Doen jou eie ding: Thalia Farm
Palesa Matlala gesels met Andries Burger, mede-eienaar van Thalia Farm, en medestigter van Tahlia’s Cactus Spirits. Tahlia Farm is ’n innoverende en volhoubare Suid-Afrikaanse plaas- en distilleerdery wat fokus op die uiteenlopende eienskappe van die turksvyplant. Die plaas is geleë op die bekende Roete 62 tussen Montagu en Barrydale in die Klein Karoo. https://tahliafarm.co.za/





