½ kg salami, opgekap
½ kg beesmaalvleis
1 koppie opgekapte ui
4 knoffeltoontjies, opgekap
4 koppies geblikte fyn tamatie
2 koppies tamatiepuree
2 koppies tamatiesous
1 koppie water
2 eetlepels suiker
1 koppie gekapte vars basiliekruid
2 koppies gekapte vars pietersielie
1 teelepel vinkelsaad
1 teelepel neutmuskaat
sout en peper na smaak
16 velle lasagna
3 koppies ricottakaas
3 koppies mozzarellakaas
1 koppie gerasperde parmesaankaas
¼ koppie olyfolie
Verhit die oond tot 190 grade Celsius.
Verhit olyfolie in ‘n diep ysterkastrol, en braai die maalvleis, salami, knoffel en uie saam.
Voeg die tamaties, tamatiepuree, tamatiesous, pietersielie, basiliekruid, neutmuskaat, vinkelsaad, water, sout en peper by.
Prut en roer tot goed gemeng.
Bring 1 liter water tot kookpunt en voeg die pastavelle by.
Kook vir 8 tot 10 minute, en dreineer.
Rasper die verskillende kase en meng dit goed.
Pak lae van die vleis, lasagnavelle en kaas in ‘n diep oondbak. Eindig met die kaas bo.
Bedek met foelie en bak vir 25 minute.
Haal die foelie af, en bak vir 20 minute.
Bedien met vars slaai.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za