Skip to content

Surita se palmiers

RESEPTE

Surita se palmiers

Surita se palmiers

By: Surita Riffel
Surita se palmiers

Bestanddele

1 rol blaardeeg
bruinsuiker

Metode

Sprinkel 'n ruim laag bruinsuiker op die werkoppervlak waarop jy die deeg gaan uitrol.
Plaas die blaardeeg bo-op die suiker, en rol dit liggies met 'n koekroller sodat die suiker aan die deeg vassit.
Draai die deeg om en sprinkel weer 'n ruim laag bruinsuiker oor die oppervlak.
Rol die deeg uit totdat dit ongeveer 30 - 40 cm lank en 20 cm breed is.
Vou albei lang kante van die deeg na binne totdat hulle in die middel ontmoet.
Vou die deeg weer toe soos 'n boek – met ander woorde, vou die een helfte bo-oor die ander.
Sprinkel nog bruinsuiker aan albei kante van die deeg, en rol dit liggies plat met die koekroller.
Sny die deeg in skywe van ongeveer 2 - 3 cm dik.
Vou skywe deeg oop – dit sal ‘n V-vorm hê.
Plaas die skywe op 'n liggies gesmeerde bakplaat, en plaas vir 20 minute in die yskas.
Bak teen 180°C vir ongeveer 10 minute, of totdat die deeg opgepof en goudbruin is.
Draai die palmiers om, en bak vir nog ongeveer 10 minute, of totdat beide kante goudbruin en gekaramelliseer is.

Wenk
Voer die bakplaat met bakpapier uit vir makliker skoonmaak en om te voorkom dat die gekaramelliseerde suiker vassit.
Die deeg moet koud wees.
Plaas ongebakte koekies op die bakplaat in die yskas vir omtrent 20 minute voordat jy dit bak. Dit verseker dat die deeg mooi oppof tydens die bakproses en eweredig gaar bak.

Variasies
Vir ekstra geur en 'n heerlike variasie kan jy die volgende saam met die bruinsuiker oor die deeg sprinkel: fyn kaneel of fyn gerasperde lemoenskil of beide. Sitrus en kaneel is heerlike aromatiese geure wat baie goed saamwerk met gekaramelliseerde suiker.

Deel nou