Skip to content

Rikus se maklike steak in ’n lugbraaier met heerlike bykosse

RESEPTE

Rikus se maklike steak in ’n lugbraaier met heerlike bykosse

Rikus se maklike steak in ’n lugbraaier met heerlike bykosse

By: Rikus Landman
Rikus se maklike steak in ’n lugbraaier met heerlike bykosse

Bestanddele

Steak
steak van jou keuse
sout
swartpeper
Steakspesery van jou keuse
bietjie olyfolie of marinade, na smaak
botter vir afronding

Bykos 1: Bros aartappels
4 middelslag aartappels
1 – 2 eetlepels olyfolie
Sout
peper
paprika
knoffelpoeier, na smaak
roosmaryn, na smaak

Bykos 2: Romerige knoffel- en sampioensous
250 g sampioene, in skywe gesny
1 eetlepel botter
2 knoffelhuisies, fyngedruk
125 ml room
sout en swartpeper
vars pietersielie (opsioneel)

Bykos 3: Geroosterde groente
broccoli of groenbone
Rooi en geel soetrissie
babawortels
olyfolie
sout enpeper
knoffel

Bykos 4: Vars Griekse slaai
komkommer
kersietamaties
rooi ui
fetakaas
olywe
olyfolie
suurlemoensap

Bykos 5: Knoffelbotter-mielies
2 - 4 mielies
2 eetlepels botter
1 knoffelhuisie, fyngedruk
sout
vars pietersielie

Metode

Steak
Geur en marineer die steak na smaak.
Voorverhit die lugbraaier vir 5 minute teen 200 °C.
Plaas die steak in die mandjie, en braai vir 4 minute teen 200 °C.
Draai die steak om en braai vir nog 4 minute.
Plaas ’n lepel botter op die steak, draai dit in aluminiumfoelie toe, en laat dit vir 5 minute rus.
Wenk: Die gaarmaaktyd hang af van die dikte van die steak én jou lugbraaier. Gebruik verkieslik ’n vleistermometer om die gewenste gaarheid te bepaal.

Bykos 1: Bros aartappels
Sny die aartappels in blokkies of wiggies.
Meng met olyfolie en die speserye.
Braai teen 200 °C vir ongeveer 18 – 25 minute, terwyl jy dit gereeld skud, totdat dit goudbruin en bros is.

Bykos 2: Romerige knoffel- en sampioensous
Smelt die botter in ’n pan, en braai die sampioene tot goudbruin.
Voeg die knoffel by en braai vir 1 minuut.
Roer die room by, en laat dit vir 3 – 5 minute prut totdat die sous verdik.
Geur met sout en peper, en strooi pietersielie oor.

Bykos 3: Geroosterde groente
Sny die groente in happiegrootte stukke.
Meng dit met die olyfolie, sout, peper en knoffel.
Braai in die lugbraaier teen 190 °C vir ongeveer 8 – 12 minute, afhangend van die groente en hoe bros jy dit verkies.

Bykos 4: Vars Griekse slaai
Sny die groente in kleinerige stukke.
Krummel die fetakaas bo-oor, en voeg die olywe by.
Bedruip met olyfolie en suurlemoensap net voor opdiening.

Bykos 5: Knoffelbotter-mielies
Meng die botter met die knoffel en pietersielie.
Smeer dit oor die mielies en geur met sout.
Rooster in die lugbraaier teen 190 °C vir ongeveer 10 – 15 minute - draai die mielies halfpad om.

Deel nou