Luister weer: Jong Skrywer wendrama “Bloed van my”

Die prys vir Jong Skrywer (jonger as 30 jaar) van die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV is JJ Roberts met Bloed van my, wat op Donderdag 30 April uitsaai.

Broederlike liefde bots met ‘n noodlottige verlies en Simeon en Meyer moet hulle pad deur dié uitdaging vind. Dis ‘n storie met ‘n diep persoonlike oortuiging. Die skrywer het deur ‘n soortgelyke ervaring gegaan.

Casper Lourens, Wiandré du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.

Luister na Bloed van my, deur JJ Roberts, Donderdagaand 30 April in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Die storie

 

Meyer is Simeon se ouer broer. 18 Maande tevore is hul ouers in ’n motorongeluk dood en Meyer moes sy studies staak en as Simeon se voog optree terwyl hy sy laaste twee jaar op skool voltooi.

 

Simeon worstel met ’n skuldgevoel omdat hy ná ’n partytjie gearresteer is en sy ouers hom by die polisiestasie moes gaan haal, maar onderweg daarheen het hulle verongeluk. Dit lei tot allerlei probleme tussen die twee broers, totdat hulle openlik oor hulle ouers se dood praat en hulle verhouding herstel word.

 

Oor die skrywer – JJ Roberts

 

Roberts is gebore en getoë in Upington. Hy voltooi ‘n graad in onderwys by die NWU Potchefstroom en verhuis na Pretoria in 2021. Daar voltooi hy ‘n kursus in drama en word ‘n voltydse vryskut kunstenaar in die vermaaklikheidsbedryf.

 

JJ Roberts

 

JJ was al te sien in verskeie musiekblyspele en te hore in radiodramas, vervolgverhale asook die vervaardiger en aanbieder van Kortom op RSG. As skrywer het ‘n paar teaterstukke en kortverhale al uit sy pen gevloei.

 

“Ietsie interessant van my is ek is tans besig om ‘n persoonlike argief op te bou van teaterstukke, veral Afrikaanse teaterstukke. Ek vind hulle is uniek en die moeite werd om te bewaar. Ek bou ook ‘n persoonlike argief op bestaande uit potgooie van beide Afrikaanse en Engelse radiodrama ’s. Dit is vir my ‘n besonderse interessante medium wat grensverskuiwend is met klank en die verbeeldingswêreld wat saam met dit kom,” vertel JJ.

 

Nota van die regisseur

Eddie de Jager het die drama opgeneem en het so getrou as moontlik die teks benader, veral met die gebruik van musiek en byklanke wat die leefwêreld en emosies van die storie vasvat.

 

“Die drama volg ‘n duidelik struktuur wat die reis van elke karakter tot ‘n gevolgtrekking bring wat die luisteraar in staat sal stel om self afleidings te maak. Die universele temas soos verlies, volwassenheid en liefde laat jou met genoeg stof tot nadenke verweef in ‘n vermaaklike en opvoedkundige storie om dit ‘n wenteks te maak.”

 

Die spelers

Casper Lourens, Wiandré du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Schoeman is die spelers onder spelleiding van Eddie de Jager.

 

 

 

 

 

 

Lewende organismes só aangepas om diep in oseane te lewe

Daar is lewende organismes diep in die oseaan, wat onder sulke ekstreme druk leef dat hulle selle fisies anders gebou is. Ons hoor hoe lewe kan aanpas by toestande waar ’n mens binne sekondes sou sterf, en wat dit vir ons begrip van lewe self beteken.

Lig kan miljarde jare lank deur die ruimte reis sonder om “moeg” te raak, omdat dit nie energie verloor soos gewone bewegende voorwerpe nie. Wat sê dit vir ons oor die aard van die heelal.

Lees meer oor die diepste dele van die oseane: https://www.nautilusshipping.com/news-and-insights/deepest-parts-of-the-ocean

SA landboutegnici op voorpunt van alkoholvrye wyn

Ons vind meer uit van die navorsing wat tot dusver gedoen is alkoholvrye wyn. Soos die internasionale vraag daarna verhoog, is Suid-Afrikaanse landboutegnici op die voorpunt van nuwe produkontwikkeling.

‘n Kunsmatige intelligense-toepassing is ook onlangs bekendgestel om reuk- en smaakbeskrywings soos ‘perske’ of ‘vanielje’ netjies te koppel aan natuurlike plaaslike terme is ses van ons amptelike tale.

‘n Dosent in wingerd- en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch, dr. Jeanne Brand, verduidelik.

Is jou lewe ‘n blote herhaling van ou patrone?

Jy dink jy is net “besig”, maar jou brein is dalk oorlaai en afhanklik van konstante stimulasie. Skerms verander nie net hoe jy dink nie, dit verander waaraan jy gewoond raak. Het jy nog die vermoë om stil te wees, of het jou brein dit verloor?

Baie van jou keuses in liefde, werk en konflik is eintlik ou patrone uit jou kinderjare wat hulleself herhaal. Ons ontmasker die idee van “ek is net so”, en vra: Hoeveel van jou lewe is werklik ’n keuse, en hoeveel is ’n herhaling?

Omstrede BELA-wette 1e keer in hof getoets

Die omstrede BELA-wette is die eerste keer in die hof getoets in ‘n dringende aansoek in die hooggeregshof in Mahikeng, Noordwes. Die Noordwes Onderwysdepartement is deur die Swartruggens Gekombineerde Skool hof toe gevat oor ‘n hele aantal kinders wat sonder meer in die skool geplaas is. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van die skolebeheerliggaam-organisasie, Fedsas, dr. Jaco Deacon.

Suid-Afrikaners drink jaarliks 3,5 miljard koppies rooibostee

Suid-Afrikaners drink jaarliks 3,5 miljard koppies rooibostee.

Dié inheemse tee het onlangs ‘n verskyning gemaak in ‘n bekende reeks op Apple TV+.

‘n Geleentheid vir vroue in die landbou-waardeketting vind eersdaags in die Suid-Kaap plaas. Die Sy Wat Bly-samekoms word georganiseer deur twee vroue landbou-entrepreneurs.

Al meer tieners dobbel, ook deur “onskuldige’ speletjies

Alhoewel dobbel onwettig vir minderjariges is, sien ons dat al hoe meer tieners daarmee in aanraking kom, selfs met die speel van speletjies wat onskuldig lyk. Hoe begin dit, en wanneer raak dit ’n probleem? Om ons te help om hierdie komplekse onderwerp beter te verstaan, gesels Hazel Janse van Rensburg met sielkundige Nadia Liebenberg.

Luister weer na die wendrama, “Kalahari sterre”

Die drama, Kalahari sterre, deur Adam Willemse, is as die algehele wenner aangewys in die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

Dit bied baie stof tot nadenke. Dit is ‘n aangrypende drama vol humor en patos, met herkenbare karakters wat baie deernis wek.

Luister Donderdagaand 23 April na die wendrama in Radioteater om 8 uur op RSG of rsg.co.za en beskikbaar as potgooi en op Spotify na afloop van die uitsending.

Die talentvolle rolverdeling sluit in spelers soos Dean Balie en Andre Samuels, Wessel Pretorius, Eben Genis, Susanne Beyers en Royston Stoffels.

Joanie Combrink het die regie behartig.

Adam Willemse het vir die eerste keer ingeskryf vir die Radiodramaskryfkompetisie en as algehele wenner uit die stryd getree in 2025. Hy is ‘n voltydse psigometris en ‘n deeltydse opvoeder in sielkunde.

Die storie

Kalahari sterre is ‘n aangrypende drama vol humor en patos, met herkenbare karakters wat baie deernis wek.

Drie vriende en hulle jong bestuurder vertrek op ‘n reis na die dorpie Askam. Dit blyk nie net ‘n gewone reis te wees nie, maar ook ‘n ontdekkingsreis, ‘n reis na self, na identiteit en aanvaarding.

Askam

Boeta, Benji, Lulu en Paul bied ʼn vertoning aan wat dit waag om die ander sy van menswees uit te beeld vir ʼn konserwatiewe, landelike gehoor. Ten spyte van veral Boeta en Paul se kommer, is die vertoning ʼn reuse sukses en is daar ook sprake van vergifnis en herstel van ʼn onseker verhouding tussen Boeta en sy weerbarstige pa, Ruben.

Van links na regs agter: Eben Genis, Dean Balie en André Samuels. Middel vlnr: Joanie Combrink, Susanne Beyers en Royston Stoffels. Voor: Wessel Pretorius

Oor die skrywer – Adam Willemse

Adam Willemse is ‘n skrywer, oud hoërskoolonderwyser, ‘n voltydse psigometris en ‘n deeltydse opvoeder in sielkunde. Voorheen van Pretoria, is hy al amper ‘n dekade lank woonagtig in Vishoek, Kaapstad.

Adam Willemse

Sy eerste skryfwerk is as tiener gepubliseer. Daar is ook van sy skryfwerk te vinde in die Litnet argiewe. Hy hou daarvan om stories te vertel, en skryf minder as wat hy graag sou wou.

Wanneer hy nie skryf nie, waag hy sy hand aan beeldende kuns of versorg hy sy groeiende versameling orgideë. Saans kan jy hom vind op sy rusbank met ‘n Skandi-noir reeks op die TV besig om te hekel en ‘n worshond of twee teenaan hom opgekrul.

Sterre in die Kalahari naghemel

Nuwe immigrasiewitskrif bring dramatiese veranderings

Nuwe immigrasiewitskrif sal toekenning van visums, werkpermitte en vlugtelingstatusse dramaties verander.

Dr Leon Schreiber, minister van binnelandse sake, gesels oor die nuwe immigrasiewitskrif en die implimentering daarvan.