Skip to content

Gesondheid

Potgooi

Gesondheid

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Gesondheid: LDL cholesterol; Verhoogde cholesterol

Gesondheid: LDL cholesterol; Verhoogde cholesterol

Kategorie: Gesondheid2026-10-07

7 Oktober 2026: Met LDL cholesterol wat inderdaad ‘n rol speel om jou bloedvate te beskadig, is dit wel nodig om die vlakke van dié cholesterol in jou bloed te verlaag. Wat is deesdae die beste behandeling? Ons kyk ook na redes vir uiters verhoogde cholesterol- of trigliseriedvlakke in genetiese siektes soos Familiele Hipercholesterolemie. Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner van lipied- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: A-pokke en Ebola

Gesondheid: A-pokke en Ebola

Kategorie: Gesondheid2026-09-30

30 September 2026: Die kollig val op twee aansteeklike virussiektes: A-pokke en Ebola. Die toename in gevalle van A-pokke in Suid-Afrika, veral in Wes-Kaap, maak dit noodsaaklik om meer uit te vind oor dié siekte. Die grootste uitbreking ooit van Ebola in die DRK duur voort, en laat vrae oor die gesukkel om dit onder beheer te kry en hoe dodelik die nuwe variant van die virus is. Mari Hudson praat met ‘n spesialis in aansteeklike siektes om antwoorde te vind.

Gesondheid: Lipied- en cholesterolmetabolisme

Gesondheid: Lipied- en cholesterolmetabolisme

Kategorie: Gesondheid2026-09-23

23 September 2026: Hoe vorm cholesterol plaak in jou bloedvate? Is daar ander faktore betrokke? Tot watter mate kan dieet jou bloedcholesterol en -vette verlaag? Mari Hudson praat met ‘n mediese spesialis en kenner oor lipied- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Vet- en cholesterol-metabolisme

Gesondheid: Vet- en cholesterol-metabolisme

Kategorie: Gesondheid2026-09-16

16 September 2026: As die dokter sê die cholesterol en vette in jou bloed is te hoog, waar kom dit vandaan? Interessant genoeg vervaardig jou eie liggaam die meeste van jou cholesterol, maar baie van die vette kom van die kos wat jy eet. Mari Hudson praat met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterol-metabolisme.

Gesondheid: Bloedvette en bloedcholesterolvlakke

Gesondheid: Bloedvette en bloedcholesterolvlakke

Kategorie: Gesondheid2026-09-09

9 September 2026: Ons hoor baie van bloedvette en bloedcholesterolvlakke, maar wat is die vette in jou liggaam en wat is cholesterol? Waar kom dit vandaan? Hoekom het jou liggaam dit nodig? Mari Hudson gesels met ‘n spesialis op die gebied van vet- en cholesterolmetabolisme.

Gesondheid: Voorgeskrewe Minimumvoordele

Gesondheid: Voorgeskrewe Minimumvoordele

Kategorie: Gesondheid2026-09-02

2 September 2026: Het jy geweet siekefondse moet vir 271 siektetoestande, bekend as PMB’s of Voorgeskrewe Minimumvoordele, betaal en nie net op die vlak wat in staatshospitale aangebied word nie. Maar om op jou regte te staan, moet jy weet wat in die PMB’s is. Mari Hudson praat met ‘n verteenwoordiger van interniste en met ‘n gesondheidsekonoom oor jou regte, probleme en slaggate betreffende PMB’s.