Twa, die Tydloper, deur Anoescka von Meck, is die verhaal van Twalie Albrecht, wat saam met haar pa Albert, Ma-Niggie en drie broers op ‘n afgeleë plaas in die verre Noordweste woon. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.
Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop … Letgoed sê vir Twalie “… ons is nou te ver om gedane sake om te draai, maar as jy vandag hier met my saam-kom, moet jy weet daar gaan ’n geheim op jou skouers kom rus wat nie vir tjênners bedoel is nie.”
Die bynaam Twa is ‘n Nama-woord vir ‘n graspol, en verwys na haar hare. Von Meck maak ruim gebruik van streekstaal en Nama-woorde en dit dra by tot die gevoel van verlatenheid in die dorre omgewing waar die verhaal afspeel. Dis ‘n verhaal van geheime, en wreedhede en miskenning, maar ook een mens se groei en sal luisteraars meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle laat kyk.
Twa, die Tydloper deur Anoescka von Meck, word voorgelees deur Miche van Wyk, met regie deur Anrich Herbst. Dit word weeksaande om 21:10 op RSG uitgesaai.
‘n Slang in die gras op Donderdag 21 Mei deur Chris Majiedt was die tweede prys wenner van die 2013 RSG radiodramaskryfkompetisie.
Slang en sy groepie helpers versamel kosbaarhede, veral koper en aluminium, by die asgate om te verkoop. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. En daar is min genade vir dislojaliteit.
Met Chris Majiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Keenan Herman, Royston Stoffels en André Samuels in die rolverdeling en Eben Cruywagen as regisseur.
Chris Majiedt
Hierdie drama speel af in ’n milieu wat nog nie voorheen ontgin is nie, naamlik ’n stortingsterrein. Die karakters is almal oudgevangenes wat onder die ystergreep van SLANG, die hoofkarakter, ’n bestaan voer deur in die vullis te grawe op soek na glas, karton en metaal wat aan herwinningsaanlegte verkwansel word. In ’n wêreld waar normaliteit geweldig relatief is, voer die karakters van Slang in die gras ’n bestaan op ’n Kaapse stortingsterrein waar hulle weeksdae werk, saans kosmaak buite hulle plakkershut en om ’n vuurtjie ontspan, en naweke die plaaslike sjebien besoek. Verraad en bedrog word egter nie geduld nie en sal wraaksugtig en wreed gestraf word.
Chris Maijiedt het destyds vir die eerste keer ingeskryf die radiodramaskryfkompetisie en het ook die hoofrol van SLANG vertolk.
In ’n wêreld waar normaliteit geweldig relatief is, voer die karakters van Slang in die gras ’n bestaan op ’n Kaapse stortingsterrein waar hulle weeksdae werk, saans kosmaak buite hulle plakkershut en om ’n vuurtjie ontspan, en naweke die plaaslike sjebien besoek. Verraad en bedrog word egter nie geduld nie en sal wraaksugtig en wreed gestraf word.
Die spelers is
Chris Majiedt (SLANG), Charlton George (KLONKIES), Marlo Minnaar (OUGAT), Keenan Herman (HAROEN), Royston Stoffels (BALLIE) en André Samuels in die kameë van die koperdief.
Van die regisseur – Eben Cruywagen
“Hoorspelregisseurs is van die mees bevoorregte mense. Nie alleen is die moontlikhede van wêrelde en ruimtes wat geskep kan word oneindig nie, daar is ook geen beletsel ten opsigte van duur stelle, internasionale grense of gevaarsones nie. Dit maak dus hoegenaamd nie saak of ’n drama op Mars of in die DRK afspeel nie. Die enigste beperking is die kreatiwiteit van die skrywer, regisseur en produksieregisseur.”
Eben vertel verder dat “weinig skrywers egter akteurs is, en andersom, en wanneer die skrywer van ’n bekroonde inskrywing ’n gesoute akteur is, is dit ’n dubbele bonus! Toe Chris Majiedt in 2013 vir die eerste keer sy hand aan ’n radiodrama gewaag het en beloon is met ’n tweede plek in die RSG Radiodramaskryfkompetisie vir Slang in die gras, was hy dus ’n logiese keuse in die rolverdeling. En wie verstaan ’n komplekse sentrale karakter beter as die skrywer self?”
Die RSG Radiodramaskryfkompetisie bied regisseurs nog die verdere geleentheid om jaarliks met nuwe materiaal en skrywers te doen te kry. Vir regisseurs wat bevoorreg is om ook as mentors vir die kompetisie op te tree, is dit ’n bykomende bonus wanneer so ’n teks boonop met ’n prys beloon word.
Luister Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za, die RSG APP en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige en historikus, oor lees om te leer, en waarom lees veel meer is as net ’n tegniese vaardigheid wat in die vroeë grade bemeester moet word. Die gesprek fokus op die rol van lees in leer, en waarom leesonderrig ook in die hoër grade moet voortgaan.
Johan van Lill met praat met Gregory Marais, ‘n onderwyskundige, oor hoe skole en onderwysers Graad 4- tot 6-leerders prakties kan help om sterker en meer onafhanklike lesers te word. Die gesprek volg op ’n vorige program oor lees om te leer, en beweeg nou van bewustheid na praktyk: As ons weet dat lees die sleutel tot leer in alle vakke is, hoe ondersteun ons leerders doelgerig sodat hulle werklik deur lees kan leer?
Die Straat van Hormoes is ‘n smal seestraat wat die Persiese Golf met die Golf van Oman verbind. Dit is 55 km wyd. Gegewens oor die sluiting daarvan dra by tot ‘n toename in brandstofkoste.
Louw Pienaar, ‘n senior landbou-ekonoom by die Buro vir Voedsel en Landboubeleid, praat oor die geopolitiek, wat Suid-Afrikaanse produsente vandag beïnvloed.
Luister weer na Groete van Tant Martjie deur Paula Hartzenberg. Dis ‘n menslike drama met ‘n sterk spanningslyn.
Die storie, karakters en spelers Martjie en Bruwer Groenewald, vertolk deur Rika Sennett en Anton Dekker, het nie ‘n maklike lewe agter die rug nie. Daar is ‘n leemte in Martjie se bestaan wat sy hoop om uiteindelik te kan vul. Maar sy weet dit gaan nie maklik wees nie. Bruwer, haar man, staan haar by. Hy doen alles in sy vermoë om die hartseer wat sy nog altyd in haar ronddra uiteindelik te verlig.
Die stappe wat sy moet doen, sluit in om Thomas Smit, vertolk deur Sean Brebnor, om te haal om haar op hulle plaas te besoek – oënskynlik om geldelike hulp by haar te kry. Thomas het ‘n bevoorregte lewe gely. Hy is geheg aan sy ma, Franzé, vertolk deur Bertha le Roux-Wahl, maar sekere feite, wat na sy pa se dood aan die lig kom, verwar hom. Na sy besoek aan Martjie kry hy uiteindelik antwoorde.
Ander spelers is Louise Eksteen as Kadija, ‘n eertydse verpleegster wat Martjie jare gelede bygestaan het, asook nuweling Mada Oosthuizen as Lianie Landman – die jong vrou wat deels verantwoordelik is vir Thomas se geldelike probleme.
Die skrywer is Paula Hartzenberg en die drama is in Johannesburg opgevoer deur Mari Snyman.
Luister weer as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.
Agter vlnr: Louise Eksteen, Anton Dekker, Rika Sennet, Frik Wallis (klank) en Sean Bebnor. Voor: Mada Oostuizen, Dipalesa Motau (klank) en Bertha le Roux-Wahl.
Prof. Willem Landman van die Universiteit van Pretoria werp lig oor die voorspelling van ‘n komende El Niño-seisoen, ook in terme van somergewasse.
Pieter Gouws, ’n professor in voedselveiligheid aan die Universiteit Stellenbosch se department van voedselwetenskap, vertel van nuwe loopbaangeleenthede in dié veld.
Angus McIntosh van die plaas, Spier buite Stellenbosch in die Wes-Kaap, het ‘n video geneem van sy seun Hamish wat vir die trop Loumousin/Red Angus saksofoon speel. Die uiteinde van die eksperiment was verhoogde produksie by melkkoeie. Gaan kyk na die video: https://www.africanfarming.com/2026/05/02/this-jazz-is-music-to-a-cows-ears/
ʼn Onverwagse Krismisboks uit die pen van Christo Davids op Donderdag 7 Mei is ‘n roerende werk uit die argief en is in 2013 as deel van RSG se eerste kunstefees uitgesaai.
Margot Luyt het die regie behartig met Ivan Abrahams, Theresa Cloete, Dean Balie, Kim Cloete, Hein Poole, Sue Pyler-Slabbert, Johan Stassen en Deirdre Wolhuter in die rolverdeling.
‘n Onverwagse Krismisboks is beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.
Christo Davids
Die storie
Margie, ’n toegewyde verpleegster by Tygerberg Hospital, werk lang en uitputtende skofte om haar twee kinders, Zelda en Zak, te onderhou nadat haar man Henry haar jare tevore verlaat het.
Zelda raak swanger ná ’n verhouding met George – ’n getroude man – wat druk op haar plaas.
Zak word gearresteer vir die aanranding van ’n vrou aan wie hy dwelms verkoop het.
In ’n ironiese wending word Henry, Zak se afwesige pa, sy prokureur wat self intussen deur sy tweede huwelik is en nou alleen is.
Hierdie omstandighede dwing die gesin om weer bymekaar te kom oor Kersfees, waar ou wonde, skuld en moontlike versoening na vore kom.
“Dokter, gaan ek nou dood?” het die 26-jarige jonggetroude Janica Theron gevra toe sy met borskanker gediagnoseer word. Haar chemoterapie, immunoterapie, dubbele mastektomie en bestraling het voorgelê.
Haar reis was nie maklik nie en met tye wat sy baie baie siek.
Watter emosies moes haar jong man verwerk?
En hoe het sy fisiek en emosioneel en hy emosioneel verander tydens en ná die hoopvolle, maar traumatiese reis?
Marí Hudson gesels met Janica en Dewalt Theron oor hul ervaring met kanker en kankerbehandeling en noudat hulle neuse weer bo die water is.
Luister na die volledige gesprek hieronder.
Janica en Dewalt Theron
HET JY GEWEET? Pasiënte en hul geliefdes ervaar baie emosies ná ‘n ernstige en lewensbedreigende diagnose, en dit is belangrik dat beide die pasiënt en die geliefde ondersteun word.
JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT… Die inligting kan pasiënte met kanker hoop gee en laat besef dat ander kankerlyers ook vrese, trauma, vertwyfeling, magteloosheid en hoop ervaar.
Janica op haar troudag in Julie 2023. “Ek lyk nou anders. Ek het lang hare gehad, my borste lyk anders en die behandeling het my gewig laat optel. Ek lyk anders en voel anders. Ek kyk in die spieël en ek is nie meer dieselfde as voorheen nie.”
“Soek die positiewe”
Luister ook na die kanker-reis van Dirk Malan, adjunk-hoof en laerskool- wiskundeonderwyser van Laerskool Swartland in Malmesbury. Hy en sy vrou, Mariaan, deel hul ervaring van diagnose, behandeling, teleurstelling en nuwe hoop, tot hy einde Maart vanjaar weer aan die SA tweekamp kampioenskap deelgeneem en voltooi het.
Mariaan en Dirk Malan
Bespreek en woon die Cancer Survivors Day by
Op Saterdag 16 Mei kan alle kankerpasiënte en hul familie of vriende ‘n spesialen oggend by Die Bron teater in Willowbridge sentrum naby die Tygervallei sentrum in die Skiereiland bywoon. Jy kan jou storie met ander deel, hoor wat vir ander hoop gegee het en waarmee jy en ander sukkel. Kontak Hilani du Toit van PACSO by 021 939 7790 of info@pacso.co.za.
RSG se eerste radioteaterseisoen van 2026 is ‘n fees van eietydse en klassieke werk. Luisteraars word egter vanuit die staanspoor bederf met die wendramas van 2025 se RSG en ATKV radiodramaskryfkompetisie.
21 Mei: ‘n Slang in die gras (Argief) ‘n Slang in die gras op Donderdag 21 Mei deur Chris Majiedt was die tweede prys wenner van die 2013 RSG radiodramaskryfkompetisie.
Slang en sy groepie helpers versamel kosbaarhede, veral koper en aluminium, by die asgate om te verkoop. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. En daar is min genade vir dislojaliteit.
Met Chris Majiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Keenan Herman, Royston Stoffels en André Samuels in die rolverdeling en Eben Cruywagen as regisseur.
28 Mei: Hartsake Joe Kleinhans vertel in Hartsake op Donderdag 28 Mei die storie van die akteur Joshua (Robbie Wessels) wat op die kruin van sy sepieloopbaan staan, maar ‘n onverwagse wending ondergaan tydens ‘n roetine-ondersoek.
Luan Jacobs het die regie behartig met Renske Jacobs, Kaz McFadden, Imarie Oberholzer, Antowan Nothling en Elzabé Zietsman in die rolverdeling.
4 Junie: 1,2,3 Blok myself Die aktrise-sangeres Karen Wessels is terug met haar drama 1,2,3 Blok myself op Donderdag 4 Junie.
Soos Monika (Natasja Jacobs) se werklikheid begin verbrokkel, word die luisteraar saamgeneem in ’n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en ’n verlede wat weier om begrawe te bly. Die rolverdeling word verder gevul deur Pierre Breytenbach, Amanda Strydom, Zane Meas, Pietie Beyers en Jakkie Groenewald.
11 Junie: Amadeus Sir Peter Shaffer sou in Junie vanjaar ‘n 100 jaar oud geword het. Om dié Britse ikoon en skrywer te vier, saai RSG die treffer, Amadeus, op Donderdag 11 Junie om 20:00 uit. Die teks is spesiaal vir die radio deur Nerina Ferreira vertaal en verwerk. Wyle Margot Luyt het die regie meesterlik behartig.
Uit die vele samesweringsteorieë oor Wolfgang Amadeus Mozart se dood is die weergawe van die komponis, Antonio Salieri, seker die bekendste. André Rossouw vertolk Salieri en die gevierde verhoogregisseur Marthinus Basson Mozart. Ander spelers is Shirley Ellis, Dawid Minnaar, Herman Pretorius, Paul Malherbe, Pieter Cilliers, Dawie Ackerman, Johan Rademan, Jan Lombard en Pieter Bredenkamp.
18 Junie: Potplant Kabaret in radioteater is nie iets wat dikwels gehoor word nie. Karli Heine het haar kunstefeestreffer, Potplant, vir die radio verwerk met oorspronklike musiek en toonsettings deur Grethe van der Merwe.
Op Donderdag 18 Junie debuteer die radio-akteur en sanger Dean Balie as regisseur met Eben Genis, Marion Holm, Ester von Waltsleben, Lochner de Kock, Karli Heine en Joanie Combrink in die rolverdeling. Kantoorpolitiek word gesien deur die oog van die potplante wat soms as alledaags beskou word. Maar wat is aan die gang as niemand kyk nie?
25 Junie: Liesbet Die seisoen word meesterlik op Donderdag 25 Junie afgesluit met ‘n nuwe radiodrama deur Leon van Nierop.
Liesbet is ‘n verhaal wat so sterk met Van Nierop geresoneer het dat hy eenvoudig die storie moes neerpen en opneem. Waar daar eers florerende, mooi stasies was, is daar deesdae maar min van oor. Maar wanneer ‘n nuwe toeristeroete uitgelê word, word die gesteelde spore vervang en word ‘n stoker opdrag gegee om ‘n legendariese ou lokomotief te restoureer. Terwyl hy dit doen, klim ‘n seun met ernstige leer- en leesprobleme (disleksie) van ‘n bus af. Hy kan saam met die stoker na sy eindbestemming in die lokomotief ry indien hy instem om die reuse-staalgedierte te was en te poleer. Gedurende hierdie reis het die twee ‘n onuitwisbare invloed op mekaar. Met Deon Lotz, Rico Immelman en Ria Smit.
Reeds uitgesaai
2 April: Meeu-rus deur Jana Nortier Die seisoen begin op Donderdag 2 April met die derde plek wenner, Meeu-rus, deur Jana Nortier. Christelle Webb-Joubert is die regisseur en Juanita de Villiers haar regterhand saam met die spelers Ryno Hattingh, Kim Cloete, De Waal Stemmet, Stephanie Baartman, Christine Voorendyk en Francois van Rensburg in die rolverdeling.
Meeu-rus is die verhaal van Stefan wat die familieplaas erf na sy pa se afsterwe. Elna en Hein, Dawid se kinders uit sy huwelik, betwis die testament en roep die hulp van Landi Arendse in. Landi het egter ‘n geheim van haar eie.
3 April: Die Herbergier deur Esta Steyn Op Goeie Vrydag (3 April) om 14:00 kan die gewilde skrywer Esta Steyn se Die Herbergier gehoor word. Dié bekroonde radiodrama handel oor die herbergier van Betlehem wat nou in Jerusalem by sy oudste seun woon toe Jesus 33 jaar later gekruisig word. Hulle word onder andere gekonfronteer met die onvermydelike van sy teregstelling. Die regisseur is Helena Hugo met Cobus Visser, Gigi Strydom, Martin Jansen, Bertha le Roux-Wahl, Eswé Bruwer en Anrich Herbst in die rolverdeling.
9 April: Gebakte pere deur Karen du Toit Marnus se eerste dag op universiteit kon nie met ’n groter skok begin het nie. Emma daag ná maande se stilswye skielik by die woonstelblok waarin hy sal tuisgaan op met die nuus dat hy die pa van ’n kind is. Sy laat die baba in die drie woonstelmaats se sorg, en sê sy het die fopspeen in haar motor vergeet. Sy kies die hasepad.
Karen du Toit is as gesamentlike naaswenner aangewys in RSG se 2025 Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met ATKV. Die regisseur is Lelia Etsebeth, met Christopher van der Westhuizen, Dihan Keun, JJ Roberts, Izel Bezuidenhoud, Marina Coetzee en Gretha Brazelle in die rolverdeling.
16 April: Suikerbek Suikerbek deur Ingrid Penzhorn wat ook met die tweede prys bekroon is, is te hore op Donderdag 16 April met Johan Rademan as regisseur.
Carolien is ’n mediese student wat finansieel noustrop trek. ’n Medestudent, Saskia, vertel haar hoe sy maklik geld kan verdien deur ’n gesellin vir ’n welgestelde man te wees. Die rolverdeling bestaan uit Minke Marais, Conradie van Heerden, Karli Heine, Deon Lotz en André Weidemann.
23 April: Kalahari sterre Die algehele wendrama van verlede jaar, Kalahari sterre volg op Donderdag 23 April en is uit die pen van Adam Willemse.
Boeta (Dean Balie), Benji (André Samuels), Lulu (Wessel Pretorius) en Paul (Eben Genis) bied ʼn vertoning aan wat dit waag om die ander sy van menswees uit te beeld vir ʼn konserwatiewe, plattelandse gehoor. Kommer, sukses, vergifnis en herstel van verhoudings is waarmee die karakters gekonfronteer word in dié radiostorie. Die ander spelers is Susanne Beyers en Royston Stoffels. Joanie Combrink het die regie behartig.
30 April: Bloed van my Die wenner van die prys vir Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) is JJ Roberts met Bloed van my, op Donderdag 30 April.
Broederlike liefde bots met ‘n noodlottige verlies en Simeon en Meyer moet hulle pad deur dié uitdaging vind. Casper Lourens, Wiandré du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.
7 Mei: ‘n Onverwagse Krismisboks (Argief) ‘n Onverwagse Krismisboks uit die pen van Christo Davids op Donderdag 7 Mei is ‘n roerende werk uit die argief en is in 2013 as deel van RSG se eerste kunstefees uitgesaai.
Margie is ‘n verpleegster by die Tygerberg-hospitaal, waar sy baie keer dubbelskof werk om te probeer voorsien vir haar twee kinders, Zelda en Zak. Margot Luyt het die regie behartig met Ivan Abrahams, Theresa Cloete, Dean Balie, Kim Cloete, Hein Poole, Sue Pyler-Slabbert, Johan Stassen en Deirdre Wolhuter in die rolverdeling.
14 Mei: Tant Martjie Op Donderdag 14 Mei kan daar ingeskakel word vir Groete van Tant Martjie deur Paula Hartzenberg met Sean Brebnor, Rika Sennet, Anton Dekker, Bertha le Roux-Wahl, Mada Oosthuizen en Louise Eksteen in die rolverdeling.
‘n Vreemdeling klop aan Thomas se woonsteldeur en stel homself bekend as Bruwer Groenewald. Voordat Thomas dit regkry om die deur in sy gesig toe te druk, speel Bruwer nog sy troefkaart: “Jou tant Martjie stuur groete”. Mari Snyman het die regie behartig.