1 pakkie vars aarbeie (ongeveer 12 tot 14)
1 x 150 g staaf donkersjokolade
1 x 150 g staaf wit sjokolade
2 Oreokoekies
3 eetlepels mascarponekaas
4 x Peppadews
2 eetlepels klapper
2 eetlepels botter
1 koppie roosblare
Spoel die aarbeie af en plaas dit op ys.
Sny 4 van die grootste aarbeie gelyk aan die stingel se kant, sodat dit regop kan staan. Sny die bo-punte oop (4 punte).
Vul die aarbeie met mascarponekaas.
Smelt die donker- en wit sjokolade apart oor ‘n bak kookwater.
Braai die klapper in botter tot ligbruin.
Krummel die oreokoekies fyn.
Drup die donker sjokolade oor 4 aarbeie, en rol dit in klapper.
Drup die wit sjokolade oor 4 aarbeie, en rol dit in die Oreokrummels.
Vul die 4 Peppadew met orige oreokrummels, en doop dit in die donker- en wit sjokolade.
Sprinkel die roosblare op ‘n groot bord, en rangskik die aarbeie en Peppadews daarop.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za