Skip to content

Rina se Sjinese frikkadelle

RESEPTE

soetsuurfrikkadelle

Rina se Sjinese frikkadelle

Rina Coetzee

Bestanddele

1 kg maalvleis
2 uie, gekerf
2 eiers, geklits
sout en peper na smaak
2 snye brood, gekrummel

Soetsuursous
3 eetlepels meel
¼ koppie druiweasyn
½ koppie suiker
½ koppie kookolie
½ koppie sojasous (hou soutinhoud ingedagte)
1½ koppie kookwater
2 uie en 2 tamaties, grof opgekap
1 pakkie/blikkie sampioene
1 rooi en 1 geel soetrissie, in growwe repe gesny

Metode

Frikkadelle
Meng alles saam, en vorm klein frikkadelle.
Bak tot net gaar in ‘n oondbak met ’n bietjie water.
Rol die frikkadelle om wanneer dit bruin word sodat albei kante bruin is.

Soetsuursous
Braai die uie, tamatie, soetrissies en sampioene saam.
Voeg al die ander bestanddele by.
Laat dit kook tot die sous begin verdik. Die groente moet nog ferm wees.
Jy kan die sous verder verdik met Maizena.
Voeg die warm sous oor die frikkadelle.
Bedien met rys.

Deel nou

Deel nou