Skip to content

Beeld Kinderfonds (4-9 Aug 2025)

Kompetisie

Dis wen-wen met RSG en Beeld se Kinderfondsprojek

As jy die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek ondersteun help jy nie net kinders in nood nie, jy kan ook ’n splinternuwe motor ter waarde van R225,000 wen! ‘n bonusprys van R5 000 is ook hierdie week op die spel vir donasies wat tot Saterdag 9 Augustus 2025 gemaak word. Jy kry een inskrywing vir R50, maar as jy R200 skenk, kry jy ’n ekstra inskrywing, dus vyf inskrywings in plaas van vier! Daar is ook ‘n R15,000 kontantprys wat gewen kan word as jy elke maand 'n donasie van R300 of meer gee. Dis maklik om deel te neem: Betaal jou donasie aan Beeld-Kinderfonds in by ABSA tjekrekeningnommer 2840157329. Gebruik jou selfoonnommer as verwysing, en jy sal ’n bevestiging van jou inskrywings binne 3 werksdae ontvang. Meer inligting en kaartbetalingsopsies is by www.beeldkinderfonds.co.za en https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605. Die projek sluit op 5 November 2025.

04/ 08 / 2025
-
10 / 08 / 2025

Voriges

#Gesluit
Sluitingsdatum:
01/08/2026

Daar is nou ’n bonusprys van R5 000 op die spel, én jy staan steeds ’n kans om later vanjaar R200 000 of ’n splinternuwe motor te wen!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
10/07/2026

Een gelukkige RSG-luisteraar en sy/haar metgesel kan ’n ekslusiewe ervaring by Klein Karoo Klassique wen ter waarde van R15 500!

#Gesluit
Sluitingsdatum:
05/06/2026

Een paartjie kan ‘n BBP-prys wen om Tollie Parton by Emperors Palace se Theatre of Marcellus in Kemptonpark te sien op 12 Junie 2026.

#Gesluit
Sluitingsdatum:
30/06/2026

RSG en die ATKV vier vanjaar met trots die dertigste radiodramaskryfkompetisie. En om hierdie mylpaal te gedenk, gaan daar in die 2026-kompetisie meer prysgeld én wenners wees.