1 kg bruismeel
2 teelepels bakpoeier
sout
3 koppies All Bran Flakes (voor dit fyngedruk word)
1 koppie fyn klapper
1 koppie sonneblomsaad
500 g margarien
1½ koppies strooisuiker
3 eiers
15 ml vanieljegeursel
350 ml karringmelk
Sif die bruismeel, bakpoeier en sout saam.
Maak All Bran Flakes fyn.
Meng die klapper, sonneblomsaad, All Bran en meelmengsel saam.
Verroom die margarien en strooisuiker.
Voeg die vanieljegeursel by.
Voeg die eiers een-vir-een by, en meng goed.
Meng dit met die droeë bestanddele, om die beurt met die karringmelk.
Die beslag moet baie droog wees (minder karringmelk mag dalk nodig wees).
Bak vir 45 minute teen 180⁰ Celsius.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za