Jaco is RSG se oudiovisuele beeldregisseur. Hy is van kleins af al versot op radio, en het in 2011 radioproduksie studeer. Hy het ‘n diploma in klankingenieurswese cum laude geslaag. Jaco het sy loopbaan agter die skerms by TV begin, en toe ‘n geleentheid gekry om by sy gunsteling radiostasie aan te sluit. In sy vrye tyd hou hy daarvan om na oudioboeke te luister en om saam met sy vrou nuwe paaie en plekke op sy motorfiets te ontdek.