Skip to content

Kiskenades

Potgooi

Kiskenades

Kiskenades, geskep en geskryf deur Thomas van Niekerk, handel oor die sewejarige Jerome wat 'n kis vol speelgoed ontdek. Hierdie interessante skatkis neem hom onder andere na die wêreld van dinosourusse en hy ontmoet 'n kraai en donkie wat kan praat! Sy verbeelding kry vrye teuels, en tussendeur leer hy hoe om tel en te spel.

Kiskenades - Episode 241

Kategorie: Kiskenades 2026-11-21

Sannie Sywurm vertel vir Spekkies Vark haar lewensverhaal. Hy ontmoet haar as ’n sywurm, en sy vertel hom alles oor sy en sywurms.

Kiskenades - Episode 240

Kategorie: Kiskenades 2026-11-14

Tandjies Muis kuier by Chantelle, Alicia se vriendin. Katryn Kraai herinner Tandjies Muis daaraan dat hy, as ‘n speeldingetjie, ’n plig het om Chantelle te help en te ondersteun. Sal Tandjies Muis dit op sy eie kan doen?

Kiskenades - Episode 239

Kategorie: Kiskenades 2026-11-07

Die speelgoed is baie besig. Juffrou Veertjie Volstruis het besluit dat die speelgoedkis skoongemaak moet word. Almal werk baie hard, maar party is meer in die pad as iets anders.

Kiskenades - Episode 238

Kategorie: Kiskenades 2026-10-31

Barbara Pop tik haar memoires, of herinneringe, tot groot ontsteltenis van Katryn Kraai. Later wil almal in die speelgoedkis hulle eie lewensverhale skryf.

Kiskenades - Episode 237

Kategorie: Kiskenades 2026-10-24

Spekkies Vark ontmoet vir Bill die Padda by die dam naby hulle huis. Alicia en haar speelgoed besluit toe Bill moet by hulle in die speelgoedkis kom bly, maar dit was nie eintlik ’n goeie idee nie…

Kiskenades - Episode 236

Kategorie: Kiskenades 2026-10-17

Alicia en haar maatjie, Sura, werk aan ’n taak oor gesonde eetgewoontes. Tandjies Muis se gedagtes is egter op ’n ander plek. Hy dink net aan speel…