Die beginsels van ‘n goeie familieboerdery is…

Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery? Dit was een van die onderwerpe wat by die onlangse Bergrivier Besproeiing-boeredag bespreek is.

Ons luister ook na Hendri Truter en die suksesverhaal van Deli-Co, ‘n vleis- en graan-familiebesigheid in Riebeeck Kasteel.

Die emosionele impak van bek-en-klouseer op produsente en hulle families is enorm. Volgens dr. Shaun Morris van Octavoscene moet dié siekte eerder wetenskaplik as emosioneel benader word, maar dis makliker gesê as gedaan.

Luister weer na “Die Potplant,” ‘n kabaret op radio

‘n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hul omstandighede.

Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om uit te sterf en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. 

Met ’n paar verwikkelinge en struikelblokke soos ontvangs se haarsproei, wonder hulle oor ’n paar goed; wie is nou eintlik die vyand – Vismot, die grommige-gogga wat aan alles knaag, óf die ledematiges wat in die kantoor werk en klaarblyklik nie na hulle omsien nie.

En die belangrikste – is die gras werklik groener aan die ander kant…

Dié drama is deur Karli Heine geskep en vir radio verwerk, waar die musiek en ’n paar kern-karakters ontstaan het uit die oorspronklike kabaret. “Die Potplant: ’n Tragedie” is vir die eerste keer in 2024 opgevoer by KKNK se Blitsteater.

Agter van links na regs: Frieda van den Heever, Joanie Combrink en Lochner de Kock. Voor: Esther von Waltsleben, Marion Holm, en sittend is Karli Heine

Karli vertel, “die idee het begin toe dit vreemd voel om ’n boom-karakter binnenshuis te plaas. Wat het plant-gedagtes en staan onder dak?”

Die spelers is Joanie Combrink, Karli Heine, Lochner de Kock, Marion Holm en Esther von Waltsleben. Met musiek deur Grethe van der Merwe en Frieda van den Heever as die regisseur in die ateljee.

Die Potplant deur Karli Hiene, Donderdagaand 18 Junie in Radioteater om 10 oor 9 op RSG of rsg.co.za, die RSG APP en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Jy hoor kabaret op radio.

Hoe werk ‘n blindederm- en ‘n galblaasoperasie?

Ons vind meer uit oor twee baie algemene operasies, naamlik ‘n blindedermoperasie en ‘n galblaasoperasie.

Hoe weet die chirurg die fout is werklik by die blindederm of die galblaas? Wat as die blindederm gebars het? En wat as galsteentjies in die lewer beland? Mari Hudson praat hieroor met dr Maré du Plessis, ‘n Kaapstadse chirurg by Milnerton Mediclinic.

‘n Ontsteekte blindederm

Die galblaas lê onder die lewer

Wat doen skermtyd aan ons fokus, slaap en welstand?

Ons is deesdae byna heeltyd aanlyn. Van die oomblik wat ons wakker word, tot ons saans die selfoon op die bedkassie neersit, is tegnologie deel van ons werk, verhoudings en ontspanning.

Al hoe meer mense besef dat dit teen ’n prys kom: minder fokus, swak slaap, digitale uitbranding en die gevoel dat ons in honderde rigtings getrek word.

Ons praat met dr. Marlena Kruger, ’n digitale welstand- en neurointegratiewe gesondheidsafrigter, en stigter van MindUnique Education.

Luister weer na “Een, twee, drie, Blok myself”

Die radiodrama Een, Twee, Drie, Blok Myself, geskryf en geregisseer deur Karen Wessels, is ’n spanningsvolle sielkundige riller wat diep delf in die onderdrukte psige van die mens en die brose, soms wrede grens tussen werklikheid en illusie. Dit was ‘n finalis in die 2024 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Die rolverdeling sluit sterk karakteruitbeeldings deur Amanda Strydom, Pierre Breytenbach, Natasja Jacobs, Pietie Beyers, Zane Meas en Jakkie Groenewald in. Elke karakter is ’n draer van hul eie pyn, geheime en morele grys areas.

Een, Twee, Drie, Blok Myself is ’n rou en eerlike drama wat vrae stel oor identiteit, herinneringe en of ’n mens werklik van jouself kan wegkruip. Die storie en akteurs se spel kruip onder jou vel in, smokkel met jou kop, en dwing jou om te vra hoe veilig jou eie herinneringe werklik is wanneer die waarheid begin terugveg.

Een, Twee, Drie, Blok Myself is Donderdagaand 4 Junie in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za, die RSG App te hoor en is dan beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Die storie

Die drama speel af in die hede en kombineer spanningsvolle, emosionele diepte en subtiele humor teen die agtergrond van ’n plattelandse kroeg en ’n afgesonderde gemeenskap.

Monika, ’n voormalige polisievrou met ’n geskiedenis van verslawing en trauma, word gekonfronteer met haar verlede wanneer haar onderdrukte herinneringe begin terugkeer. Die verhaal ondersoek temas soos die onderdrukking van die werklikheid en die blywende impak van onopgeloste trauma.

Wanneer ’n aantreklike vreemdeling, Walter, opdaag en haar wêreld stadig begin ontwrig, word dit duidelik dat alles nie pluis is nie. Soos Monika se werklikheid begin verbrokkel, word die luisteraar meegesleur in ’n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en ’n verlede wat weier om begrawe te bly. Die drama word gedra deur intense dialoog, atmosferiese klankontwerp en musiek wat as emosionele leitmotief dien.

Die riller maak sterk gebruik van musiek – veral die liedjie “Sonder Jou” deur Gé Korsten dien as ‘n ontstellende voorbode en ‘n emosionele sneller. Regie word ook behartig deur Karen Wessels.

Agter Zane Meas, Pietie Beyers, Pierre Breytenbach, voor Amanda Strydom, Natasja Jacobs en Jakkie Groenewald copy

Agter van links na regs: Zane Meas, Pietie Beyers en Pierre Breytenbach. Voor is Amanda Strydom, Natasja Jacobs en Jakkie Groenewald.

Wees versigtig vir peptiede wat nie deur ‘n dokter voorgeskryf word nie

Dr. Ria Smit praat oor peptiedes, wat deesdae ‘n gonswoord in die skoonheidsbedryf is.

Sy verduidelik wat dit is, en hoe dit gebruik word.

Aminosure is die kleinste boublokke van proteïene. Peptiede is aminosure wat in spesifieke volgordes in kort kettings verbind is. Voorbeelde van peptiede is insulien, GLP-1 ens.

Maar kan dit jou jonger en mooier maak?

Lees ook:

Peptides are short chains of amino acids, the “building blocks” of proteins. While proteins contain 50 or more amino acids, peptides are shorter (usually 2 to 50 amino acids long). They act as biological messengers that instruct cells to perform specific tasks, like repairing tissue, regulating hormones, or fighting bacteria. [1, 2, 3, 4]

Peptides serve diverse roles across wellness, medicine, and cosmetics: [1, 2, 3]

Synthetic and naturally occurring peptides are utilized in medical treatments and wellness therapies to target specific body functions. They are known for promoting muscle growth, accelerating injury recovery, modulating the immune system, and aiding in weight loss (e.g., GLP-1 peptides). [1, 2, 3]

Dietary Sources

You can get dietary peptides by consuming foods that contain high-quality amino acids. [1]
Plant sources: Soy, oats, wheat, flaxseed, hemp seed, and legumes like beans, lentils, and peas. [1, 2]
Animal sources: Meat, fish, shellfish, eggs, and dairy.

Types of Peptides

Scientists categorize peptides by their length and biological activity: [1, 2, 3, 4]

  • Oligopeptides: Short chains (fewer than 10-20 amino acids).
  • Polypeptides: Longer chains (more than 20 amino acids).
  • Bioactive Peptides: Specific peptides that provide health benefits beyond basic nutritional value (e.g., milk-borne peptides that have antioxidative or antimicrobial properties). [1, 2, 3]

While peptides are naturally occurring and vital to the human body, unregulated “research-grade” peptides—often sold online or at wellness clinics—carry significant safety risks. Medical experts recommend consulting a licensed healthcare professional before starting any peptide therapy or high-dose supplement. [1, 2, 3, 4, 5]

Selfs 5-jariges kan verslaaf raak aan aanlynspeletjies

Kinders van so jonk as vyf jaar kan verslaaf raak aan aanlynspeletjies.

Die gevolge op die lange duur kan gedragsverandering en konflik met die gesin insluit.

Kuberkenner Rianette Leibowitz praat oor die gevare van aanlynspeletjies.

Die impak van alkoholisme is wyd en groot

Alkoholmisbruik raak selde net een persoon. Dikwels dra hele families die emosionele gewig daarvan, stilweg, agter toe deure.

Ons praat met iemand wat eerstehands ervaar het hoe diep die impak kan wees, maar ook hoe hoop en ondersteuning jou kan help om weer asem te haal.

Margaret Damon is al 35 jaar deel van Alkoholiste Anonien, ’n ondersteuningsgroep vir families en vriende van alkoholiste. Sy praat oor die belangrikheid van ondersteuningsgroepe.

Besoek www.alanon.org.za vir hulp, en www.alanon.org.za vir aanlyn-groepe.

Luister weer na “Hartsake”

Hartsake — ’n moderne tragedie uit die pen van Joe Kleinhans, onder regie van Luan Jacobs — delf diep in die psige van liefde, verlies en die stille brutaliteit van alledaagse verhoudings.

In die wêreld van sepies en skyn, is daar soms net een storie wat te na aan die hart lê.
Wanneer die akteur agter Dokter Tobie Thompson self in die hospitaal beland, vervaag die grense tussen fiksie en werklikheid.

Met ’n rolverdeling wat menslikheid rou laat klink, word die luisteraar ingetrek in ’n web van emosies waar selfs die sterkste harte breek.

Met Robbie Wessels, Renske Jacobs, Kaz McFadden, Imarie Oberholzer, Antowan Nothling en Elzabé Zietsman in die rolverdeling en Luan Jacobs as regisseur.

Agter van links na regs: Antowan Nothlin, Imarie Oberholzer, Elzabe Zietsman, Kaz McFadden, Robbie Wessels en Renske Jacobs. Voor is Luan Jacobs.

Hartsake deur Joe Kleinhans, Donderdagaand 28 Mei in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za, die RSG APP en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Dis meer as ’n sepie — dis ’n spieël. Hartsake wys hoe dun die lyn is tussen die rol wat ons speel en die lewe wat ons lei. Elke karakter dra ’n hart wat klop van waarheid. Van Joshua se trots tot Cindy se stilte — dis mense wat ons almal ken, al woon hulle net in klank.

Die regie vat jou binne-in die stilte tussen woorde. Luan Jacobs bring ’n spanning en menslikheid wat jou laat luister met jou hele lyf.

Die storie wys hoe maklik liefde in beheer verander. In ’n wêreld van subtiele manipulasie en onverwerkte trauma word “ons” soms die gevaarlikste plek om te wees.

Elke klank is ’n hartklop — rou, eerlik en onontkombaar. Dis klankdrama wat nie net gehoor word nie, maar ervaar word.

Die storie

In die radiodrama verwys Hartsake na ‘n gewilde sepie. Die dramatiese 3000ste episode daarvan, word beplan met sy Hoof van Ongevalle, dokter Tobie Thompson, gespeel deur die karakter Joshua Jooste, die spilpunt waarom die nuwe verwikkelinge in die sepie draai.

Voor dit gebeur, gaan Joshua egter vir ‘n roetine mediese ondersoek en dit lewer ‘n abnormale EKG op. Sy lewe verander in ‘n nagmerrie. Hartsake word oornag ‘n oorlewingstryd vir hom. Hy sukkel om die een goëlbal na die ander te verwerk. En dis die persoon naaste aan hom, sy vrou Cindy, wat dit die meeste ontgeld.

Oor die skrywer – Joe Kleinhans

Joe Kleinhans vertel die verhaal vanuit ’n persoonlike ervaring.

Joe word ‘n polis aangebied op voorwaarde hy gaan vir mediese toetse. Die polis word afgekeur op grond van ‘n abnormale EKG. Hy word deur sy internis na ‘n kardioloog verwys wat op ‘n angiogram besluit. Die angiogram word op 5 Maart 2021 gedoen waarna hy in die hospitaal gehou word vir ‘n nood viervoudige hartomleidingsoperasie op 8 Maart 2021 omdat vier van sy kroon-slagare 90% vernou is.

Joe kry die raad dat ‘n goeie manier om die trauma te verwerk is om daaroor te skryf. En toe vloei Hartsake daaruit voort.

Van die regisseur – Luan Jacobs

Hartsake is ’n moderne tragedie wat delf in die broosheid van die menslike psige — waar liefde, beheer en oorlewing mekaar op onheilspellende maniere kruis.

In Joe Kleinhans se teks het ek ’n wêreld raakgelees waarin gewone mense onbewustelik hulself en mekaar manipuleer, dikwels uit vrees vir verlies of die ongemak van eerlike konfrontasie. Hierdie stom spanning — dié stil oorlog van emosies — wou ek in die regie laat asemhaal.

Tematies staan Hartsake binne die groter diskoers van geslagsgeoriënteerde geweld en die verrotting van empatie in die alledaagse samelewing. Tog is dit nie ’n moralistiese stuk nie, maar ’n spieël: een waarin ons almal onsself herken — moeg, bang, lief, en skuldig.

Die teks se ritme, kort tonele en vinnige oorgange het my laat werk met presiese klankteksture en stiltes as dramatiese wapens. Die ritme begin stadig, amper onskuldig, maar bou geleidelik tot ’n onafwendbare crescendo waarin keuses hul eie graf grawe.

My visie was om die luisteraar vas te vang binne hierdie web van emosionele spanning — om hulle te laat hoor hoe ’n hart nie net stadig siek word nie, maar stil. Want soms is die mees genadelose geweld dié wat sag fluister.

Tipe 1 Diabetes: Hoe kry Alexander Zverev dit reg om op die hoogste vlak tennis te speel?

Hoe werk Tipe 1 Diabetes? Hoe verskil dit van Tipe 2 Diabetes? Kan ‘n skok of trauma tot Tipe 1 Diabetes lei? Ontstaan Tipe 1 Diabetes oornag, of ontwikkel dit mettertyd? Kan dit voorkom word?

En hoe kry Alexander Zverev, ‘n Tipe 1 Diabeet, dit reg om op die hoogste vlak tennis te speel?

Luister na die derde episode waar Dr Marius Wasserfall verduidelik hoe Alexander Zverev dit regkry om op die hoogste vlak tennis te speel. Hy vertel ook meer oor die komplikasies van te lae of te hoë bloedglukosevlakke en of die Ozempic-tipe middels ook tipe 1 diabete se niere en hart kan beskerm.

Alexander Zverev

Luister na die tweede episode waar ons fokus op tegnologie soos insulienpompies, glukosesensors en meer.
Is insulien in enige ander vorm as ‘n inspuiting beskikbaar vir tipe 1 diabete? Hoe werk ‘n insulienpompie en hoe effektief is dit? Hoe kan glukose sensors op die vel help om diabetes beter te beheer? Marí Hudson praat met dr. Marius Wasserfall, ‘n internis by Panorama Mediclinic, in die tweede episode in die reeks oor tipe 1 diabetes.

‘n Insulienpompie wat aan die vel geplak word en die seine na ‘n klein rekenaar stuur.

Met die sensor op die vel, en die nuutste tegnologie wat op n selfoon gelaai kan word, kan die pasiënt se glukose vlakke deurlopend minuut vir minuut gemonitor word. Die inligting sal binnekort regstreeks met die insulienpompie ‘praat’ sodat insulienvlakke voortdurend gereguleer kan word.

Luister na die eerste episode van die kort reeks oor Tipe 1 Diabetes, waar ons veral fokus op die werking, simptome en oorsake van Tipe 1 Diabetes. En hoe verskil dit van tipe 2 diabetes? Marí Hudson gesels met dr Marius Wasserfall, internis by Panorama Mediclinic oor Tipe 1 Diabetes.