laat dit effens inkook.
Voeg die tamaties en vars kruie by.
Kook vir ongeveer 3 minute.
Geur na smaak met sout en peper.
Bedieningsvoorstel
Die sous is heerlik saam met pasta, vars brood of as deel van ’n seekosgereg.