Luister weer na die wendrama, “Kalahari sterre”

Die drama, Kalahari sterre, deur Adam Willemse, is as die algehele wenner aangewys in die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Dit bied baie stof tot nadenke. Dit is ‘n aangrypende drama vol humor en patos, met herkenbare karakters wat baie deernis wek.

Luister Donderdagaand 23 April na die wendrama in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Die talentvolle rolverdeling sluit in spelers soos Dean Balie en Andre Samuels, Wessel Pretorius, Eben Genis, Susanne Beyers en Royston Stoffels.

Joanie Combrink het die regie behartig.

Adam Willemse het vir die eerste keer ingeskryf vir die Radiodramaskryfkompetisie en as algehele wenner uit die stryd getree in 2025. Hy is ‘n voltydse psigometris en ‘n deeltydse opvoeder in sielkunde.

Die storie

Kalahari sterre is ‘n aangrypende drama vol humor en patos, met herkenbare karakters wat baie deernis wek.

Drie vriende en hulle jong bestuurder vertrek op ‘n reis na die dorpie Askam. Dit blyk nie net ‘n gewone reis te wees nie, maar ook ‘n ontdekkingsreis, ‘n reis na self, na identiteit en aanvaarding.

Askam

Boeta, Benji, Lulu en Paul bied ʼn vertoning aan wat dit waag om die ander sy van menswees uit te beeld vir ʼn konserwatiewe, landelike gehoor. Ten spyte van veral Boeta en Paul se kommer, is die vertoning ʼn reuse sukses en is daar ook sprake van vergifnis en herstel van ʼn onseker verhouding tussen Boeta en sy weerbarstige pa, Ruben.

Van links na regs agter: Eben Genis, Dean Balie en André Samuels. Middel vlnr: Joanie Combrink, Susanne Beyers en Royston Stoffels. Voor: Wessel Pretorius

Oor die skrywer – Adam Willemse

Adam Willemse is ‘n skrywer, oud hoërskoolonderwyser, ‘n voltydse psigometris en ‘n deeltydse opvoeder in sielkunde. Voorheen van Pretoria, is hy al amper ‘n dekade lank woonagtig in Vishoek, Kaapstad.

Adam Willemse

Sy eerste skryfwerk is as tiener gepubliseer. Daar is ook van sy skryfwerk te vinde in die Litnet argiewe. Hy hou daarvan om stories te vertel, en skryf minder as wat hy graag sou wou.

Wanneer hy nie skryf nie, waag hy sy hand aan beeldende kuns of versorg hy sy groeiende versameling orgideë. Saans kan jy hom vind op sy rusbank met ‘n Skandi-noir reeks op die TV besig om te hekel en ‘n worshond of twee teenaan hom opgekrul.

Sterre in die Kalahari naghemel

Nuwe immigrasiewitskrif bring dramatiese veranderings

Nuwe immigrasiewitskrif sal toekenning van visums, werkpermitte en vlugtelingstatusse dramaties verander.

Dr Leon Schreiber, minister van binnelandse sake, gesels oor die nuwe immigrasiewitskrif en die implimentering daarvan.

Kinders moet leer om leesbaar te skryf

Om leesbaar te kan skryf, is een van die vaardighede wat al van kleins af vir kinders aangeleer word.

Die kollig val op skryf as ‘n basis vir leer, saam met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeë kinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk.

SA riviere het redding nodig

Het jy geweet daar is ‘n organisasie wat hom spesifiek toespits op die bewaring van Suid-Afrika se riviere? Prof. Jan Myburgh van die Universiteit Stellenbosch vertel van die Red ons Riviere-projek.

Chris Derksen staan gereede met die jongste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Johan van den Berg is ook op sy pos met die jongste weerinligting.

Die Apiesrivier
Die Hennopsrivier

SA wil eie kernreaktor ontwikkel

David Nicholls, voorsitter van Necsa, gesels oor die proses om ’n kernkragreaktor in Suid-Afrika te ontwikkel. Behels dit groot reaktors soos by Koeberg? Of is dit kleiner reaktors? Hoe gaan dit verskil van bestaande kernreaktors?

Medisyne, Botoks, pasaangeërs en ander behandelings vir blaaslek

Botoks en pasaangëers is nie net vir die gesig of hart nie! Hierdie behandelings  word ingespan om ‘n ooraktiewe blaas te behandel sodat jou blaaslek onder Beheer gebring kan word. En vir stress-inkontinensie waar jy voel jy kan nie goed knyp nie, is daar ook behandeling.

Marí Hudson gesels in deel 1 van ‘n kort reeks oor blaasprobleme met prof Stephen Jefferey van Kaapstad. Luister volgende Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG na deel 2.

HET JY GEWEET?
Baie vroue sukkel met of ‘n ooraktiewe blaas of stress inkontinensie.‘n Bevalling kan ‘n vrou se risiko om blaaslek te ontwikkel, verhoog. Die nuwer metodes om blaaslek volgens die oorsaak daarvan te behandel, kan in meer as 90% van gevalle baie suksesvol wees.


JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…

Daar is hulp vir blaaslek. Dié probleem hoef nie jou wêreld en aktiwiteite in te perk nie.


Twee vorms van blaaslek
1. Ooraktiewe blaas of Dringendheid blaaslek
Die blaasspier trek skielik saam, en jy ervaar skielik ‘n dringendheid om te urineer, maar is dikwels te laat.

Wat behels die behandeling?
Begin met medikasie by jou GP. Botoks inspuitings help baie vroue, en ‘n pasaangeër om die blaasspier minder aktief te maak deur sakrale senuwee stimulasie, werk ook baie goed.

2. Stress inkontinensie
In die geval van stress inkontinensie is dit die “knyp” spiere wat nie so goed werk as daar drukking op die blaas is nie.

Behandeling sluit in Kegel oefeninge vir die pelviese vloer, wat kan help. ‘n Klein prosedure waar ‘n nuwe veilige mesh gebruik word, lewer die beste resultate.

Hier is enkele video’s vir Kegel oefeninge: