Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth & Investments, deel haar mening oor die markte.
Kinders moet leer om leesbaar te skryf
Om leesbaar te kan skryf, is een van die vaardighede wat al van kleins af vir kinders aangeleer word.
Die kollig val op skryf as ‘n basis vir leer, saam met Wilna van Rooyen, ‘n onderwyskundige en vroeë kinderontwikkelingspesialis betrokke by die Afrikaanse Onderwysnetwerk.
SA riviere het redding nodig
Het jy geweet daar is ‘n organisasie wat hom spesifiek toespits op die bewaring van Suid-Afrika se riviere? Prof. Jan Myburgh van die Universiteit Stellenbosch vertel van die Red ons Riviere-projek.
Chris Derksen staan gereede met die jongste vleispryse wat by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Johan van den Berg is ook op sy pos met die jongste weerinligting.


Veediefstal is reuse probleem vir almal
Willie Clack, kriminoloog en senior dosent by Unisa, skets ‘n prentjie oor statistiek oor veediefstal in Suid-Afrika.
Lees en luister ook:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/rsg-nou/hoekom-word-veediefstalsake-nie-opgelos-nie/
SA wil eie kernreaktor ontwikkel
David Nicholls, voorsitter van Necsa, gesels oor die proses om ’n kernkragreaktor in Suid-Afrika te ontwikkel. Behels dit groot reaktors soos by Koeberg? Of is dit kleiner reaktors? Hoe gaan dit verskil van bestaande kernreaktors?

Medisyne, Botoks, pasaangeërs en ander behandelings vir blaaslek
Botoks en pasaangëers is nie net vir die gesig of hart nie! Hierdie behandelings word ingespan om ‘n ooraktiewe blaas te behandel sodat jou blaaslek onder Beheer gebring kan word. En vir stress-inkontinensie waar jy voel jy kan nie goed knyp nie, is daar ook behandeling.
Marí Hudson gesels in deel 1 van ‘n kort reeks oor blaasprobleme met prof Stephen Jefferey van Kaapstad. Luister volgende Woensdag om 11:30 na Gesondheid op RSG na deel 2.
HET JY GEWEET?
Baie vroue sukkel met of ‘n ooraktiewe blaas of stress inkontinensie.‘n Bevalling kan ‘n vrou se risiko om blaaslek te ontwikkel, verhoog. Die nuwer metodes om blaaslek volgens die oorsaak daarvan te behandel, kan in meer as 90% van gevalle baie suksesvol wees.
JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…
Daar is hulp vir blaaslek. Dié probleem hoef nie jou wêreld en aktiwiteite in te perk nie.
Twee vorms van blaaslek
1. Ooraktiewe blaas of Dringendheid blaaslek
Die blaasspier trek skielik saam, en jy ervaar skielik ‘n dringendheid om te urineer, maar is dikwels te laat.

Wat behels die behandeling?
Begin met medikasie by jou GP. Botoks inspuitings help baie vroue, en ‘n pasaangeër om die blaasspier minder aktief te maak deur sakrale senuwee stimulasie, werk ook baie goed.

2. Stress inkontinensie
In die geval van stress inkontinensie is dit die “knyp” spiere wat nie so goed werk as daar drukking op die blaas is nie.

Behandeling sluit in Kegel oefeninge vir die pelviese vloer, wat kan help. ‘n Klein prosedure waar ‘n nuwe veilige mesh gebruik word, lewer die beste resultate.
Hier is enkele video’s vir Kegel oefeninge:
Wat het miljoene jare gelede begin wat die Kaap en Namakwaland se plantegroei so uniek maak?
Miljoene jare gelede het iets begin, wat vandag nog die Kaap en Namakwaland uniek maak — ’n landskap só ryk aan plante dat dit nêrens anders op aarde bestaan nie.
Wat lyk soos ’n slang wat oor sement beweeg, maar nie ’n slang is nie? Dis duisende larwes wat saam migreer! Hoekom? Waarheen? En wat gebeur volgende?
Hoe word jou eiendomswaarde en -belasting bepaal?
Weet jy hoe die waarde van jou eiendom bepaal word, en hoe dit die vlak van jou erfbelasting beïnvloed?
Jody Hendricks praat oor waardasies van eiendom en die belasting wat jy daarop betaal.
1e in SA: Operasie kan demensielyers help
‘n Operasie wat vir demensiepasiënte moontlike verligting kan bring, is gister vir die eerste keer in Suid-Afrika in die Cintocare Private Hospitaal in Pretoria gedoen. Die operasie is deur die plastiese en rekonstruktiewe chirurg, dr. Ben Moodie, gedoen.
Luister weer: “Suikerbek” takel uitdagings vir studente
Die gesamentlike naaswenner van die 2025 RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV, Suikerbek deur Ingrid Penzhorn is op ʼn manier ʼn versuikerde weergawe van groot uitdagings en dilemmas vir jongmense.
Penzhorn skep ʼn studente-omgewing waar ‘n teksboodskap lei tot ‘n wedersydse ooreenkoms tussen ʼn mediese student en ʼn sakeman wat ‘n finansiële voordeel inhou. Soos die drama ontvou is dit egter nie die sakeman nie, maar ʼn professor in ‘n magtige posisie, wat onregmatig sy gesagsposisie misbruik. ‘n Storie so oud soos die berge, maar in ʼn moderne kampusstyl aangebied.
Spelers soos Deon Lotz, Minke Marais, Conradie van Heerden, Karli Heine en André Weideman blink uit in Suikerbek deur Ingrid Penzhorn onder regie van Johan Rademan op RSG, Donderdagaand 16 April om 20h00.
Luister op RSG of rsg.co.za en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending
Die storie
Carolien is ’n mediese student wat finansieel noustrop trek. ’n Medestudent, Saskia, vertel haar hoe sy maklik geld kan verdien deur ’n gesellin vir ’n welgestelde man te wees.
Aanvanklik is sy baie bang, maar heel gou geniet sy Chris Claassen se geselskap en wat sy saam met hom beleef. Totdat sy ’n besope prof. Albertyn op ’n partytjie raakloop en hy hom onbetaamlik gedra.
Nadat sy afgestudeer is, sien sy en Josua in die koerant dat die professor van sy amp onthef is en dat die Gesondheidsberoepsraad begin ondersoek instel het na klagtes van vroulike pasiënte van dekades gelede.
Toe Josua vra of sy Chris Claassen weer sal wil sien, sê sy: “Miskien. Maar vir nou is jy al man wat ek naby my wil hê.”

Voor: Minke Marais (Carolien Brits), Karli Heine (Saskia de Bruin), Conradie van Heerden(Josua Visser)
Oor die skrywer – Ingrid Penzhorn
Ingrid is ‘n patoloog in Kaapstad woon. Sy het al drie keer vantevore aan die RSG-radiodramaskryfkompetisie deelgeneem. Sy was ’n finalis in 2010 met Snykuns, Jong Skrywer wenner (skrywer jonger as 30) in 2012 met Vlug, en algehele wenner in 2014 met Ontnugter. Sy het ook onlangs as speler betrokke geraak by die Kaapstadse amateurtoneelwêreld.

Regisseursvisie
Johan Rademan beskou die inhoud van mede-2de pryswenner van die RSG-Radiodramaskryfkompetisie, Suikerbek deur Ingrid Penzhorn as ’n slim versuikerde weergawe van menslike uitgelewerdheid en uitbuiting met verskeie rooi ligte wat flikker tydens die drama.

Conradie van Heerden(Josua Visser), Johan Rademan en Minke Marais(Carolien Brits),

Voor: Conradie van Heerden (Josua Visser) en Deon Lotz (Prof Albertyn)