12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Nou op die lug: 13:00 - 14:45

driesestig

Met Martelize Brink

Martelize Brink

Volgende: 14:45 - 15:00

Middagvervolgverhaal

15:00 - 15:05

Nuus

Tuis | Aanbieders | Renske Jacobs
Renske Jacobs small web

Renske Jacobs

Renske se weird en wacky wêreld
Toe Renske die dag haar eerste grens gee, sê die dokter: “Nee magtag man, sit haar bietjie sagter…..” Dis toe dat die suster Renske se voet in haar mond in druk en hoe sy vandag dan nou sit met die voorletters…RSG…Renske Sonder Grense…ag komaan — jy wil tog nie regtig weet waarvoor dit staan nie?! Die feit dat sy in ‘n baie ekspressiewe huis grootgeword het (die bure was nooit bored nie), het ook nie veel gehelp nie. Toe gee sy haar maar oor aan die drama…en was dit nie ‘n jol nie!! Drama by die huis, drama by die skool (Pro Arte), drama na skool (Technikon Pretoria)… Daarna duik sy kop eerste in die landbou in en swem daar rond vir die volgende vyf en half jaar. Sy verpak en bied Landbouradio aan en skryf stories oor skape en beeste en mielies en goed vir die Nasionale Departement van Landbou se maandblad. Sy vat ‘n break en gaan hou haar lyf vreeslose, ondersoekende joernalis in KykNet se SPITS…gripping stuff…tot die landbou haar weer lok…AgriTV hierdie keer. Daar doen sy navorsingswerk en gesels elke Saterdagmore met die boere op die kassie vir die volgende tien maande. En toe haal sy haar voet uit haar mond uit en sit hom neer: genoeg (landbou) is genoeg (landbou)…vir eers. Haar volgende heenkome is heel obvious: RSG…dis nou die stasie nie haarself nie. En dis veral die “Sonder Grense” -deel wat vir haar die bekoring inhou, want, man, is dit nie lekker om die vryheid te hê om oor alles en nog wat te kan klets met die afrikaanse volk nie. Dan is sy ook teksskrywer sowel as die stem vir ‘n cartoon wurm op ‘n kindershow, FUDGE. Andersins speel sy met vuur…letterlik…of sy eet dit… Dit doen sy professioneel al vir die afgelope vier jaar, die vuurdansery.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: