Skip to content

Ouma se groenboontjiebredie

RESEPTE

Ouma se groenboontjiebredie

Ouma se groenboontjiebredie

By: Minki van der Westhuizen
Ouma se groenboontjiebredie

Bestanddele

lamsvleis na behoefte
1 groot ui, opgesny
1 pak gevriesde groenboontjies
3 – 4 aartappels, in kwarte gesny
klein bietjie water
sout
witpeper

Metode

Gebruik ‘n swaarboompot met ’n deksel wat oondbestand is.
Braai die ui stadig totdat dit bruin en soet is.
Voeg die lamsvleis by, en braai dit tot die vleis liggies verbruin het.
Pak die groenboontjies bo-op die vleis, en plaas die aartappels bo-op die boontjies.
Gooi net ’n klein bietjie water by, nie te veel nie, want die bredie moet sy eie sous maak.
Geur met sout en witpeper.
Plaas die deksel op, en plaas die pot in ’n oond wat tot 150°C verhit is.
Laat dit rustig en stadig gaar word tot die vleis sag en die aartappels gaar is.
Moenie roer nie. Die geheim van hierdie bredie lê daarin dat die lae mooi saam kook en hulle geure rustig meng.
Bedien warm met ’n goeie skeppie blatjang, beet en ’n vars tamatie-en-uieslaai.

Deel nou