Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs die omstrede Onteieningswet onderteken. Dr. Reghard Brits, direkteur by Brits Dreyer en buitengewone professor aan die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), verduidelik wat die wet behels en hoe dit toegepas gaan word.
Wat behels die nuwe Wet op die Bewaring en Ontwikkeling van Landbougrond?
Janse Rabie – uitvoerende hoof: natuurlike hulpbronne, Agri SA
SA se vierde beste skool is op die Kaapse Vlakte
Gaan kripto en KI ons banke laat “verdwyn”?
Verskeie luisteraars is bekommerd dat banke weens kripto en KI gaan misluk en verdwyn. Kokkie Kooyman, fondsbestuurder by Denker Capital, deel sy insigte.
Landbou: Hoe gaan dit met SA graan- en rooivleisprodusente?
Hoe gaan dit met die Suid-Afrikaanse graan- en rooivleisprodusent? Twee boere, James Faber en Derek Mathews, beantwoord ‘n paar vrae hieroor. Hulle is ook voorsitters van georganiseerde landbou-organisasies.
Dis die einde van die maand, en Izak Hofmeyr is terug met ons maandelikse internasionale landbounuus.
Hoekom het DeepSeek kriptogeldeenhede so seer gemaak?
Christo de Witt – hoof, Luno Suid-Afrika.
Luister ook:
DeepSeek het die tegnologiewêreld op hol, met goeie rede
Jan Vermeulen, die redakteur van MyBroadband, deel sy insigte oor DeepSeek. Volg RSG Geldsake op Twitter
Sakenuus 28 Januarie 2025
Dawie Roodt van die Efficient-groep praat oor Deep Seek, ’n Chinese maatskappy se kunsmatige intelligensieplatform.
Bevriesing van Amerikaanse skenkings het groot effek op MIV-programme in SA
Die Amerikaanse Minister van Buitelandse sake, Marco Rubio, het aangekondig dat die staking van skenkings vir sekere lewensbelangrike projekte eers opgeskort sal word.
Intussen word tientalle navorsingsprojekte wat met MIV/Vigs verband hou, asook die verskaffing van antiretrovirale medisyne aan MIV-lyers in Suid-Afrika, bedreig. Amerika het verlede jaar miljarde rand aan hierdie programme in Suid-Afrika geskenk.
Een van hierdie navorsingsprojekte word gelei deur een van die wêreld se voorste navorsers om ‘n inenting teen MIV te ontwikkel, professor Glenda Gray. Deur die USAID-program sou die navorsingsprojek R860 miljoen ontvang het.
Só voel stedelike, middelklas Bruin mense oor Afrikaans
Afrikaans vier vanjaar ‘n eeu as amptelike taal. Die meeste sprekers van Afrikaans is Bruin, en volgens Statistieke Suid-Afrika het meer as 77% Bruin mense aangedui hulle huistaal is Afrikaans.
Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns bied Vrydag hulle Geskiedenissimposium aan. Een van die referate wat daar gelwer sal word, handel oor stedelike, Bruin, middelklashuishoudings se siening en gevoel oor Afrikaans.
Merlyn van der Rheede het haar meestersgraad hieroor gedoen, en lewer Vrydag haar referaat.
Luister weer na “Jamestown, ‘n stukkie paradys”
Haidee Muller-Isaacs reis op Donderdag 23 Janurie na die ander Jamestown – ook bekend as Webersvallei. Luisteraars leer ken die mense en kultuur van dié klein dorpie buite Stellenbosch
“Jamestown is ‘n hartsplek vir al sy inwoners – ‘n tuiste snoesig teen die hange van die Webersvallei, af tot by die Blaauwklippenrivier waar jy as kind ontelbare genotvolle somersdae in die koel waters deurgebring het.” (Uit voorwoord van die boek: Jamestown: ‘n Stukkie van die paradys).

James Rattray, ‘n plaaslike sakeman en die sendeling Jacob Weber word algemeen erken as die stigters van hierdie landelike dorpie, wat steeds sy Christelike karakter as stewige fondasie aan huidige en toekomstige geslagte bied. Die gebiedskomitee-belastingbetalersvereniging het die dorpie polities verenig.’’

Haidee het afgesit na Jamestown en daar die wonderlike stories gehoor van die oudste inwoners, van inkommers en ook van mense wat passievol is oor hierdie dorpie buite Stellenbosch. Baie van die dorpie se straatname is vernoem na aarbei-variëteite, na die hoofgewas wat sedert 1902 daar verbou is.
Jamestown, ook bekend as Webersvallei, is ‘n hegte gemeenskap wat ‘n ryk erfenis deel. Hierdie stil, semi-landelike voorstad aan die suidelike buitewyke van Stellenbosch het oor jare verander van ‘n bestaansboerderydorpie in ‘n hoofsaaklik residensiële gebied wat steeds verskeie aarbei- en groenteplase insluit, asook ‘n groeiende aantal besighede.

Die jaarlikse Jamestown Strawberry Festival is ‘n hoogtepunt op die Wes-Kaapse geleentheidskalender en lok duisende besoekers van regoor die provinsie. Hier ken almal mekaar se lief en leed. Dis ‘n plek van talentvolle mense wat bydra tot die dorpie se besondere karakter. Hier woon omgee-mense wat hard veg om hul dorpie, hul eie klein stukkie paradys, te beskerm met alle mag.
Haidee gesels met die oudste inwoners: Fred Jooste, Frederick Davidse en Alfred Christians.




Inkommers op die dorp wat ook gesels: sjef Bertus Basson en fliekmaker Rene Van Rooyen oor hoe dié besonderse dorpie in hul harte ingekruip het en natuurlik ook hoe lekker dit vir hulle is om hier te woon.
Hulle albei is baie betrokke by verskeie projekte op die dorp. René dien op die munisipale wykskomitee sowel as die Jamestown-gemeenskaptrust.


Dale Simons: medestigter van die Jamestown-gemeenskapstrust – hy is ‘n entrepreneur en besturende direkteur van die MiDO Groep.
Dale dien ook op die adviesraad van Casidra.
Kevin Phillips gesels oor Jamestown Sounds, ‘n gemeenskapsmusiekprojek. Hy is passievol oor musiekonderrig in Jamestown by die Weber Gedenk NGK Primêre Skool.





VSA verbied transgenders in meisiesport
Die Amerikaanse Huis van verteenwoordigers het pas nuwe wetgewing goedgekeur wat transgendermeisies verbied om aan meisiesport in skole deel te neem. Die wetgewing moet nog deur die Senaat goedgekeur word. Transgendergroepe het dit as mensonterend bestempel. Ons praat hieroor met Lourensa Eckard, ‘n joernalis en aanbieder van In Gesprek op kykNET. Lourensa het al talle artikels die lig laat sien oor hierdie onderwerp.


