Kors
1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyngemaak
1 eetlepel botter
Beslag
1 blikkie kondensmelk
4 eiergele
½ koppie suurlemoensap
Meringue
4 eierwitte
¼ teelepel kremetart
¼ koppie strooisuker
Kors
Smelt die botter, en meng dit met die fyngekapte koekies.
Druk dit vas op die bodem en aan die kante van ‘n tertbak.
Beslag
Verhit die oond tot 180 grade Celsius.
Meng die kondensmelk, eiergele en suurlemoensap saam – dit sal verdik terwyl jy dit roer.
Giet die mengsel bo-op die Tennisbeskuitjiekors.
Bak vir ongeveer 15 minute, afhangend van jou oond – die vulsel moet stol en die kors moet begin verkleur.
Meringue
Klits die eierwitte totdat dit begin verdik.
Voeg die kremetart en die strooisuiker bietjie-vir-bietjie by.
Hou aan klits totdat dit stywe punte vorm.
Sodra die tert gebak is, skep die meringue bo-op (smeer dit lekker rof, dit moenie te netjies lyk nie)
Plaas terug in die oond vir 5 – 7 minute totdat die punte ligbruin is.
Laat dit heeltemaal afkoel voordat jy dit bedien.
WENKE
– Strooi ‘n bietjie Maizena bo-oor die gebakte tert, voordat jy die meringue opsmeer – dit sal verhoed dat die meringue rondskuif of afgly.
– Meng ‘n blikkie grenadellamoes saam met die beslag se bestanddele vir ‘n pikante geurtjie.
* Verpligte velde
Aanbieders
E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
E-nuusbrief
Teken in op die RGS E-nuusbrief
Bel Ons
(011) 714 2702
Navrae
info@rsg.co.za