Wenke vir in en om die huis en kombuis
Om water te spaar:
– Vee vuil mengbakke met ‘n nat lap uit in plaas daarvan om die hele bak vol water te tap. Een mengbak vol water kan tussen 2 tot 5 liter water mors!
– Wanneer jy verf, plaas die verfpan in ‘n plastiekwinkelsak en gooi die verf op die plastiek uit i.p.v. op die pan se oppervlak. Na die tyd hoef jy dan nie die pan te was nie, jy haal net die sak waarop jy die verf gegooi het af en goooi dit weg – nou hoef jy nie water te mors om die pan skoon te kry nie.