Skip to content

Donderdagaand: Dokumentêr oor die Papier musiekfamilie van Franschhoek

RSG NOU

Donderdagaand: Dokumentêr oor die Papier musiekfamilie van Franschhoek

Donderdagaand: Dokumentêr oor die Papier musiekfamilie van Franschhoek

Luister Donderdagaand net na agtuur na die dokumentêr oor die Papier musiekfamilie: Musiek in die are – geslagte van Papier-musiek.

Carla MacKenzie het na Franschhoek gereis om die Papier Langarmorkes te ontmoet wat tydens die Chelsea-blommeskou opgetree en opslae gemaak het. Hoe kry hulle dit reg om vir dekades lank soveel van die ouer Kaapse dans- en volksmusiekstyle te bewaar en te laat weerklink; nou ook wêreldwyd?

Die Papier Family Band se musiek vertel die verhaal van familie, erfenis en die unieke ritmes wat al geslagte lank deel vorm van Suid-Afrika se musikale geskiedenis.

Vir geslagte lank weerklank die klanke van die Papier-familie deur Franschhoek se strate. Vandag speel hulle nie net vir hul gemeenskap nie, maar ook op wêreldverhoë. Hierdie is die verhaal van ‘n familie wie se musiek hulle van die Boland tot by die Chelsea Blommeskou in Londen geneem het.

Die familie is veral bekend as die Papier Langarm Orkes / Papier Family Band. Die orkes bestaan uit pa, broers en familielede wat ‘n musikale nalatenskap voortsit wat deur hul pa, Marthinus Papier, begin is.

Vandag speel Frank Papier (77) die trekklavier en kleinseun Greagan (13 jaar oud) 11 instrumente en so leef meer as 100 jaar se musiekervaring in die familie voort.

Greagan is onlangs vir ‘n KKNK KANNA-toekenning benoem vir Beste Musiekspel by die ABSA KKNK.

Luister na hierdie musikale erfenis Donderdag om 20:00.

Vandag speel Frank Papier (77) die trekklavier en kleinseun Greagan (13 jaar oud) 11 instrumente en so leef meer as 100 jaar se musiekervaring in die familie voort.

Deel nou