Ons blinknuwe radiodramaseisoen beloof 14 topklas Afrikaanse stories

Met skrywers wat hul storie ken, bied RSG se tweede radiodramaseisoen van 2026 ’n uiteenlopende versameling radioteaters waarin luisteraars ander mense en ook hulself sal herken.

Die nuwe seisoen begin op Donderdag 1 Oktober en word daarna word ‘n radiodrama  elke Donderdagaand om 20:00 op RSG uitgesaai. Luisteraars kan ook uitsien na ’n spesiale Kersdrama op Kersdag.

RSG skop Donderdag 1 Oktober sy splinternuwe radiodramaseisoen af – ’n kragtige versameling van 14 uiteenlopende dramas wat opspraakwekkende temas, alledaagse uitdagings én tong‑in‑die‑kies stories aanpak. Die seisoen bied alles van familiegeheime, verlies, kinderontvoering, identiteit en geestesgesondheid, tot humor, nostalgie, futuristiese spanning en Kersfees‑betowering.

Die reeks bring van die mees bekroonde skrywers en regisseurs in Afrikaanse radio saam, met bekende name soos Herschelle Benjamin, Henriëtta Gryffenberg, Philip Rademeyer, Eben Cruywagen, Christien Neser, Sophia van Taak, Marius de Bruyn, Madeleine Venter, Almé Hugo, Maria Vos en Johan Rademan.

Op die rolverdeling verskyn ‘n hele rits bekroonde gunstelingakteurs sowel as kraakvars nuwe talent uit die jonger generasie – ’n seisoen wat die volle spektrum van Afrikaanse stemme vier.

Die radioteater seisoen open met, Joshlin – meer as ’n naam, geskryf deur Herschelle Benjamin en deur Henriëtta Gryffenberg vir die radio verwerk. ’n Ma word tydens ’n vreemde hofsaak in die hof van openbare mening met die verdwyning van haar elfjarige seun gekonfronteer. Die verhaal ondersoek kinderuitbuiting, mensehandel en die wyse waarop ’n vermiste kind se verhaal deur sensasie en openbare oordeel oorgeneem kan word. Dit word op 1 Oktober uitgesaai. Lees meer oor dié drama hier.

Op 8 Oktober volg Morné Malan se Tuimelduif. ’n Tweelingbroer en -suster van Mosselbaai word ná jare herenig om hul ma se sewentigste verjaardag te vier. Progressiewe Alzheimer se siekte, en onverwerkte verlies dwing die Van Rensburg-gesin om moeilike waarhede in die oë te kyk. Dit is ’n verhaal oor wat dit beteken om mekaar werklik nodig te hê.

Niel Steenkamp se Pieter se pa bring op 15 Oktober ’n ligter blik op die verlede. Herman is verheug dat sy dogter met Pieter wil trou, maar wanneer sy vrou foto’s van meisies uit Herman se jong dae ontdek, moet hy vinnig verduidelik waarom elkeen van dié romantiese afsprake op ’n fiasko uitgeloop het. Dit is ’n humoristiese verhaal oor die dinge waaroor ’n mens jare later uiteindelik kan lag.

Op 22 en 29 Oktober word die tweedelige Stinkhout uitgesaai. Philip Rademeyer se verhaal is deur Eben Cruywagen vir die radio verwerk. Ná sy broer se skielike dood keer Louw terug na die kleinhoewe waar hy grootgeword het en word hy met sy pa, Gert, herenig. Ou wonde word oopgekrap, terwyl ’n enorme witstinkhoutboom as stille getuie staan van alles wat oor dekades op dié familiegrond gebeur het. Dit is ’n aangrypende verhaal oor ’n pa en seun wat mekaar probeer vind terwyl hulle rekenskap van die verlede gee. Cruywagen is vroeër vanjaar oorlede, en Stinkhout was die laaste teks wat hy vir RSG verwerk het. Die uitsending daarvan is daarom ook ’n besondere viering van sy werk en sy  kosbare nalatenskap  aan die Afrikaanse radio.

Marius de Bruyn se Seeskulp volg op 5 November. Eleanor, ’n letterkundedosent wat met ’n terminale breingewas gediagnoseer is, ontmoet Jonathan, ’n eksentrieke jong student wat ’n boek skryf. Namate ’n komplekse vriendskap tussen hulle ontwikkel, rig Eleanor ’n vreemde versoek aan hom – een wat albei se lewens vir altyd kan verander.

In Die oorlogklavier deur Christien Neser word luisteraars op 12 November op ’n reis deur tyd geneem. ’n Klavier wat al meer as ’n eeu in die Swanepoel-gesin se huis staan, word die sleutel tot ’n verhaal uit die Anglo-Boereoorlog. Die skoolgaande James ontdek ’n geskiedenis van sterk vroue, slim planne, oorlewing en liefde oor kontinente heen… En uiteindelik ook die oorsprong van sy eie naam en rooi hare.

Sophia van Taak se Halfpad daar word op 19 November uitgesaai. Retha is ’n vrou in haar veertigs wie se senuwees begin uitrafel. Werksdruk en ander mense se verwagtinge laat haar aan haar lewenskeuses twyfel. Dan is daar ook die eise wat sy aan haarself stel.  Wanneer sy haarself in ’n emosionele put bevind, moet sy ’n manier vind om weer uit te klim.

Op 26 November volg Madeleine Venter se Kraaines. Terwyl Ronel haar oorlede pa se besittings oppak, ontdek sy ’n brief wat haar wêreld laat kantel. Haar soeke na antwoorde trek haar al dieper in ’n kraaines van familiegeheime en leuens in.

Die oudit deur Almé Hugo word op 3 Desember uitgesaai. Mieke begin haar eerste werk as ’n intern en probeer uit haar ouerhuis ontsnap, al bestaan haar kantoor hoofsaaklik op haar skootrekenaarskerm. Wanneer ’n joernalis antwoorde oor ’n finansiële bedrogsaak begin soek, lek die werkswêreld uit Mieke se rekenaar tot in haar woonstel en dreig dit om haar in te sluk.

Op 10 Desember pak luisteraars Die laaste kilometer saam met Maria Vos aan. Leon, ’n onuitstaanbare sakeman, hardloop halfmarathons in al nege provinsies ten bate van liefdadigheid. Terwyl sy heldedade noukeurig vir sosiale media gedokumenteer word, lyk die werklikheid agter die skerms egter heel anders. In die Noord-Kaapse hitte begin sy sorgvuldig opgeboude beeld en sy skynbaar perfekte lewe uitrafel.

RSG maak op 17 Desember ’n besondere argiefopname van Adam Small se Kanna hy kô hystoe weer hoorbaar. Small sou vanjaar 90 jaar oud geword het. Die drama, wat deur Johan Rademan vir die radio verwerk is, vertel die bekende verhaal van Kanna, Makiet se grootmaakkind, wat die geleentheid kry om deur opvoeding aan die onderdrukking en armoede van Distrik Ses te ontsnap. Vir die mense wat agterbly, word sy moontlike terugkeer ’n simbool van hoop.

Op 24 Desember volg nog ’n argiefhoogtepunt: Die laaste woord deur Lee Doubell, wat vroeër vanjaar oorlede is. RSG bring met dié uitsending hulde aan ’n skrywer wat met ’n besonder visionêre blik na die toekoms gekyk het. Die drama speel af in ’n futuristiese, apokaliptiese wêreld waarin Masjien en Vlees teen mekaar te staan kom. Met kunsmatige intelligensie wat vandag al hoe meer deel van die alledaagse lewe word, is die vrae wat die verhaal stel meer tersaaklik as ooit.

Luisteraars kan op Kersdag uitsien na die spesiale Kersdrama, Die grootste hiervan, deur Hendie Grobbelaar. Issie en Dries, ’n bejaarde egpaar wat tydelik in ’n woonstel woon, ontvang ’n virtuele assistent genaamd VERA as Kersgeskenk van hul uitvinder-dogter. Wanneer ’n verskriklike ramp op Oukersaand plaasvind, word vier mense se geloof en hoop tot die uiterste beproef terwyl VERA skynbaar buite haar programmering begin optree. Sal hulp betyds opdaag?

Die seisoen sluit op 31 Desember op ’n humoristiese noot af met Eugene Pienaar se Drie knape en ’n oujongnooi. Katram van die planeet Uririto, word per ongeluk na die aarde verplaas en beland in die agterplaas van die befoeterde Sarie. Kommunikasieprobleme, twee buitenaardse geregsdienaars en ’n onverwagse herontmoeting met ’n ou skoolkys lei tot ’n reeks skreeusnaakse situasies.

RSG se radioteater is waar Afrikaanse stories, legendes van radio en blinknuwe talent steeds koning kraai. Nooi almal wat jy ken om saam te luister, want niks bring mense bymekaar soos ’n goeie storie nie.

Luister weer na “Plektrum”, ‘n dokumentêr oor ons kitaargenie Mauritz Lotz

Donderdagaand se dokumentêr, Plektrum deur Esté de Klerk is ‘n musikale reis van die Suid-Afrikaanse kitaargenie, musiekvervaardiger en komponis, Mauritz Lotz se lewe.

Die meeste musiekliefhebbers het Mauritz Lotz al êrens op ‘n verhoog sien speel, of het opnames waarop hy speel by die huis. Maar, mense weet betreklik min oor hom en sy loopbaan van wereldformaat.


Nie net het hy al op meer as 4000 opnames gespeel het, maar hy het ook tien albums vrygestel, spog met twee Grammy’s en is ook ‘n Grammy-beoordelaar. Die lys van die internasionale kunstenaars saam met wie hy opgetree of die verhoog gedeel het, is eindeloos en strek van die Rolling Stones tot Sting, van Chris de Burgh tot Joan Armitrading. Oor die afgelope dekade het Mauritz Lotz ook sy eie stem as volwaardige komponis gevind.


Hierdie uur-lange profieldokumenter, Plektrum, vertel die verhaal van Mauritz Lotz se lewe en werk oor byna vyf dekades deur sy eie oe en 11 ander kunstenaars wat oor die jare saam met hom gewerk het.
Dit is nie ‘n dokumentêr wat jy wil mis nie!

‘n Plektrum is ‘n klein stukkie gereedskap wat gebruik word om snaarinstrumente mee te tokkel. Vir die Suid-Afrikaanse kitaargenie, musiekvervaardiger en komponis, Mauritz Lotz is ‘n plektrum deel van sy persoonlike arsenaal, en versinnebeeld dat iets klein – ook in die lewe – ‘n groot verskil kan maak. 

Dié profieldokumentêr, Plektrum, vertel die verhaal van Mauritz Lotz se lewe en loopbaan van wêreldformaat. In dié musikale reis, maak Mauritz sy hart oop teenoor Esté de Klerk en deel hoekom sy hartsverbintenis tot musiek hom so veilig laat voel en ‘n plek is waar hy heel word.

Luister weer: Gesteel uit die grond; vetplante vir die wêreldmark

Jacqui January neem ons na ‘n verlate klipkoppie waar mans douvoordag skaars vetplante stroop vir die wêreldmark.

Kenners gesels oor versamelaars se beheptheid met vetplante, en ons hoor wat die verskil tussen en vetplant en ’n kaktus is.

Skrywer Irna van Zyl vertel hoe ‘n onskuldige potplant ’n misdaadstorie geword het.

Knopies / Toontjies en Olifantpoot / Boesman se kierie / Lewende Klippies / Bababoudjies en  Beeskloutjies / halfmens wat na die noorde kyk/ sterretjies en venstertjies/ Name eie aan  Medusa se Kop

Hulle is skaars.
Hulle is ons erfenis!
Hulle verdwyn…
Suid Afrika se berge, woestyne, woude en oseane se natuur-rykdom verarm. Ons land se eiesoortige vetplante word bedreig.  Elke dag word n stukkie van die Knersvlakte, Karoo, Kalahari, en die Kus gesteel en onwettig oor die grens gesmokkel vir die wereldmark.

Op Donderdag, die 17de September om 8 uur die aand :  Gesteel Uit Die Grond – Vetplante vir ‘n Wêreld Mark…

Jacqui January praat oor die handel, die stropery, en die mense wat ons vetplante beskerm.

Hier is foto’s van die vetplante wat gesteel word:

ATKV vereer Willie Koorts vir ’n leeftyd se sterre en stories

Vir byna drie dekades het Willie Koorts mense op busse, oor Karoodorpe en uiteindelik tot onder die sterrehemel van Sutherland geneem. Hy het hulle vertel van spoorlyne, teleskope, ou motors, plase, geologie en die geskiedenis van die Karoo. Maar meer as dit het hy hulle geleer om op te kyk, skryf die ATKV.

https://atkv.org.za/nuus/posts/atkv-vereer-willie-koorts-vir-n-leeftyd-se-sterre-en-stories

Willie Koorts en Sonél Brits (Foto: ATKV)

Hierdie besondere nalatenskap is by die SMUL-restaurant op Diemersfontein buite Wellington gevier toe Willie met ’n ATKV-Oorkonde vereer is vir sy jarelange bydrae tot die bevordering van sterrekunde, sy liefde vir Afrikaans en sy betrokkenheid by die ATKV.

Die oorkonde is deur Sonél Brits, besturende direkteur van die ATKV-MSW, aan hom oorhandig tydens ’n funksie waar vriende, mede-ATKV-lede, bewonderaars en mense wat oor baie jare saam met hom gereis het, hulde aan hom gebring het.

Willie se belangstelling in wat bo én rondom hom gebeur, loop soos ’n goue draad deur sy lewe. “Ek wou my lewe lank weet wat om my aangaan,” het hy sy eenvoudige filosofie opgesom.

Dié nuuskierigheid sou hom uiteindelik diep in die Suid-Afrikaanse sterrekundewêreld neem. Hy was onder meer by sterrewagwerk en teleskoopinstrumentasie betrokke en het ’n rol gespeel by die eerste vier groot teleskope en later ook SALT (Southern African Large Telescope).

Vir RSG-luisteraars is sy stem al jare lank sinoniem met die hemelruim. Sedert 2009 is hy as ankeraanbieder aan die program Sterre en Planete verbonde, waar hy ingewikkelde astronomiese verskynsels toeganklik en in Afrikaans aan luisteraars verduidelik.

“Dit is daarom vir ons by die ATKV ’n besondere voorreg om eer te gee aan Willie Koorts – iemand wat ons telkens met nuwe oë na die hemel laat kyk,” het Almero Oosthuizen, ATKV-streeksbestuurder, gesê.

Willie se verbintenis met die ATKV strek veel verder terug. Hy was ’n stigterslid van die ATKV-tak Wellington wat in 1998 tot stand gekom het, en het vir dekades die jaarlikse bustoer na Sutherland help vorm.

Tharina Schweidler, voorsitter van die ATKV-tak Wellington, vertel dat daar oor die jare 28 bustoere aangebied is.

Elke Augustus het ’n groep per bus na Sutherland gereis. Die hotel en gastehuise is vooraf bespreek, daar is by Matjiesfontein gestop en die sterrewag is besoek – soms selfs met sneeu as agtergrond. Maar die reis was nooit net ’n toerprogram nie. Dit het ’n gemeenskap geword.

Op pad terug is gedigte wat gedurende die naweek geskryf is op die bus voorgelees en pryse is toegeken. Met die verloop van die jare het die verse, stories en foto’s begin ophoop.

“Ons het altyd gewonder wat met die gedigte en prosa gebeur,” het Willie gesê. “Dit is wonderlik dat dit nou in boekvorm bestaan.”

Juis daarom was die funksie ook die ideale geleentheid vir die bekendstelling van Afrikaanse Voetspore na Sutherland, ’n koffietafelboek waarin dié herinneringe uiteindelik ’n permanente tuiste gekry het.

Willie was die eerste ontvanger van ’n eksemplaar en het ook boeke tydens die geleentheid geteken.

Schweidler het verduidelik dat die idee ontstaan het toe sy besef hoeveel materiaal oor die jare versamel is.

“Daar was ’n digkompetisie met ’n wenner en die gedigte het begin opstapel. Ek het gedink ons moet dit in boekvorm uitgee. Ons het dit gekombineer met van die mooiste foto’s van Sutherland.”

Die resultaat is ’n boek vol verhale uit hart en siel: oor die koue, die busreise, die rooi bus, dorpe, spoke, spoorlyne, ou motors en natuurlik die onvergeetlike oomblikke wanneer teleskope mense vir die eerste keer diep die heelal laat inkyk het.

Vir Sonél illustreer die projek presies wat die ATKV se takke op grondvlak vermag. “Dit is altyd ’n riem onder die hart om te sien hoe die platform van die ATKV in aksie bly – waar mense met gedeelde belangstellings bymekaar kom en hul talente en kennis met oorgawe en toewyding deel,” het sy gesê.

Die Bosman Adama-koor uit die omgewing het verdere warmte aan die aand verleen met musiekitems soos “Aan die einde van die reënboog”, “Blou” en ander seëngebede.

Willie het die huldeblyk met kenmerkende nederigheid ontvang.

“Baie, baie dankie. Dit is ’n wonderlike gebaar en ek waardeer dit ongelooflik.”

Die Sutherland-toere het uiteindelik om logistieke redes tot ’n einde gekom, maar soos die nuwe boek wys, het die stories nie verdwyn nie. En Willie herinner ons elke week om ons koppe op te lig en met verwondering na die hemelruim te kyk.

1e Drama van ons nuwe seisoen: Joshlin Smith radiodrama konfronteer kinderverdwyning, kollektiewe gewete en verantwoordelikheid op RSG

Volgens Missing Children SA verdwyn een kind elke vyf uur in Suid-Afrika. 77% van kinders wat as vermis aangemeld word, word gekry, maar 23% word òf nooit gevind nie, òf in kinderhandel gebruik, òf sterf.

Die verdwyning van Joshlin Smith het die land diep geruk – nie net oor die misterie nie, maar oor die skokkende moontlikheid dat ’n kind deur diegene wat haar moes beskerm, verraai kan word. Hierdie werklikheid vorm die hartklop van RSG se nuwe radiodrama, Joshlin – meer as ’n naam, wat op 1 Oktober om 20:00 begin.

Die drama, geskryf deur Herschelle Benjamin en vir radio verwerk deur Henriëtta Gryffenberg, kyk verder as die opslae. Dit vra die vraag wat elke Suid-Afrikaner moet beantwoord: “Wat doen ons om die kind in ons straat veilig te hou?”

In Joshlin – meer as ’n naam word ’n ma, Kendra Jacobs, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun, Isaac tydens ‘n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van publieke opinie en oordeel is daar ’n groep kinders wat soos ’n spookagtige koor uit ’n tussenwêreld die verrigtinge bywoon. Joshlin se opspraakwekkende verhaal dreig egter om die verrigtinge te ontspoor, want almal wil steeds weet wat van Joshlin geword het.

Teen die agtergrond van ’n gemeenskap wat vinnig oordeel, word die verhaal ook ’n ondersoek na die vele vorme van kinderuitbuiting en mensehandel, en na hoe maklik ’n vermiste kind se verhaal deur sensasie en openbare verontwaardiging oorgeneem kan word. Joshlin – meer as ’n naam is uiteindelik ’n verhaal oor kinders wat verdwyn, die mense wat na hulle soek, en die vraag hoeveel van ons almal verantwoordelikheid dra vir die veiligheid van ’n kind.

Regisseur Johan Rademan beskryf hierdie werk as deel van ’n kreatiewe nalatenskap wat terugstrek na sy werk met ikoniese tekste soos Die kind is nie dood en Kanna hy kô hystoe. Hy sê die drama sluit aan by ’n generasie kunstenaars wat deur dekades heen die stemme van kinders, gemarginaliseerde mense en uitgelewerde gemeenskappe op die luggolwe laat leef. Vir hom is Joshlin ’n voortsetting van daardie stryd, ’n herinnering dat die veiligheid van ’n kind nooit net ’n privaat saak is nie, maar ’n kollektiewe verantwoordelikheid.

Rademan beklemtoon dat Herschelle Benjamin se teks “fyn en slim gestruktureer” is, en dat Henriëtta Gryffenberg se verwerking vir radio die stuk ’n aangrypende nuwe dimensie gee. Sy benut die medium se intimiteit en skep ’n magiese realisme waarin Ingrid Jonker se Die kind soos mis oor die Weskus deur die verhaal verweef word – ’n poëtiese, maar skerp herinnering aan die kwesbaarheid van kinders. Die kinderkoor, die klankwêreld en die spel skep saam ’n atmosfeer waarin die luisteraar nie kan wegkyk nie.

Vir Rademan is die drama ’n direkte oproep tot aanspreeklikheid: ‘n konfrontasie met die vraag hoeveel ons werklik doen om kinders te beskerm. “Joshlin is meer as ’n naam,” sê hy. “Sy is elke kind, en elke kind verdien ’n gemeenskap wat nie wegkyk nie.”

Wat akteurs betref, vra Joshlin iets anders, die humor van ‘n ou Tantetjie, Zenobia Kloppers. Die slegtes en goeies in n gemeenskap, vertolk deur verhoog en sepiesterre, Dean Balie, Denver Vraagom, Veronique Jephtas, Miche van Wyk en Kay Smith. 

Kendra en die 4 kinders moet inskakel by gesoute radiospelers met hul vuurdoop debute by die mikrofoon in ‘n radiodrama-ateljee.

’n Baie spesiale aspek van hierdie produksie is dat verskeie spelers hul oorsprong het in die Proscenium‑program, ’n internasionaal-erkende ontwikkelingsplatform vir jong akteurs. In dié drama word hulle êrens langs die pad kinders wat jou uitdaag, konfronteer en emosioneel geroer agterlaat.

Adri-Jo Waterboer se spel, waaraan ‘n groot gedeelte van Joshlin – meer as ‘n naam se sukses hang, lewer voortreflike en treffende werk. Bronwyn Damon, Bronwynne Neer, Chriswill Kotze en Leighmen Marshall se skole en tersiëre inrigtings moet hulle in watte toedraai. Hulle begryp, verstaan en vertolk uitmuntend.

‘n Drama soos dié vereis ook ‘n klankbaan met weldeurdagte emosie en gravitas. Louis van Rensburg het sy deel met Kanna gedoen, maar wie sou opstaan vir Joshlin en al die verlore kinders van die wereld? Niemand anders as Frazer Barry, wat ook musiek in die verhoogproduksie beskikbaar gestel het. Hy haak die knoop deur en lewer n skitterklankbaan, plek-plek ondersteun deur Jolyn Phillips, wat jou koue rillings sal gee.

Rademan sê dat min dramas só diep aangrypend is, selfs vanuit die regisseurstoel: “Jy kom gekneus, gewond en amper geestelik afgetakel aan die ander kant uit, met een van die kragtigste relevante en toepaslikste dramas van ons tyd in Afrikaans.”

Joshlin – meer as ’n naam word op Donderdag 1 Oktober 2026 om 20:00 op RSG uitgesaai.

Landbou: Watter land voer die meeste van ons rooibos in?

Tien miljard koppies rooibostee word jaarliks gedrink. Hierdie eg Suid-Afrikaanse produk word na 50 lande uitgevoer. Adele du Toit van die SA Rooibosraad vertel watter land meeste rooibos invoer.

Kachne Ross van South Africa Wine praat oor die waarde van menseontwikkeling in landbou.

Misdaadriller RSG se nuwe boekvoorlesing vir die laataand

Op Donderdag 17 September begin ‘n nuwe laataandboekvoorlesing op RSG met  Susanne Beyers wat P.P. Fourie se jongste boek, Die dood van Rachel April voorlees.

Dit is Fourie se tweede misdaadriller ná Ons Skulde wat in 2023 verskyn het. Sy eerste roman, ’n Hart is so groot soos ’n vuis (2021) is as nommer 83 op Rapport se lys van die 100 beste boeke in Afrikaans aangewys.

Die dood van Rachel April is ’n verhaal wat ’n mens reeds in die eerste hoofstuk met sy intrige aangryp en jou end-uit laat saam wonder waarom Rachel April, ’n joernalis en meestersgraadstudent in Bloemfontein, se lewe kortgeknip is.

Rachel se lyk word gevind met ’n eienaardige steekwond in haar hart. Haar vriendin en medestudent Lesea du Plessis belowe Rachel se dogtertjie dat sy sal uitvind wie haar ma vermoor het. Lesea begin dus op haar eie ondersoek instel, en raak gou verstrengel in ’n historiese raaisel wat ook háár lewe in gevaar stel.

Die boek slaag beslis as misdaadroman. Maar die skrywer sluit ook allerlei ander temas by die boeiende storielyn in: daar is fassinerende brokkies Vryheidsoorlog-geskiedenis, verlore Van Gogh-skilderye, ’n speurtog deur Europa én die vraag na waar ’n mens nou eintlik in die huidige Suid-Afrika hoort as jou velkleur en kulturele agtergrond nie heeltemal strook nie.  Lesea is ’n bruin vrou wat in ’n wit gesin grootgeword het, en haar hele lewe lank onseker is oor waar sy inpas. Uiteindelik  poog Lesea om meer as net Rachel se moord op te los – sy probeer die geheim oor haar eie herkoms ontrafel.

P.P. Fourie se deeglike navorsing en meesterlike vermoë om werklike historiese gegewens met fiksie te verweef sorg vir ’n uiters geloofwaardige en meesleurende vertelling. Hierdie boek herinner ‘n mens daaraan dat die koloniale gebeure van 125 jaar gelede, sowel as die Apartheidsera, steeds ’n impak op die hede het. En ook dat elke familie die wandade in sy eie verlede probeer draagliker maak deur die manier waarop dié verhale deur generasies heen oorvertel word – soms deur die sondes van die vaders te versag, of dit selfs te verswyg.  

Fourie is ’n dosent in Politieke Wetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch.

Skakel vanaf 17 September op weeksaande net ná die 21:00-nuus in vir die nuwe laataandboekvoorlesing op RSG. Geen potgooie is beskikbaar nie. 

Dit blyk dat Rachel tydens ’n internskap by die Anglo-Boereoorlogmuseum iets belangriks ontdek het. Maar wat kan dit wees?
Gou raak dit duidelik iemand wil keer dat Lesea en haar aanneemboetie die waarheid oor Rachel se moord ontbloot. En nou is hulle self in doodsgevaar.

‘n Legendariese stem met sielsdiepe impak: Magdaleen Krüger groet Loof die Here

Ná jare agter die mikrofoon sal Magdaleen Krüger op Sondag 27 September 2026 vir oulaas Loof die Here aanbied – die afsluiting van ‘n besonderse hoofstuk in die loopbaan van een van RSG en die SAUK se mees gerespekteerde en geliefde radiostemme.

Dié skuif volg nadat een van radio se mees bekroonde ystervroue die besluit geneem het om haar aftredejare volstoom te geniet deur te reis, by aktiwiteite betrokke te raak, te kuier en, in haar eie woorde “van tyd tot tyd sommer net niks te doen nie” – dinge wat weeklikse spertye in die uitsaaiwese nie altyd toelaat nie.

Vir tallose RSG-luisteraars het Magdaleen Krüger se stem oor die afgelope 7 jaar deel geword van die ritme van ’n Sondagoggend.

Magdaleen Kruger

Loof die Here was nooit bloot nog ’n musiekprogram nie. Dit was ’n uur van dieper konneksie, rustigheid, besinning en inspirasie. ’n Tuiste waar luisteraars die wêreld vir ‘n wyle buite kon laat wag, kon asemhaal, herlaai en hul week in ’n ander stemming begin.

As een van RSG se oudste en mees gewilde programme het Loof die Here reeds in 1972 begin uitsaai – eers as Alle volke loof die Here – met Fanie Smit wat dit vir sowat 44 jaar lank aangebied het.

Magdaleen onthou dat Fanie destyds met 5 plate onder die arm na die ateljee toe is om die eerste program op te neem. Een van die plate was van Rudi Neitz en ‘n ander een van die Stellenbosse Universiteitskoor onder leiding Philip McClachlan.

Wouter de Wet was daarna agter die mikrofoon van 2016 tot 2019, voordat Magdaleen die leisels oorgeneem het – eers saam met haar voltydse werk, en toe in vryskuthoedanigheid. Sy het albei haar voorgangers persoonlik geken, baie by hulle geleer en haar eie inslag bygevoeg – iets wat die program dinamies aanhou groei het.

Sy was die geestelike genoot en anker wat met haar kenmerkende warmte, kennis van musiek en uitmuntende standaard van aanbieding die program se unieke en magnetiese karakter help vorm het.

Haar afskeid van Loof die Here is egter veel meer as die einde van ’n aanbiedingspos. Dit is ’n oomblik om ’n werklik merkwaardige loopbaan in Afrikaanse radio te vier.

Magdaleen se loopbaan by die destydse SAUK het as nuusverslaggewer begin. Sy het onder meer as regisseur en redakteur van Monitor en Spektrum gewerk voordat sy haar ervaring verder in RSG se programme-afdeling uitgebou het. Haar loopbaan het haar deur nuus, sport, musiek, godsdiens, taal, boeke, dokumentêre programme en aanbieding geneem, voordat sy uiteindelik vir ongeveer 15 jaar as RSG se stasiebestuurder aan’t stuur van SA se grootste Afrikaanse radiostasie gestaan het.

Selfs ná 32 jaar se diens en haar aftrede as stasiebestuurder in 2021 het haar liefde vir die medium en haar passie vir inhoud wat lewens ten goede verander haar telkens agter die mikrofoon sien inskuif. Nie sommer net vir die vreugde van radio nie; Loof die Here was en is ‘n hartsaak, ‘n roeping – een wat sy enduit uitgeleef het.

Haar impak strek ook veel verder as RSG. Die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het haar vereer vir haar lewensbydrae tot kuns en kultuur, terwyl die ATKV haar in 2025 met ’n Prestigetoekenning vereer het vir haar betekenisvolle bydrae tot die Afrikaanse taal en kultuur. En dié is slegs etlike hoogtepunte uit ‘n skitterblink rekord.

“Loof die Here is een van daardie programme wat van geslag tot geslag geluister word,” sê Magdaleen, “Dit begin dikwels met kinders wat dit in hul ouerhuis oor die radio gehoor het en later ook hulle kinders daarna laat luister het, en so word dit ‘n siklus, ‘n sterk radio-tradisie wat bly voortbestaan. Dis nie tot ‘n bepaalde ouderdomsgroep beperk nie… van jonk tot oud luister. Dit gaan oor die musiek, die atmosfeer, die bekende wysies, die gerusstelling, die gevoel van ‘it is well, it is well with my soul’.”

“Dit was vir my ‘n heerlike, verkwikkende taak om elke week mooi musiek uit te soek, saam te stel en ‘n teks te skryf en aan te bied,” sê Magdaleen. Die lekkerte was ook om soms die luisteraars aan iets nuuts bekend te stel, maar dit moes altyd ‘n mooi wysie hê, mooi op die oor val. Luisteraars het ook van hulle laat hoor en radiovriende geword. Wanneer ek in die publiek rondbeweeg het, gekuier het of funksies bygewoon het, was ek altyd verheug om te hoor hoe baie mense na die Loof die Heer luister, en hoe wyd daar na RSG geluister word. So, baie dankie aan RSG wat vir my nog ná aftrede die kans gegee het om met musiek, ‘n groot liefde van my, te werk. Ek gaan dit beslis mis, maar ek sien ook uit na nuwe avonture. En ek gaan die luisteraars met wie ek ‘n baie mooi verhouding opgebou het, baie mis.”   

Vir RSG se huidige stasiehoof, Louise Jooste, is Magdaleen se afskeid ’n geleentheid om eer te betoon aan ‘n uitsaaier wat oor baie jare heen ’n besonder hoë standaard gestel het:

“Magdaleen, namens RSG wil ek jou opreg bedank vir jou jarelange toewyding, jou professionaliteit en veral die passie waarmee jy Loof die Here aangebied het. Jy het ’n uitstekende standaard gestel én dit konsekwent gelewer, met respek vir die musiek, die program en die luisteraars. Ons wens jou net die beste toe vir die volgende hoofstuk, met die wete dat jy reeds meer as jou deel tot Suid-Afrika, Afrikaans en die uitsaaibedryf gelewer het. Jou bydrae sal altyd deel van RSG se geskiedenis bly.”

Oktobermaand sal vervolgens ook ’n besonderse huldeblyk aan die ryke geskiedenis van Loof die Here wees.

RSG sal ’n keur van hoogtepuntprogramme uitsaai wat oor die jare deur voormalige aanbieders Fanie Smit en Wouter de Wet aangebied is. Hierdie spesiale uitsendings vorm deel van RSG se viering van die program en sy kleurryke stemme, asook die viering van 90 jaar van die SAUK.

Op Sondag, 1 November 2026, sal die opwindende volgende hoofstuk vir Loof Die Here afskop, steeds met dieselfde hart, maar met ‘n blinknuwe aanbieder wat binnekort bekend gemaak sal word.

Dis ‘n nuwe era vir Loof Die Heer, gebou op ‘n hoeksteen van meer as 5 dekades diep, danksy mense soos Magdaleen Kruger. Iemand wat met trots ‘n buiging kan maak met ‘n merkwaardige 37 jaar-loopbaan in uitsaaiwese… en ‘n hart, ‘n stem, ‘n werksetiket, passie en kragtige nalatenskap wat altyd deel sal bly van die verhaal van RSG en Afrikaanse radio.

Laai die nuwe RSG‑app af, volg die stasie op sosiale media, of besoek die webblad vir meer.

|EINDE

MEER OOR RSG:

RSG is Suid-Afrika se grootste Afrikaanse radiostasie en deel van die SABC. Die stasie bedien meer as ’n miljoen luisteraars daagliks met nuus, aktualiteit, kultuur, musiek, vermaak en bekroonde radiodramas. RSG is ’n tuiste vir Afrikaanse stories, klanke en gemeenskappe, en verbind luisteraars landwyd deur inhoud wat geloofwaardig, inspirerend en relevant is. Met ’n sterk digitale teenwoordigheid, potgooie, buiteluguitsendings en ’n diverse programaanbod, bly RSG ’n kernpilaar van die Afrikaanse medialandskap.

Kloofkind: RSG se nuwe middagvervolgverhaal ontbloot Schoemanskloof se geheime

’n Verhaal van liefde, verandering en die prys wat ’n gemeenskap betaal wanneer sy maskers begin afval

Schoemanskloof se digte woude, lemoenboorde, koffieplase en kronkelpaaie word die klankryke leefwêreld van Kloofkind, RSG se nuwe middagvervolgverhaal uit die pen van Leon van Nierop. Die reeks van 60 episodes begin Donderdag 17 September 2026 om 14:45 en word daarna elke weeksdag van 14:45 tot 15:00 uitgesaai. Van Nierop behartig ook die regie.

Die storie

In die hart van die verhaal is Klara Joubert, ’n rebelse jong vrou wat haar hele lewe lank in die digbeboste kloof skuil en daarom as die “Kloofkind” bekend staan. Sy jaag te perd oor die koppe, ontwerp voetslaanpaaie en steel harte sonder om verskoning te vra. Neels Louw, ’n konserwatiewe koffieboer en Klara se lewenslange metgesel, ken haar beter as die meeste mense. Tog word dié band skielik beproef  wanneer ’n vreemdeling op ’n motorfiets in die kloof stilhou.

Xander de Jongh is enigmaties en vasbeslote om vir hom ’n plek in Schoemanskloof te skep. Sy idees oor ekonomiese groei en nuwe sakegeleenthede klink aanloklik, maar sy teenwoordigheid ontstel die gevestigde orde. Hy verander mense én ondernemings waarmee hy in aanraking kom en stroop gaandeweg die gemeenskap se maskers af. Terwyl Klara tussen die bekende veiligheid van Neels en die gevaarlike aantrekkingskrag van Xander vasgevang word, kom ou geskiedenis en ongemaklike waarhede na die oppervlak.

Die verbreding van ’n pad bedreig terselfdertyd die kloof se rustige vakansieatmosfeer en word ’n tasbare simbool van die verandering wat op almal afstorm. Van die restaurant wat Elzebet en haar goeie vriendin Mawiet bedryf tot die koffiebedryf, lemoenboorde, staproetes en ’n ongewone roomysprojek: geen deel van die gemeenskap bly onaangeraak nie. Kloofkind vra uiteindelik hoeveel vooruitgang ’n plek kan verdra voordat dit iets van sy identiteit verloor, en wat gebeur wanneer persoonlike geheime net so vernietigend soos stootskrapers word.

Die reeks steun sterk op radio se vermoë om ’n wêreld deur klank te bou. Die gedreun van padwerke en stootskrapers, die rustigheid van ’n koffieplantasie, die energie van plaaslike ondernemings en die ritme van die kloof vorm ’n herkenbare klanklandskap. Teen hierdie agtergrond ontvou ’n verhaal wat luisteraars telkens met nuwe vrae laat.

Die rolverdeling en akteurs

Voor: Pietie Beyers. Middel vlnr: Mari Molefe van Heerden, Leon van Nierop, Elma Potgieter en Izel Bezuidenhout. Agter: Deon Coetzee, Sean Brebnor, Botha Enslin, Cassius Davids en Ria Smit.

Izel Bezuidenhout, wat Klara vertolk, beskryf die geleentheid om weer saam met Leon van Nierop te werk as ’n groot voorreg, veral omdat Kloofkind volgens haar so ’n mooi verhaal is. Sy meen die geheime wat elke karakter saamdra, maak die storie én die opnameproses besonder boeiend. Die samewerking met die tegniese span en die res van die akteurs is vir haar ’n fees. Bezuidenhout sê opnames met dié groep voel nooit soos werk nie, maar eerder soos speel, ontdek en saam herinneringe bou.

Vir Cassius Davids bied elke opname ’n nuwe uitdaging as stemkunstenaar. Hy geniet dit om Jorrie te ontwikkel en sê die hele span gee opreg om vir hul karakters en die boeiende stories wat Van Nierop so fyn saamvleg. Davids beskryf Jorrie met kenmerkende humor as ’n jollie patrollie, ’n karakter wie se energie en persoonlikheid hom opname ná opname laat groei.

Elma Potgieter, wat Elzebet Coetzee vertolk, glo daar is min dinge lekkerder as speel vir die radio, behalwe natuurlik nog radio. Sy is dankbaar vir die interessante, veelkantige rol van die middeljarige Elzebet, wat saam met haar goeie vriendin Mawiet, vertolk deur Ria Smit, ’n restaurant in Schoemanskloof naby Mbombela bedryf. Hoewel hulle bestaan op die oog af rustig lyk, loop geheime en onderstrominge net onder die oppervlak. Vir Potgieter is dit ook ’n vreugde om weer saam met geliefde kollegas soos Smit, Deon Coetzee, Botha Enslin, Pietie Beyers, Izel Bezuidenhout, Mari Molefe van Heerden en Sean Brebnor voor die mikrofoon te staan.

Die volledige rolverdeling bestaan uit Izel Bezuidenhout as Klara Joubert, Pietie Beyers as Neels Louw, Botha Enslin as Xander de Jongh en Cassius Davids as Jorrie (Piet). Mari Molefe van Heerden vertolk Lienkie Fortuin, Deon Coetzee is Marnus de Jongh, Ria Smit is Mawiet Jacobs, Sean Brebnor is Shaun de Jongh en Elma Potgieter vertolk Elzebet.

Met sy mengsel van romantiek, spanning, spitsvondige humor en herkenbare menslikheid beloof Kloofkind om luisteraars elke middag dieper die kloof in te trek. Wie kan Xander keer? Watter verlede probeer die inwoners begrawe? En sal Klara die kloofkind, haar hart en haar eie identiteit kan beskerm wanneer alles wat bekend is begin skuif? Luister vanaf Donderdag 17 September 2026 om 14:45 op RSG en daarna elke weeksdag van 14:45 tot 15:00.

Pietie Beyers as Neels Louw
Mari Molefe van Heerden as Lienkie Fortuin
Cassius Davids as Jorrie
Sean Brebner as Shawn de Jongh

Die siektes/toestande wat siekefondse MOET dek en betaal

Het jy geweet siekefondse MOET vir 271 siektetoestande bekend as PMBs oftewel Voorgeskrewe Minimum Voordele betaal, en nie net op die vlak wat in staatshospitale aangebied word nie. Maar om op jou regte te staan, moet jy weet wat in die PMBs.

Maar let ook op die lys en behandelings van PMBs sedert 2010 nog nooit weer opdateer is nie, al vereis regulasies dat dit minstens elke twee jaar opdateer word. Die Minister van Gesondheid het nog nie erkenning gegee van die opdateringslys wat in 2010 aan hom voorgelê is nie.

Mari Hudson gesels met ‘n verteenwoordiger van interniste en met ‘n gesondheidsekonoom oor jou regte, probleme en slaggate betreffende PMBs.

Luister Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG.

HET JY GEWEET?
PMBs sluit die behandeling van alle kankersoorte in, asook behandeling van harttoestande, noodsorg, hospitaalsorg, en die behandeling van ander ernstige en chroniese siektes in, soos diabetes, asma, hipertensie en so meer.

Die behandeling van alledaagse siektes soos verkoues, gehoes en proes, kosmetiese chirurgie ens is nie PMBs nie en siekefondse hoef nie daarvoor te betaal nie.


JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…
Jy kan slegs op jou regte staan as jy weet wat jou regte is.  

Luister ook na die dokumentêre verslag oor hoe mediese fondse werk, wat die slaggate is en hoe die stelsel verbeter kan word: https://omny.fm/shows/rsg-dokument-r/siekefonds-of-skynveilig-deur-mari-hudson

Hier is meer inligting:

What are Prescribed Minimum Benefits?

Prescribed Minimum Benefits (PMBs) are a set of defined benefits to ensure that all medical scheme members have access to certain minimum health services, regardless of the benefit option they have selected. The aim is to provide people with continuous care to improve their health and well-being and to make healthcare more affordable.

PMBs are a feature of the Medical Schemes Act, in terms of which medical schemes have to cover the costs related to the diagnosis, treatment and care of:

When deciding whether a condition is a PMB, the doctor should only look at the symptoms and not at any other factors, such as how the injury or condition was contracted. This approach is called diagnosis-based. Once the diagnosis has been made, the appropriate treatment and care is decided upon as well as where the patient should receive the treatment (at a hospital, as an outpatient or at a doctor’s rooms).

PMB Definitions

The legislation governing the provision of the prescribed minimum benefits (PMBs) is contained in the regulations enacted under the Medical Schemes Act, 1998 (Act No. 131 of 1998).

In respect of some of the diagnosis treatment pairs (DTPs), medical scheme beneficiaries find it difficult to know their entitlements in advance, while medical schemes interpret these benefits differently, resulting in a lack of uniformity of benefit entitlements.

The benefit definition project is coordinated by the CMS, with the aim to define the PMB package; and to guide the interpretation of the PMB provisions by relevant stakeholders.

The guidelines are based on evidence of clinical and cost effectiveness, taking into consideration affordability constraints and financial viability of medical schemes in South Africa.

Which conditions are covered?

The Regulations to the Medical Schemes Act in Annexure A provide a long list of conditions identified as Prescribed Minimum Benefits. The list is in the form of Diagnosis and Treatment Pairs (DTPs).

A DTP links a specific diagnosis to a treatment and therefore broadly indicates how each of the approximately 271 PMB conditions should be treated. The treatment and care of PMB conditions should be based on healthcare that has proven to work best, taking affordability into consideration. Should there be a disagreement about the treatment of a specific case, the standards (also called practice and protocols) in force in the public sector will be applied.

The treatment and care of some of the conditions included in the DTP may include chronic medicine, e.g. HIV-infection and menopausal management. In these cases, the public sector protocols will also apply to the chronic medication.

Here is an example of a DTP as it appears in the Medical Schemes Act:

CodeDiagnosisTreatment
109AVertebral dislocations/fractures, open or closed with injury to spinal cordRepair/reconstruction; medical management; inpatient rehabilitation up to two months

The 271 conditions that qualify for PMB cover are diagnosis-specific and include a range of ailments that can be divided into 15 broad categories:

PMB CategoryExample
Brain and nervous systemStroke
EyeGlaucoma
Ear, nose, mouth and throatCancer of oral cavity, pharynx, nose, ear, and larynx
Respiratory systemPneumonia
Heart and vasculature (blood vessels)Heart attacks
Gastro-intestinal systemAppendicitis
Liver, pancreas and spleenGallstones with cholecystitis
Musculoskeletal system (muscles and bones); Trauma NOSFracture of the hip
Skin and breastTreatable breast cancer
Endocrine, metabolic and nutritionalDisorders of the parathyroid gland
Urinary and male genital systemEnd-stage kidney disease
Female reproductive systemCancer of the cervix, ovaries and uterus
Pregnancy and childbirthAntenatal and obstetric care requiring hospitalisation, including delivery
Haematological, infectious and miscellaneous systemic conditionsHIV/Aids and TB
Mental illnessSchizophrenia
Chronic conditionsAsthma, diabetes, epilepsy, hypothyroidism, schizophrenia, glaucoma, hypertension

No exclusions

Medical schemes often have a list of conditions – such as cosmetic surgery – for which they will not pay, or circumstances – such as travel costs and examinations for insurance purposes – under which a member has no cover. These are called exclusions. Exclusions, however, do not apply to PMBs. If you contract septicaemia after cosmetic surgery, for example, your scheme has to provide healthcare cover for the septicaemia part because septicaemia is a PMB. (Cosmetic surgery remains an exclusion.) PMBs are concerned about the diagnosis; it doesn’t matter how you got the condition.

Download the PMB list with ICD10 codes here

What happens in an emergency?

An emergency medical condition means the sudden and, at the time, unexpected onset of a health condition that requires immediate medical treatment and/or an operation. If the treatment is not available, the emergency could result in weakened bodily functions, serious and lasting damage to organs, limbs or other body parts, or even death.

In an emergency it is not always possible to diagnose the condition before admitting the patient for treatment. However, if doctors suspect that the patient suffers from a condition that is covered by PMBs, the medical scheme has to approve treatment. Schemes may request that the diagnosis be confirmed with supporting evidence within a reasonable period of time.

Which chronic diseases are covered?

The Chronic Disease List (CDL) specifies medication and treatment for the 26 chronic conditions that are covered in this section of the PMBs:

Chronic renal disease

Addison’s disease

Asthma

Bronchiectasis

Cardiac failure

Cardiomyopathy

Chronic obstructive pulmonary disorder

Coronary artery disease

Crohn’s disease

Diabetes insipidus

Diabetes mellitus types 1 & 2

Dysrhythmias

Epilepsy

Bipolar Mood Disorder

Hypothyroidism

Hypertension

Glaucoma

Haemophilia

Ulcerative colitis

Systemic lupus erythematosus

Schizophrenia

Rheumatoid arthritis

Parkinson’s disease

Hyperlipidaemia

Multiple sclerosis

To manage risk and ensure appropriate standards of healthcare, so-called treatment algorithms were developed for the CDL conditions. The algorithms, which have been published in the Government Gazette, can be regarded as benchmarks, or minimum standards, for treatment. This means that the treatment your medical scheme must provide for may not be inferior to the algorithms.

If you have one of the 26 listed chronic diseases, your medical scheme not only has to cover medication, but also doctors’ consultations and tests related to your condition. The scheme may make use of protocols, formularies (lists of specified medicines) and Designated Service Providers (DSPs) to manage this benefit.

CMS can help

PMBs can be a rather complicated subject and your medical scheme might not be able to answer all your questions. Sometimes, your medical scheme may be reluctant to provide you with the cover you are entitled to for a PMB condition and you need someone to champion your cause.

Do not despair. The Council for Medical Schemes (CMS) was established to supervise medical schemes in South Africa. In this role, its first priority is to protect the rights of consumers and to ensure that they are treated fairly.

Therefore, if you have a problem with your medical scheme, contact us in any of the following ways:

Telephone012 531 5000

Telephone0861 123 267

Fax0124307644

Emailsupport@medicalschemes.co.za

Postal AddressPrivate Bag X34, Hatfield, 0028