Dieremaniere: So word ‘n hond vir ‘n fliek afgerig

Optel is ‘n gemeenskap se hond, en nou is hy skoonveld. Die gemeenskap is ontsteld, en almal soek naarstiglik na hom. Hoor watter verskil ‘n dier in ’n hele gemeenskap maak, en ook ‘n rol in ‘n film speel.

Dit is die storie van Finding Optel, wat sy debuut in 2025 by die Silwerskermfees gemaak het. Dit het daar ‘n toekenning verwerf.

Mikayla Brown, skrywer, regiseur en aktrise vertel waarom sy juis hierdie storie van Optel wou vertel.

Maar om ‘n hond in ‘n film te sien, beteken daar was ‘n hond op ‘n filmstel. Garin van Munster doen diere-afrigting op filmstelle, televisiereekse en advertensies. Hy sorg dat perde galop en katte op die regte plek in in ‘n film miaau. Ons hoor hoe ‘n regisseur met diere in ‘n produksie te werk gaan.

https://omny.fm/shows/dieremaniere/rsg-bekbasaar-dieremaniere-episode-s2-e03

Die koue Benguela beïnvloed só Karoo en Kalahari se plante en diere

Het jy geweet die geharde droë Kalahari- en Karoo-streke word sterk beïnvloed deur die koue Benguela-seestroom wat noordwaarts langs die suidwestelike kus van Afrika vloei? Hoe oorleef plante en diere in dié streke, en watter impak het dit op landbou?

Ons praat met Jakkals Olivier oor die uniekheid van die Victoria-Wes Skou, en die skou se opkomende boer-wenner, Thys Agterdam, praat oor sy sukses.

https://omny.fm/shows/rsg-landbou/rsg-landbou-24-februarie-2026

Staatsverval met BKS kom al 25 jr aan

Die verval in die staat wat bek-en-klouseer betref, kom al langer as twee dekades aan.

Die eerste tekens van verval en swak beplanning kan teruggespeur word na die vroeë 2000’s. Bek-en-klouseer is ‘n staatsbeheerde siekte, en die onlangse uitbreking is volgens kenners die ergste in die land se landbougeskiedenis.

Professor Johann Kirsten het ‘n omvattende ontleding op News24 die volgehoue stuksgewyse verval van die regering se bek-en-klouseer-infrastruktuur blootgelê. Hy is van die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Ondersoek.

https://omny.fm/shows/op-en-wakker/staatsverval-met-bks-kom-al-25-jaar

Donderdagaand: “Die Soektog na Lt Muller Meiring se Ratel 72”

Op Donderdag 26 Februarie volg Kobus Rudolph se Die Soektog na Luitenant Muller Meiring se Ratel 72.

Die dokumentêr volg ’n 2018-toer van veterane van die 61 gemeganiseerde bataljon na Angola, waar hulle ná dekades se trauma en onverwerkte herinneringe weer die slagvelde van hul jeug besoek. ’n Kernfokus is die emosionele soektog na lt. Mielie Meiring se ratel-pantservoertuig, wat in 1988 vernietig is.

Honderd en vyf manne, sommiges het hulle vrouens saamgebring, het op dié toer na Angola vertrek. “Op die ou paaie van slagvelde en gevegte.” 

Nie almal het besef watter impak, ‘n soort van vrymaking en afsluiting oor die verlede, dié toer sou hê nie.  Baie van die oudsoldate en ouddienspligtes wroeg al vir jare oor die hartseer en pyn wat hulle as jong seuns ervaar het.  Skaar 18 en 19 jaar en hulle moes gaan veg, die dood in die oë staar en ‘n vyand doodmaak.

Maar daar moes ook gesoek gaan word na Luitenant Muller Meiring se Ratel iewers in Angola. 

Sewe van sy oudmakkers het spesiaal op die toer gekom om na die slagveld te gaan kyk waar hulle in betrokke was en dan ook na Mielie (sy bynaam) se Ratel 72 wat iewers in die bosse in Angola gelê het. Die hinderlaag waarin hulle vasgery het en Mielie wat moontlik deur ‘n RPG vuurpylrigter gedood is, bly steeds in hulle geheue.

Muller se Ratel 72

Die toer in 2018, presies dertig jaar na Operasie Excite, is deur ‘n Angolese generaal geinisieër. So vêr as wat ons gery het, is ons deur ‘n vriendelike Angolese Polisie en BBP’s begelei, met verskeie onthale, toesprake en ontmoetings met ou Angolese veteraansoldate en vegters. 

Verskeie ander slagvelde is besoek, waar ou weermagvoertuie, kanonne en ander toerusting onderstebo lê – geroes en verweer deur die elemente. So ook oorlogmuseums en o.a. die berugte  brug by Cuito Cuanavale.

Jannie Nieuwoudt, tans ‘n boer van Ceres vertel hoe hy die slagveld en die gebeure daar onthou. Hulle was in ‘n absoluut ontspanne en rustige stemming toe hulle in die hinderlaag gery het en aangeval is. Totale chaos het gevolg.

61 Gemeganiseerde Bataljon se Veterane-Vereniging het kontak met Muller Meiring se ouers in Australië gemaak – Piet en Suzanne Meiring – hulle is ook reeds in hulle 80’er jare . Hulle het op Verkeerdevlei naby Bloemfontein geboer, maar na Muller se dood het hulle die erfplaas verkoop en saam met hulle dogters na Tasmanië verhuis. Suzanne Meiring was bereid om in 2018 en toe weer so maand gelede met ons te praat oor die skok, trauma en jare-lange pyn. Hulle boer tans met skape en Proteas en hulle kinders spog met die mooiste Laventellanderye.

Ons is baie dankbaar om te kon gesels met met Daniël Potgieter in die Kaap. Hy het ingestem om te gesels oor die pyn wat hy die afgelope 40 jaar dra asook die dag van 27 Junie 1988 toe Muller gesterf het. Lt Muller was ‘n Ratelbevelvoerder en Daniël was die kanonier op Muller se Ratel. Hy het langs Muller in die toring gesit, toe hulle deur die vuurpyl getref is. Hy “onthou dit so goed”(het hy paar keer herhaal) toe hy Muller uit die Ratel moes laai en na veiligheid toe bring. Hyself het verskeie skrapnel- en gesigswonde gehad en moes ook afgevoer word.  

Die deur waar Daniël vir Muller moes uithaal – Ratel 72.

Onderhoude met oud-soldate, kundiges en beraders toon die diep pyn, verliese en behoefte aan afsluiting. die uiteindelike ontdekking van die ratel bring groot ontlading en herinnering vir die veterane, terwyl ’n gesprek met Meiring se moeder in Australië ’n aangrypende blik bied op die blywende impak van haar seun se dood op die gesin.

Luister weer: Dokumentêr oor Roger Sedres

9 Februarie: Wêreldklas-sportfotograaf sonder aansit: die storie van Roger Sedres
Die veelbekroonde Roger Sedres se foto’s is wêreldbekend. Haidee Muller-Isaacs gaan kuier op Donderdag 19 Februarie by dié fotograaf van Gordonsbaai wat magiese momente deur sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk vasgevang het. Talle van die bekende Springbokrugbyspelers is reeds op skool deur Sedres op film verewig, lank voordat hulle roem verwerf het.

https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/roger-sedres-w-reldklas-sportfotograaf-sonder-aansit-deur-haidee-muller-isaacs

Een van die ikoniese foto’s wat Roger Sedres geneem het.
TOKYO, JAPAN – JULY 30: Tatjana Schoenmaker of South Africa on the winners podium after she won the women’s 200m breaststroke final in a new world record, receives her gold medal during the Swimming event on Day 7 of the Tokyo 2020 Olympic Games at the Tokyo Aquatics Centre on July 30, 2021 Tokyo, Japan. (Photo by Roger Sedres/Gallo Images)

Met verskeie Olimpiese Spele en  ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Team SA se amptelike sportfotograaf.

Roger het ikoniese foto’s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele en ander groot sportbyeenkomste. In 2025 het hy die Sport Visual Journalist of the Year-toekenning by die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings gewen en hy het in 2022 ook die Fotograaf van die Jaar-toekenning ontvang.

Roger word wyd beskryf as nederig, passievol en professioneel, en is toegewyd om ander se stories met respek en empatie te vertel. Hy het ‘n opregte liefde vir wat hy doen en sy foto’s gaan nie oor sensasie nie, maar oor die oomblik en die mense daaragter.

Hierdie dokumentêr gee ‘n nader kykie oor Sedres se loopbaan, sy benadering tot sportfotografie en die rol wat sy unieke foto’s speel in hoe sport gesien en onthou word.

Roger saam met Met Brandon Du Plessis en Pieter Lourens (afrigter en bestuurder) van Team South Africa in die Athletes Village in Rio de Janeiro 2016
Tokio 2020 swem SPELE
ROGER IN 2025 SPORTTOEKENNINGS
Roger at Roland Garros

Dokumentêre seisoen 1/2026

Die volgende dokumentêre is geskeduleer:

26 Februarie
Op Donderdag 26 Februarie volg Kobus Rudolph se Die Soektog na Lt Muller Meiring se Ratel 72. Die dokumentêr volg ’n 2018-toer van veterane van die 61 gemeganiseerde bataljon na Angola, waar hulle ná dekades se trauma en onverwerkte herinneringe weer die slagvelde van hul jeug besoek. ’n Kernfokus is die emosionele soektog na lt. Mielie Meiring se ratel-pantservoertuig, wat in 1988 vernietig is.

Onderhoude met oud-soldate, kundiges en beraders toon die diep pyn, verliese en behoefte aan afsluiting. Die uiteindelike ontdekking van die ratel bring groot ontlading en herinnering vir die veterane, terwyl ’n gesprek met Meiring se moeder in Australië ’n aangrypende blik bied op die blywende impak van haar seun se dood op die gesin.

5 Maart
Vryloop is toe glad nie vry
op Donderdag 5 Maart is ‘n diepte-ondersoek deur Martelize Brink waarin sy kyk na wat “vryloop” en “organies” werklik beteken, aangesien produkte dikwels nie die hoë standaarde haal wat die etikette impliseer nie. Kenners, wetenskaplikes, regeringsamptenare en boere soos Farmer Angus word geraadpleeg om te verduidelik hoe hierdie terme gereguleer word, hoekom dit duurder is en of dit gesonder is.

12 Maart
Vloek perfeksioniste meer as mense vir wie die lewe maar net altyd ‘n lied is? Vloek mans meer as vroue? Gebruik sommige mense vloekwoorde as ‘n manier om sosiaal aanvaarbaar te wees, en ander dit onbewustelik om tameletjies in die lewe beter te probeer hanteer? Wat presies gebeur in ons breine wanneer ons vloek? Kan vloek pyn- en stresverligting bring – maar méér so vir mense wat nie gereeld vloek nie? Hoekom is vloek so taboe? En is daar ook kragwoorde in Die Bybel?

In O Vloek! Om te swets of nie,  gaan krap Este de Klerk op Donderdag 12 Maart om 20:00 so klein bietjie dieper. Sy praat met ‘n taalkundige, ‘n sielkundige, ‘n afgetrede dominee, ‘n skrywer, en iemand wat, nou ja, toevallig bekend geword het omdat sy ‘n vloekwoord gesê het.

19 Maart
Jaco de Waal gaan loer op Donderdag 19 Maart In die skadu van verslawing. Hy vra – watter rol speel skaamte (“shame”) in die tentakels van ‘n magdom verslawings. Wat maak dat mense nie eetversteurings of alkoholisme kan oorkom nie. En watter rol speel emosies?

26 Maart
Die bekroonde dokumentêrmaker Christelle van Tonder sluit die seisoen af met Lagspore: ’n Reis van 75 jaar deur komedie, op Donderdag 26 Maart. Leon Schuster se 75 jaar in die komediebedryf getuig van ’n loopbaan waarin hy oor dekades miljoene Suid-Afrikaners laat lag het met sy flieks, verborge-kamera-poetse, radiowerk en musiek. Die dokkie fokus op Leon asook komedie in die algemeen. Die dokumentêr fokus op Leon asook komedie in die algemeen. (Nie ‘n profiel dokkie)

Vir meer inligting besoek rsg.co.za.

Dokumentêre Seisoen JAN – MAART 2026 
UitsaaidatumAanbiederOnderwerpBeskrywing
    
1 JanArgief – Mariska SpoormakerArgief – Die baai se hondemanPort Elizabeth se hondeman Johnson Ndlakuza.
8 JanArgief – Heindrich WyngaardAdam en Jakes: gespreksgenote in en oor AfrikaansDie digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor,Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word belig.
15 JanArgief – Johan RademanArgief – Oom Hannes Coetzee: lepel en snaarOom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl.
22 JanFlip lootsReuse wat rekords laat spatDit is die verhaal van enkele van die Guinness book of records se  wêreldrekordhouers.
29 JanWihann Nel Ons neem luisteraars op ’n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte in Suid-Afrika.
5 FebTharienHet ons nog groen vingers? Ons kyk na kwekerye in die algemeen.
12 FebGeen dokumentêrSONA
19 FebHaideeRoger Sedres se lens laat sport skitterProfiel dokumentêr oor die bekende fotograaf Roger Sedres.
26 FebKobus RudolphWaar is Luitenant Mielie Meiring?Ons volg ’n 2018-toer van veterane van die 61 gemeganiseerde bataljon na Angola, waar hulle ná dekades se trauma en onverwerkte herinneringe weer die slagvelde van hul jeug besoek.
5 MaartMartelize BrinkVryloop is toe glad nie vryBeteken “vryloop” en “organies” werklik wat verbruikers dink dit beteken?
12 MaartEstéO Vloek! Om te swets of nieEste de Klerk krap so klein bietjie dieper oor hoekom mense vloek.
19 MaartJaco de WaalIn die skadu van verslawingWat is die rol van skaamte  in alle tipes verslawing?
26 MaartChristelle van TonderLagspore: ’n Reis van 75 jaar deur komedieOns fokus op Leon Schuster asook komedie in die algemeen.

Reeds Uitgesaai:

1 Januarie 2026
Op Nuwejaarsdag om 20:00 vertel Mariska Spoormaker in die argiefdokumentêr Die Baai se hondeman van Johnson Ndlakuza, ‘n pamperlanger wat al vir sowat ‘n halfeeu lank na die honde in Gqeberha omsien. Johnson is al diep in sy sewentig en ‘n entrepreneur wat verseker dat die Baai se vierpotiges perfekte tande en toonnaels het.

Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. en dis ook nie sommer enigiemand wat al diep in sy sewentigs soos ‘n entrepreneur in ‘n noodsituasie sal kan dink nie. mariska spoormaker het tydens drie huisbesoeke oor johnson se skouer geloer.
https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/die-baai-se-hondeman-deur-mariska-spoormaker

8 Januarie
Op 8 Januarie is Heindrich Wyngaard se Adam en Jakes: Gespreksgenote in en oor Afrikaans weer uitgesaai, waarin die lewens en nalatenskap van die digter-filosoof Adam Small en die letterkundige en voormalige UWK-rektor Jakes Gerwel belig.

Gerwel sou in 2026 sy tagtigste verjaardag gevier het.

In hierdie dokumentêr gesels die digter Antjie Krog, die musikant Frazer Barry en die teoloog Allan Boesak oor hierdie twee merkwaardige mense se erflatings.

Luister hier na die gesprek:

15 Januarie
Oom Hannes Coetzee: Met lepel en snaar
op Donderdag 15 Januarie om 20:00 is Johan Rademan se kykie na hierdie musikant wat gehore wêreldwyd bekoor het met sy “optel-en-knyp-kitaarstyl”. Hy was in David Kramer se veelbekroonde verhoogproduksie Karoo Kitaar Blues te sien en het selfs in Amerika meestersklasse in sy spesiale talent aangebied. Kom luister saam hoe oom Hannes met ‘n lepel kitaar speel in hierdie argief-dokumentêr.

Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by ‘n glykitaar-byeenkoms. die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die wêreld. Wat min mense egter weet is dat hy ongeletterd is en nie kan lees of skryf nie. Hierdie program is ‘n laaste poging van RSG om iets te verewig uit ‘n geslag plaaswerkers wat ontneem is van skoling en blootstelling omdat die swerwersbestaan so uitdagend was. Troostelose en droefgeestige wêrelde word dikwels opgehef deur kuns en musiek, en dit is wat Hannes Coetzee gered het van totale vergeteldheid.

22 Januarie
Dr. Flip Loots gaan op Donderdag 22 Januarie om 20:00 kyk na die mense wat jaarliks in die Guinness Book of World Records opgeneem word. Wie is hierdie eietydse helde, vra Loots in Reuse wat die rekords laat spat.

Die prestasies van entrepreneur Billy Cowley en haarkapper André Green het hulle elk twee Guinness Book of Records laat behaal. Billy het eers 420 g Marmite binne een uur geëet, en toe ‘n kar vol kankerstrikkies geplak. André het eers binne 24 uur die meeste vroue se hare gesny, en toe onderwater die meeste vroue se hare binne een uur gesny.
https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/reuse-wat-rekords-laat-spat-deur-flip-loots

29 Januarie
Agter die musiek – Van Skouspel tot Groot
is ‘n dokumentêr deur Wihann Nel wat luisteraars op ‘n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte gaan neem. Die program, wat op Donderdag 29 Januarie om 20:00 uitgesaai word, ondersoek hoe hierdie groot produksies nie net kunstenaars se loopbane gevorm het nie, maar ook ’n hele kultuur van saamwees, trots en emosie rondom Afrikaanse musiek geskep het. Dit bevat onderhoude, argiefmateriaal en persoonlike stories oor hierdie “hardklop van Afrikaans”.

5 Februarie
Op Donderdag 5 Februarie om 20:00 sluit luisteraars by Tharien Oosthuizen aan vir Het ons nog groen vingers? 

Het ons nog groen vingers in ’n wêreld van beton, skerms en gejaagde lewens?
In die RSG-dokumentêr Het ons nog groen vingers neem Tharien Oosthuizen luisteraars op ’n insiggewende reis deur tuine, kwekerye en die mense wat steeds glo aan die krag van groei, al is dit net in ’n pot op ’n stoep.

Die dokumentêr ondersoek hoe tuinmaak veel meer is as net ’n stokperdjie. Dit word ’n vorm van terapie: ’n manier om stres te verlig, emosionele balans te herstel en weer aan te sluit by iets lewend en tasbaar. Van ervare kwekerywerkers tot alledaagse mense met ’n liefde vir plante, elke stem dra by tot die vraag: wat doen groen met die mens se gemoed?

Met praktiese wenke vir tuinmaak in beperkte ruimtes, en ’n fokus op die waarde van plaaslike kwekerye as bronne van kennis en gemeenskap, herinner hierdie dokumentêr ons daaraan dat groei soms stadig is — maar altyd betekenisvol.

Gaste wat aan die program deelneem is die kliniese sielkundige, Dr Wilmien Human, Kobus de Villiers, mede-eienaar van Sterlig kwekery, Petrus Mohlomi, werksaam by Sterlig kwekry, Linda Greyling, Hoof van Tegniese Ondersteuning by Kelpak en Nikky Knuijf wat tuinmaak as stokperdjie bedryf.

Fotos:  Cara Oosthuizen

19 Februarie: Wêreldklas-sportfotograaf sonder aansit: die storie van Roger Sedres
Die veelbekroonde Roger Sedres se foto’s is wêreldbekend. Haidee Muller-Isaacs gaan kuier op Donderdag 19 Februarie by dié fotograaf van Gordonsbaai wat magiese momente deur sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk vasgevang het. Talle van die bekende Springbokrugbyspelers is reeds op skool deur Sedres op film verewig, lank voordat hulle roem verwerf het.

Lees meer oor Roger Sedres:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/rsg-nou/luister-weer-dokumenter-oor-roger-sedres/

Luister na die dokumentêr:

https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/roger-sedres-w-reldklas-sportfotograaf-sonder-aansit-deur-haidee-muller-isaacs

Eierstokkanker: Daar is lig in die tonnel

Eierstokkanker is ‘n tameletjie, want dit word dikwels laat opgespoor, en is aggressief. Maar as jy ‘n familiegeskiedenis van bors- en eierstokkanker het (dis in in die helfte van gevalle só) kan genetiese toetse jou help om ‘n besluit te neem om jou eie lewe te red. Nuwe medikasie is baie doeltreffend juis teen die geneties en oorerflike vorms van eierstokkanker.

Marí Hudson praat hieroor met onkoloog Dr Lizanne Langenhoven van PACSO.

https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-28-januarie-2026