05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Nou op die lug: 06:00 - 07:00

Monitor

Met Udo Carelse

Udo Carelse

Volgende: 07:00 - 09:00

Op en Wakker

Met Renske Jacobs , Gustav Greyling

09:00 - 11:30

Intussen met Eloise

Met Eloise Cupido

Tuis | Aanbieders | Anna-Marie Jansen van Vuuren
Anna-Marie Jansen van Vuuren web

Ná die adrenalien-inspuiting van my eerste voorblad by Perdeby, Tuks se studentekoerant, het ek geweet ek wil ‘n joernalis word. Na vier jaar by dié koerant, waartydens ook twee jaar as nuusredakteur en redakteur, asook ‘n jaar by Tshwane Beeld, het my kop uitsaaiwese toe gestaan. In 2006 begin ek die eerste keer as ‘n vryskut joernalis by  RSG se aktualiteitsprogramme.

Dikwels het studies, vliegtuie en goeie stories saamgegaan. In 2007 het ek as deel van my meestersgraad as uitruilstudent na Hamburg in Duitsland gegaan. As deeltydse Monitor-korrespondent het ek probeer om met my mikrofoon die kleure, geure en identiteit van ‘n plek vas te vang – en daarna dit in ‘n storie te redigeer. Ek het gereis vanaf die Berlynse rolprentfees tot selfs by Sarajevo, Bosnië. En na tien maande in Europa is dié kontinent in my bloed.

Daarna is ek weereens n 2010 geseën met twee loopbaanhoogtepunte. Ek het eers die kans gekry om as buitelandse joernalis stories rondom die junior sokkerwêreldbeker in Egipte en die sokkerwêreldbeker in Suid-Afrika te doen. Nadat veiligheidswagte die media om elke hoek en draai in Kaïro gevolg het, was dit heel maklik om in Suid-Afrika stories oor vuvuzelas en nog wat te doen. Daarna het ek ‘n internskap in radiojoernalistiek in Düsseldorf, Duitsland, gedoen – maar nou moes ek al die nuus wat ek gewoonlik met gemak in Afrikaans doen, in Duits oorvertel.

Ek sukkel baie om op te hou studeer en het my MPhil in Joernalistiek met ‘n BTech-graad in Film en TV-produksie opgevolg. Die gevolg was die vollengte rolprent, Wolf Wolf. Sedertdien geniet ek dit ewe veel om feitelike en fiksie draaiboeke te skryf – en behoort ek aan die Skrywersgilde van Suid-Afrika (WGSA). In 2016 behaal ek na baie swoeg en sweet my Doktorsgraad in Kreatiewe Skryfwerk en Film Studies, met ʼn spesialisering in Draaiboekskryf, by die Universiteit van Pretoria.

Sedert 2011 werk ek weer as deeltydse verslaggewer by RSG se Nuusaktualiteit en gee deeltyds klas in draaiboekskryf by Wits, TUT en Tukkies. Tussendeur verdien ek my brood en botter as ʼn navorsingsgenoot in Suid-Afrikaanse rolprentwese by die Departement van Joernalistiek, Film en Televisie by die Universiteit van Johannesburg.

Nes my gunsteling Franse hoedjies, probeer ek my hoede as joernalis, draaiboekskrywer en navorser met ewe gemak dra. En as ek nie kuier, fliek of lees nie hou ek my lyf swaardvegter en skerm vir die Gautengspan.

 

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: