Skip to content

Tuindag: Wen met Babylonstoren!

Kompetisie

Tuindag: Wen R5 000 met Babylonstoren!

Suid-Afrikaners word aangemoedig om op Sondag 18 Oktober 2026 die elfde Tuindag te vier. Vanjaar se tema, VAN TUIN TOT TAFEL: GROEI, KUIER, VIER, fokus op die verskillende maniere waarop tuine ons kan voed – van vars groente, vrugte en kruie wat ons kan eet, tot die fisieke en geestelike voordele wat tuinmaak inhou.

Tuindag is vir almal, of jy nou ’n groot agterplaas, ’n balkon met potplante, of toegang tot ’n gesellige gemeenskapstuin het. Dit gaan daaroor om die groen ruimtes rondom jou te geniet en tyd saam met vriende en familie deur te bring. Dit gaan daaroor om die natuur op ’n eenvoudige manier te waardeer. Met vanjaar se tema kry die tradisie van blomkrone ’n vars kinkel. Wees kreatief en voeg kruie, eetbare blomme, blare en groente by jou blomkroon se ontwerp. Dit is ’n viering van die plante wat ons liggaam en gees voed.

Tuindag moedig mense aan om hulle tuine en groente-oes op kreatiewe maniere te vier. Gebruik die groente en vrugte uit jou tuin in die kos wat jy bedien; gebruik blomme, takke en groente as tafelversierings; ruil saailinge met gaste; of laat elkeen iets uit hulle tuin bring om ’n groot slaai mee te maak.

Vanjaar is ’n splinternuwe Groeigids ook op die Tuindagwebtuiste bekendgestel. Dié praktiese aanlyngids bied raad oor watter plante wanneer geplant moet word in Suid-Afrika se verskillende reënvalstreke.

Besoek gardenday.co.za vir inspirasie, resepte, uitnodigings en raad oor hoe om ’n blomkroon te maak.

Deel foto’s van jou Tuindagviering deur @GardenDaySA op sosiale media te “tag” of dit via WhatsApp te stuur na 074-288-1487.

Staan ‘n kans om ’n Babylonstoren-geskenkbewys ter waarde van R5 000 te wen! Deel jou foto van jou Tuindagviering hier:


05/ 10 / 2026
-
19 / 10 / 2026

Voriges

#Gesluit
Sluitingsdatum:
16/10/2026

Een gelukkige luisteraar staan ‘n kans om ‘n kajuit vir twee persone wat deel, op die mooie MSC Armonia te wen, en boonop die Oppiwater Kunstefees GRATIS by te woon.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
03/10/2026

Verryk ’n kind se lewe – en dalk wen jy!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
24/09/2026

Kiek die RSG- en Virseker-Kultuurkaravaan, en jy wen dalk R 5000!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
21/08/2026

Een paartjie kan ‘n wonderlike BBP-prys wen om Francois van Coke by Emperors se Theatre of Marcellus te gaan kyk op 23 Augustus 2026 om 15:00.