07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

Nou op die lug: 09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Eloise Cupido

Volgende: 11:30 - 12:00

Werksoek

Met Eloise Cupido

12:00 - 13:00

Spektrum

Met Suzanne Paxton

Tuis | Foto's | Die Vis – Eric JG Fisher

Die Vis – Eric JG Fisher

Ingestuur deur: Fritz Klaaste

Gesien: 732

Soos gehoor in RSG Dokumentêr: Sy voetspore is in die beton van Suid-Afrikaanse Onderwys verhard oor ‘n tydperk van 41 jaar, waarvan 24 jaar as rektor van een van die gewildste onderwyskolleges in Suid-Afrika, Dower Onderwyskollege in West End, Port Elizabeth. Alumni gee onderrig dwarsoor Suid-Afrika, die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Midde-Ooste en Oos-Asië. Hulle het ook rektore van ander kolleges geword, soos Jakes Gerwel by die Universiteit van Wes-Kaapland. Dis Vis, soos hy bekend was, was ‘n besonder gedisiplineerde pedagoog wat respek ingeboesem by student, leerder, kollega en onderwysadministrasie. Ander bekendes wat met groot bewondering praat oor hom wat hulle lewe verander en in ‘n nuwe rigting gestuur het, is Springbokafrigter Allister Coetzee, die wêreldbekende kunskilder Selwyn Pekeur en Fritz Klaaste. Die onderwys het ‘n reus verloor op 19 Augustus 2020 toe Eric Fisher gesterf het, ‘n dag voor sy 94ste verjaardag.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: