Skip to content

Jo Fritz se kerrie-lamafval

RESEPTE

Jo Fritz se kerrie-lamafval

Jo Fritz se kerrie-lamafval

By: Jo Fritz
Jo Fritz se kerrie-lamafval

Bestanddele

1 groot lamafval
1 kg skaapskenkels en -nek, gemeng
6 heel peperkorrels
4 lourierblare
3 naeltjies
2 groot uie, grof gekap
Water om die vleis te bedek
6 wortels, in ringe gesny
6 groot aartappels, in blokkies gesny

Sous
3 eetlepels medium kerrie
2 eetlepels borrie
¾ koppie bruin asyn
½ koppie suiker
4 eetlepels appelkooskonfyt
4 eetlepels perskeblatjang
sout na smaak

Vir afronding
vars koljander, grof gekap

Metode

Plaas die afval, skaapskenkels en -nek in ’n groot pot.
Voeg die peperkorrels, lourierblare, naeltjies en uie by.
Voeg genoeg water by om die vleis goed te bedek.
Bring die pot tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat dit vir 2 tot 2½ uur oor matige hitte kook.
Roer gereeld, en maak seker daar is steeds genoeg vloeistof in die pot.
Voeg die wortels by, en kook vir ongeveer 10 minute.
Voeg die aartappelblokkies by, en kook tot die aartappels sag is.
Meng die bestanddele van die kerriesous saam.
Giet die sous oor die afval, en roer alles deeglik deur.
Laat die afval vir nog 10 minute stadig prut, sodat al die geure mooi kan meng.
Strooi ‘n handvol gekapte koljander oor, roer dit liggies deur.
Bedien warm saam met stampmielies of rys.

Deel nou