Reana Steyn – hoofombud en uitvoerende hoof, Nasionale Finansiële Ombudskema (NFO.
Selfdood is 4e grootste oorsaak dood onder jong mans
Het jy geweet dat selfmoord die vierdie grootste oorsaak is van dood onder jong mans tussen die ouderdom van 15 en 24?
Barrie Ferreira kyk na die geestestoestand van jong mans in Suid-Afrika.
Boere kan hul vee só teen luiperds beskerm
Luiperds verdien om in bewondering beskerm te word, sê dr. Chavoux Luyt van die Cape Leopard Trust.
Sy dagtake sluit in om met boere te skakel, die aanbied van werkwinkels, en om produsente touwys te maak oor die beskerming van hulle vee.
Navorsing oor roofdiergedrag is onlangs in ‘n boek vervat, wat in samewerking met CapeNature saamgestel is.
Hoe werk GM-voedselprodukte?
Landbou: Internasionale handelsonsekerheid en nuwe markte
Daneel Rossouw van Nedbank praat oor internasionale handelsonsekerheid, en hoe landboubesighede in nuwe markte kan floreer.
Dr. Dirk Troskie van die Wes-Kaapse Department van Landbou verduidelik die departement se strategie-ontwikkeling en -evaluering.
Die verband tussen rentekoerse en staatseffekte en hoe banke in die moeilikheid kan beland
Dawie Roodt van die Efficient-groep praat oor banke wat staatseffekte besit.
Die staat het nog nie 2.5 miljoen hektaar aan swart boere oorgedra nie
Wandile Sihlobo, hooofekonoom van die Landbousakekamer van Suid-Afrika (Agbiz), deel sy insigte oor die vertraging in grondhervorming en hoe dit swart boere se deelname aan die landbousektor beïnvloed.
Die staat het nog nie 2.5 miljoen hektaar aan swart boere oorgedra nie
Luister weer na ‘Die Damhuis’
Luister Donderdagaand na Die Damhuis.
Die oorspronklike verhaal is deur wyle Reinet Nagtegaal en haar man, Dirk, geskryf. Henriëtta Gryffenberg het dit na ’n radiodrama verwerk.
In die rolverdeling isuister Erica Wessels, Lee-Ann van Rooi, André Terblanché, David Isaacs, Èmil Haarhoff, Nienke Geldenhuys en Albert Smit. Die regisseur is Sophia van Taak.
DIE DAMHUIS deur Reinet en Dirk Nagtegaal
Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christ
Agtergrond-inligting
Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand.
Toe die kaptein, sy vrou, Gesina, en twee slawe – Kassien April en ’n jong vrou genaamd Mali – in die laat-1700’s daar aangekom het, was daar nog niks. Net melkbosse. Hulle het jare lank aan ’n woonhuis en ook ’n visskuur gebou waarin die Brands soutvis gedroog het – net soos wat daar vandag nog aan die Weskus bokkoms gemaak word.
Die skrywer wyle Reinet Nagtegaal en haar man, Dirk, het die Damhuis-restaurant vir ’n ruk besit en saam het dié twee in 2018 ’n boek geskryf wat hierdie geskiedkundige opstal se verhaal vertel. Henriëtta Gryffenberg het dit toe baie vernuftig na ’n radiodrama verwerk.
Die storie
Die Damhuis-radiodrama blaas lewe in strak geskiedkundige feite. Dit speel af aan die Kaap af, in die laat-1700’s en vroeë 1800’s en vertel die luisteraar van die pioniersgees van die Vryburgers wat uit niks vir hulle ’n bestaan moes opbou; Slawe wat van hul eie mense vervreem is en wie se lewe dan noodgedwonge saamsmelt met die wel en weë van hulle eienaar; En hoe die Slag van Blouberg geweldig dramatiese gevolge gehad het – in die Europese magspel in daardie dae van handelsroetes, maar ook op grondvlak, in die gewone Kaapse burgers se lewens.
Die verhaal strek oor etlike dekades – van Christiaan en Gesina se troudag, tot ver verby hul albei se afsterwe. Dit speel af teen die agtergrond van ’n baie verwarrende era in die geskiedenis, toe die Kaap binne ’n kwessie van tien jaar eers onder Nederlandse, toe Britse, toe Bataafse en toe wéér Britse bewind was.
Hierdie politieke skommelinge, onsekerhede oor grondbesit en die moontlike bedreiging van ’n oorlog waarna Christiaan as oud-offisier dalk weer opgeroep kan word, sorg vir ’n spannende storielyn. Dit vertel ook hoe die hegste familiebande soms niks met bloed te make het nie.
Die akteurs en rolverdeling
In die twee vroulike hoofrolle sal jy vir Erica Wessels as Gesina en Lee-Ann van Rooi as Mali herken.
André Terblanché vertolk die rol van Kaptein Brand en David Isaacs is Kassien April.
Van die Brands se kinders is ook in die stuk: Èmil Haarhoff speel een die oudste broers, Johannes; Nienke Geldenhuys is een van die susters, Maria, en Albert Smit vertolk die rol kleinboet Pietertjie.
Die regisseur is Sophia van Taak.
Donderdagaand 26 Junie om 8 uur op RSG of rsg.co.za asook op potgooi na afloop van die uitsending en op Spotify.
Het kinderverhale nog ‘n plek?
Het verhale, wat van ons lesers gemaak het, soos Liewe Heksie en Huppelkind, nog ‘n plek in Afrikaanse kinderharte? Beslis, sê Magdel Vorster, ‘n kinderboekkenner wat hierdie verhale self beproef het op ‘n klompie kinders.
Johan Myburg gesels oor die wenner van die Womens’ Prize for Fiction (THE SAFEKEEP), die Walter Scott-prys vir historiese fiksie, en ‘n nuwe boek deur Taylor Jenkins Reid.
Alles oor artritis-siektes
Jig is nie grappies nie. Die uriensuurkristalle se skerp punte kan erge pyn in jou gewrigte veroorsaak.
Stuur jou vrae oor artritis tipe siektes aan gesond@rsg.co.za.
Deel5: Gesondheid 25 Junie 2025: Jig deel 2 en Polimialgie deel 1
Hoe word chroniese jig behandel? En wat is Polimialgie Reumatica, wat erge spierpyne veroorsaak (erger as die spierpyne met griep), en selfs skade aan ‘n slagaar in jou slape kan aanrig?
Deel4: Gesondheid 18 Junie 2025: Jig
Jig is een van die mees algemene soort artritissiekte wat ‘n mens kan tref. Sommige bloeddrukmiddels kan die risiko vir uriensuurkristalle in die gewrigte verhoog, en alkohol, vleiskosse en fruktosevrugtedranke ook.
Deel3: Gesondheid 30 April 2025: Spondilo-artritis, Lupus en psoriatriese artritis
Hoe diagnoseer reumatoloë spondolo-artritis, lupus en psoriatiese artritis? Kan die agteruitgang en skade wat met dié reumatologiese siektes gepaard gaan, gekeer word?
Lees meer en kyk na sketse: https://www.rsgplus.org/wat-jy-moet-weet-van-reumatoiede-artritis/
Deel2: Gesondheid 16 April 2025: Reumatoïede artritis
Daar is die afgelope 30 jaar soveel vordering gemaak in die behandeling van reumatoïede artritis dat dokters nou min gevalle sien waar pasiënte in rolstoele is. Wat is reumatoïede artritis, hoe word dit gediagnoseer en hoe kan dit nou met middels beheer word?
DEEL 1: Gesondheid 26 Maart 2025: Fibromialgie en oorsig
Fibromialgie kán behandel word. ‘n Reumatoloog verduidelik hoe, en gee ook ‘n oorsig oor die verskillende reumatologiese siektes, soos reumatoïede artritis, lupus en nog meer.



