Skip to content

Willie se suurlemoenpiekel

RESEPTE

Willie se suurlemoenpiekel

Willie se suurlemoenpiekel

By: Willie Strauss
Willie se suurlemoenpiekel

Bestanddele

8 suurlemoene, goed gewas en in skywe gesny
sap van 4 suurlemoene
250 ml water
200 ml asyn
500 g suiker
5 ml matige kerriepoeier
5 ml rissievlokkies
5 ml komynpoeier
5 ml vinkel
2 ml kaneel
3 ml sout
5 ml gemmerpoeier
4 lourierblare

Metode

Plaas die suurlemoenskywe in in ‘n groot fles.
Meng die suurlemoensap, water, asyn en suiker.
Verhit dit oor lae hitte totdat die suiker opgelos is.
Voeg res van bestanddele by, verhoog hitte, en kook vir vyf minute.
Giet dit kokend oor die skywe in die fles.
Laat staan vir 24 uur, en verseël.

Deel nou