Skrywers en boeke: Olive Schreiner se VAN MAN TOT MAN; Stefaans Coetzee; M.E.R.
2 September 2026: Prof. Marni Bonthuys gesels oor VAN MAN TOT MAN, ‘n voorheen ongepubliseerde roman van Olive Schreiner was pas in Afrikaans verskyn het. J.M. Coetzee het die oorspronklike teks verwerk, en Antjie Krog het dit in Afrikaans vertaal. Johan Myburg vertel hoe Dolly Parton – wat verlede week oorlede is – oor haar boekprogram vir kinders gevoel het. Hy stel ons voor aan die Nederlandse skrywer, Anjet Daanje, wat deur kenners genoem word as moontlike wenner van vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde. Hy vertel ook meer oor die Inside-letterkundeprys in die VSA waarvoor gevangenes die beoordelaars was. Die skrywer en resensent, Stefaans Coetzee, vertel hoe boeke sy lewe agter tralies verander het. Daar is ook ‘n argiefinsetsel oor die lewe en werk van M.E.R. Sy was een van die baanbrekerskrywers en joernaliste in Afrikaans. Jy kan ook hoor hoe sy skryf benader het.





