Skip to content

Op en Wakker

Potgooi

Op en Wakker

Raaf by die Woordfees

Raaf by die Woordfees

Kategorie: Op en Wakker2026-10-09

Stories, woorde en melodieë ontmoet mekaar by die Woordfees. Raaf is ‘n duo wat presies dít beliggaam. Hulle het 2010 as universiteitstudente in ‘n koshuiskamer begin as die Bottomless Coffee Band, maar het in 2022 ‘n volsirkel-oomblik hier by die Woordfees beleef toe hulle hulle naam amptelik verander het na die betekenis van hul van – RAAF! Lourens en Esté Raaf is hier met hulle eiesoortige, energieke folk-popklanke, 12 verskillende instrumente, en ‘n ongelooflike teaterkonsert getiteld VAN TOE TOT NOU.

StroomAf 9 Oktober 2026

StroomAf 9 Oktober 2026

Kategorie: Op en Wakker2026-10-09

Leon van Nierop gesels oor veelbesprole rolprent, Digger, met onder andere Tom Cruise.

Tobie se biografie

Tobie se biografie

Kategorie: Op en Wakker2026-10-09

Die formidabele Tobie Cronjé is hier by ons op die verhoog by die Woordfees om te gesels oor ‘n boek wat oor hom geskryf is. TOBIE is ‘n biografie oor sy lang en indrukwekkende loopbaan en lewe. Die akteur en akademikus, dr. Chris Vorster, het die biografie geskryf.

Historiese Almanak: Sol Plaatje

Historiese Almanak: Sol Plaatje

Kategorie: Op en Wakker2026-10-09

9 Oktober 2026: Albé Grobbelaar praat oor Sol Plaatje – joernalis, skrywer, taalgeleerde en eerste sekretaris-generaal van die South African Native National Congress, waaruit die ANC gebore is.

SA se fonteinname

SA se fonteinname

Kategorie: Op en Wakker2026-10-09

Professor Matilda Burden is ‘n kultuurhistorikus verbonde aan die Universiteit Stellenbsoch. Sy het fassinerende werk deur haar loopbaan gedoen. Haar jongste boek is ‘n dik, maar baie mooi boek oor fonteinname in Suid-Afrika met die titel, OPREISFONTEIN – ‘N ONDERSOEK NA FONTEINNAME IN SUID-AFRIKA. Opreisfontein is ‘n werklike plaasnaam. Daar is duisende plekname waar fontein deel daarvban is – skerpsinnige name soos Droogvoetsfontein, Geduldsfontein, Soebatsfontein, Dombietersfontein en Daggafontein.

Woordfees staan einde se kant toe

Woordfees staan einde se kant toe

Kategorie: Op en Wakker2026-10-09

Ons saai uit vanaf die RSG en ATKV-vierkant by die Woordfees op Stellenbosch. Ons praat met Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees. Vanjaar se se feestema is: DIS HOOG TYD, en met bykans 50 000 feesgangers wat op Stellenbosch toesak, is dit een van die grootste kunstefeeste in Afrika. Dis nie ‘n fees met ‘n biertent en vlooimark nie – dis wat die fees so uniek maak – maar ‘n tekort aan vermaak en bepeinsing is daar beslis nie.