1 eetlepel mosterd (Hot English of Dijon)
1 eetlepel heuning
2 eetlepels olyfolie
200 to 250 g fillet per persoon
10 – 12 vars tiemietakkies of roosmaryn, genoeg om die fillet te bedek.
Maak 'n pasta van die mosterd, heuning en olyfolie.
Vryf die fillet goed daarmee in, en pak die kruietakkies op en om die vleis.
Laat dit so marineer vir so lank as wat jy kan, minstens 1 uur.
Die vuur moet baie warm wees – daar moet nog vlamme wees.
Plaas die fillet op die vuur, of in 'n swaar gietysterpan.
As jy 'n pan gebruik, smelt ongeveer 125 g botter daarin, en wag tot die botter bruin is voor jy die vleis insit.
Seël die vleis aan elke kant vir 7 tot 9 minute.
Verwyder die vleis van die hitte, en sny dit in die middel om te sien hoe gaar die vleis is – as jy dink dit is nog nie gaar genoeg nie, braai dit weer vir 4 tot 6 minute aan elke kant.
Laat dit vir 10 tot 15 minute rus.
Sny die fillet in individuele porsies. Indien iemand dit gaarder verkies, plaas dit terug op die vuur.
Wenk
Die vleis moet kamertemperatuur wees voordat jy dit marineer.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za