Honde word geleer om slegte wyn uit te ruik

Dr. Jeanne Brand, ’n dosent in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, is een van twee navorsers in die land wat protokolle vestig oor die inspan van viervoetnatneuse wat nuttige take op plase verrig. Ons vind ook uit hoe wynterminologie meer verstaanbaar gemaak word deur kunsmatige intelligensie, op ‘n eg Suid-Afrikaanse manier.

Luister weer: Wat lag jy?

In die tyd van die ou Grieke het skrywers al satires en komedies geskep en opgevoer.  Hulle het gespot met die politiek en met sosiale gebruike. Duisende jaar later is die politiek en sosiale gebruike steeds die inspirasie vir komedies en satire.

Maar wat is humor?  Hoekom lag ‘n mens en waarvoor?  Waarom is rampe so dikwels die inspirasie vir ‘n nuwe grap?  En hoe word humor beïnvloed deur die sosiale norme en gebruike van die tyd?  Dit is die vrae wat in “Wat lag jy ?” aan bod kom. 

‘n Sielkundige, dr. Hannetjie van Zyl Edeling verduidelik  wat in die brein gebeur as ‘n mens lag – en waarom lag goed is vir ‘n mens. 

Dan gaan die akteur en teaterskepper Liz Meiring, en die akteur Melt Sieberhagen hulle siening oor wat snaaks is en wat nie, en Willie Esterhuizen vertel vir wie hy skryf.  En daar is ‘n verrassing uit die argief, met Fanus Rautenbach. 

“Wat lag jy?” is saamgestel en aangebied deur Ina Strydom en word op 26 Maart om 20:00 op RSG uitgesaai. 

Hoe werk skoolkwintiele?

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van Fedsas, oor hoe skoolkwintiele in Suid-Afrika werk, en waarom dit ’n groot rol speel in die befondsing van openbare skole. Die gesprek verduidelik hoe skole ingedeel word, hoe dit met skoolgeld en staatsubsidies skakel, en waarom hierdie onderwerp gereeld in die nuus verskyn.

90% van Madagaskar se plante en diere is endemies

Wanneer ’n kolonie roosluise oorvol word, of die plant swak word, ontwikkel sommige roosluise vlerke, en vlieg na nuwe plante om ’n nuwe kolonie te begin.

Het jy geweet dat ongeveer 90% van Madagaskar se plante en diere endemies is? Dit beteken hulle kom nêrens anders op aarde voor nie. Dis omdat die eiland al sowat 88 miljoen jaar geïsoleer is van ander kontinente.
Lees meer oor en kyk na foto’s van dié endemiese diere: https://www.worldatlas.com/articles/what-unique-animals-live-in-madagascar.html

As jy oorsee wil studeer of werk…

Ons kyk ons na internasionale studie- en werksgeleenthede vir jongmense, wat hulle horisonne wil verbreed.

Trudi van Wyk, Hoofdirekteur van Onderwys in die Nasionale Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, gee raad.

Die heupprosedure wat ‘n vervanging kan uitstel

Het jy geweet ‘n sleutelgat prosedure op jou heupgewrig kan ‘n heupvervanging uitstel of selfs voorkom?

Dié atroskopiese prosedure is veral geskik vir jonger mense wat oppad is na ‘n heupvervanging, en is soortgelyk aan ‘n skouer- of knie atroskopie.

Die rehabilitasie na die prosedure moet baie getrou gevolg word.

Marí Hudson gesels met dr Hennie Bosch, ortopeed van Durbanville.  

https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-25-maart-2026

HET JY GEWEET?
Dit is moontlik dat ‘n atroskopie op die heupgewrig – dus sleutelgat chirurgie – ‘n heupvervanginhg kan uitstel of selfs kan voorkom.

JY MOET NA MY / HIERDIE PROGRAM LUISTER WANT…Jy is dalk een van die kandidate vir wie hierdie sleutelgat prosedure kan help.

Meer inligting: https://www.hipdoc.co.za/femoro-acetabular-impingement-fai/
https://www.hipdoc.co.za/hip-resurfacing-arthroplasty/

As die potjie te vlak of te diep is

So lyk dit binne-in die heupgewrig en werk die chirurg met die instrumente. Hy kan die labrum heg, die binnekant van die bakkie van die potjie glad maak en ook die kop van die femur glad maak.
Die rehabilitasie

Lank gelede was Sri Lanka verbind aan Indië

Het jy geweet dat die eiland Sri-Lanka in ‘n stadium verbind was aan Indië, en jy kon voetslaan tussen die twee lande. Johan Rademan het Janine de Waal in Sri Lanka raakgeloop.

TB kan jou longe, brein, kliere, rugwerwels en ander organe aantas

As jy gedink het tuberkulose (tering of TB) tas net ‘n mens se longe aan, is jy verkeerd. Dit kan jou longe, brein, kliere en rugwerwels en ander organe aantas. Kan dit jou ook doof maak, soos wat met Rafiek in Suidooster gebeur het? Marí Hudson praat hieroor met prof. Jantjie Taljaard van die Fakulteit Geneeskunde aan die Universiteit Stellenbosch.

TB, die organe wat dit kan aantas en die simptome
TB kan al die organe aantas
So lyk die TB mikobakteroie
Die gelerige fibrotiese kol is die TB
Die letsels van TB

Tuberkulose by kinders

Tuberkulose by kinders is anders as by grootmense: dit kan skielik en hard toeslaan, en die kind vinnig baie siek maak. As dit na die brein gaan, kan dit breinskade of dood veroorsaak. Dis moeiliker om te diagnoseer. Enige kind met ‘n ouer of oppasser met gediagnoseerde of ongediagnoseerde TB is in gevaar. Marí Hudson praat met een van Suid-Afrika se voorste tuberkulose-kinderspesialiste oor die simptome en diagnosering van TB in kinders.

Tuberkulose in kinders is ‘n ander storie as tuberkulose in grootmense. Interessant genoeg is die bakterie-lading in die kind laer, wat hom steeds baie gou baie siek maak omdat sy immuunstelsel nog nie goed ontwikkel is, maar die feit gee dokters die kans om die siekte meer effektief te behandel as in grootmense, mits die behandeling vroeg begin en volgehou word. Marí Hudson gesels met een van die land se voorste TB-spesialiste oor die behandeling van TB in kinders