Skip to content

Geestesgesondheid

Potgooi

Geestesgesondheid

Kundiges praat oor 'n verskeidenheid geestesgesondheidskwessies.

Geestesgesondheid: Die tentakels van trauma

Geestesgesondheid: Die tentakels van trauma

Kategorie: Geestesgesondheid2026-10-06

6 Oktober 2026: Dr. Deon Bruwer, wat vanuit sy ervaring in pastorale terapie baie met mense se emosionele en geestelike uitdagings werk, praat oor trauma – hoe dit ons kan beïnvloed, waarom mense dit op verskillende maniere hanteer, en hoe ’n mens kan begin om daarvan te herstel.

Geestesgesondheid: Wanneer jy nie alles alleen kan dra nie

Geestesgesondheid: Wanneer jy nie alles alleen kan dra nie

Kategorie: Geestesgesondheid2026-09-29

27 September 2026: Vyf maande gelede is Lizette Volkwyn met Myasthenia Gravis gediagnoseer. Sedertdien moes sy leer saamleef met ’n liggaam wat nie altyd doen wat sy verwag nie, en ook leer om ander mense se hulp te ontvang. Johan van Lill gesels met haar oor ondersteuning, onafhanklikheid, goedbedoelde raad en die mense wat help om ’n mens se pad weer gelyk te maak.

Geestesgesondheid: Wie sorg vir die mense wat vir ons sorg?

Geestesgesondheid: Wie sorg vir die mense wat vir ons sorg?

Kategorie: Geestesgesondheid2026-09-22

22 September 2026: Dokters en ander mediese beroepslui werk elke dag naby aan siekte, pyn, trauma, verlies en soms die dood. Johan van Lill praat met Elzette Fritz oor wat hierdie voortdurende blootstelling aan ’n mens kan doen, waarom emosionele afstand soms nodig is, en hoe mense in die mediese professie hulle empatie en menslikheid kan behou sonder om self onder die gewig van die werk te knak.

Geestesgesondheid: Wanneer verantwoordelik wees oorverantwoordelikheid word

Geestesgesondheid: Wanneer verantwoordelik wees oorverantwoordelikheid word

Kategorie: Geestesgesondheid2026-09-15

15 September 2026: Wanneer verander verantwoordelik wees in oorverantwoordelikheid? Johan van Lill praat met lewensafrigter Jan Niemand oor oorfunksionering: daardie patroon waar jy so gewoond raak daaraan om probleme op te los, ander mense te ondersteun en alles aan die gang te hou, dat jy later skaars agterkom hoeveel jy self dra.

Geestesgesondheid: Tien gesprekke wat jou anders laat dink

Geestesgesondheid: Tien gesprekke wat jou anders laat dink

Kategorie: Geestesgesondheid2026-09-08

8 September 2026: Johan van Lill deel tien kort uittreksels uit potgooie, TED-praatjies en onderhoude wat hom laat stilstaan en dink het. Van ’n toevallige gesprek met ’n vreemdeling op ’n trein en die behoefte om raakgesien te word, tot musiek en herinneringe, slaap, angs, vriendskap, selfdeernis en rou. Die program eindig in die koue Atlantiese Oseaan waar die filmmaker, Craig Foster, ’n onverwagse ontmoeting met ’n Kaapse otter beleef.

Geestesgesondheid: Hoe fiksie iets waar oor die mens kan vertel

Geestesgesondheid: Hoe fiksie iets waar oor die mens kan vertel

Kategorie: Geestesgesondheid2026-09-01

1 September 2026: Johan van Lillpraat met die skrywer, Frederick Botha, oor sy debuutkortverhaalbundel. Die bundel word as outofiksie beskryf, maar Frederick beklemtoon dat die verhale fiksie is en nie outobiografiese vertellings nie. Johan en Frederick gebruik die verhale as vertrekpunt vir ’n gesprek oor manlikheid, buitestanderskap, familie, geloof, woede, identiteit, selfaanvaarding en die behoefte om te behoort.