3 – 4 koppies mos (druiwesap wat gis) teen kamertempratuur, koop by kelder in parstyd of maak jou eie
2½ kg koekmeel
250 g botter of margarien (ek gebruik botter want dit gee 'n lekkerder geur)
2 koppies suiker
1½ teelepel sout
1½ teelepel anyssaad, of ½ koppie rosyne geweek in warm water (opsioneel)
3 eiers, geklits
lou melk of water
botter om panne te smeer (ek smeer nog my panne met botter vir brood.Vir koek gebruik ek net kleefwerende sproei)
Glaseersel
1 eier
bietjie melk
1 teelepel suiker
knippie sout
Voeg genoeg meel by die mos om ‘n slap deeg te vorm.
Klop goed met ‘n vurk of draadklitser.
Plaas dit by ‘n warm plekkie op stoof of in die son om te rys.
Wanneer dit sponserig en vol borrels is (dit loop gewoonlik oor die emmertjie) is dit gereed om dadelik gebruik te word.
Terwyl die suurdeeg rys, 3 – 4 ure hang af hoe warm dit is, plaas die meel, suiker, sout en anyssaad in 'n groot kom, en vryf die botter met deeglik in met die vingerpunte.
Voeg die suurdeeg, eiers en melk of louwater by die meelmengsel en knie tot ‘n stywe deeg – hier lê die geheim: knie en nogmaals knie. Wees geduldig en gebruik jou krag, dit is goeie oefening! Die deeg moet egalig wees met geen lugblasies nie. Sny ‘n stukkie deeg met 'n skerp mes om te toets of deeg glad is. Maak dit warm toe en laat dit rys vir 2 – 3 ure of oornag tot dit verdubbel het.
Druk dit versigtig af en maak bolletjies.
Plaas die bolletjies teen mekaar in gesmeerde panne.
Laat dit weer rys op warm plek tot die panne gelyk vol is.
Meng die glaseersel se bestanddele, en smeer dit bo-oor.
Bak vir 1 uur teen 180 grade.
Laat dit afkoel en breek in lang repe.
Droog dit uit teen 80 grade tot die beskuit bruin word.
MAAK JOU EIE MOS OF KAMMA-MOS
Afhangend hoeveel jy wil bak, druk die druiwe met ‘n aartappeldrukker uit en laat dit staan met die droppe totdat dit gis. Dit neem gewoonlik 'n paar dae. Of, laat 4 koppies kookwater afkoel, en voeg 200 g gekneusde rosyne, ½ pakkie kitsdroëgis en 1 teelepel suiker by. Laat staan tot die rosyne bo-op dryf en borrels maak. Voeg dit deur 'n gaasdoek. Gooi rosyne weg, en gebruik die sap in die plek van mos.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za