Skip to content

Willie se gebakte koningklip

RESEPTE

Willie se gebakte koningklip

Willie se gebakte koningklip

By: Willie Strauss
Willie se gebakte koningklip

Bestanddele

6 koningklipfillette
500 g ongegeurde dubbeldik Griekse jogurt
250 ml witwyn
90  ml suurlemoensap
25 ml olyfolie
50  ml visspesery
sout en peper na smaak

Metode

Voer ’n oondbak uit met foelie, smeer dit met olyfolie.
Plaas die fillette in die pan en sprinkel olyfolie bo-oor.
Sprinkel die sout, peper en spesery oor die vis.
Skep die jogurt mildelik oor die vis, en smeer dit plat met die agterkant van die lepel. Die vis moet heeltemal bedek wees.
Sprinkel die suurlemoensap oor.
Voeg die witwyn oor die vis.
Bak teen 180 grade vir 20 tot 30 min tot gaar.
Bedien met rys, brood en ‘n slaai.

Deel nou