23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Aanbieders | Leon van Nierop
Leon van Nierop small web

Leon van Nierop is al 48 jaar in die vermaaklikheidsbedryf as omroeper, vanaf 1975 by RSG. Verder is hy ‘n vervaardiger, lektor, openbare spreker, regisseur, skrywer in al die media, TV-aanbieder en rolprentresensent.

Vier van sy boeke, Druk Speel, Seeing Sense: On Film Analysis, Movies Made Easy en Daar Doer in die Fliek is voorgeskryf. Laasgenoemde is vir ‘n kykNet-Rapport Boekeprys benoem, en hy het ‘n spesiale erepenning in 2018 van die Akademie vir Wetenskap en Kuns gekry vir sy bydrae tot die die Suid-Afrikaanse rolprentbedryf.

Hy het as radioskrywer begin met treffers soos Wolwedans in die Skemer. Hy skryf verskeie TV-reekse waaronder twee reekse van Ballade vir ‘n Enkeling, asook Wolwedans in die Skemer.

Hy het 36 romans geskryf waaronder een wat in Engels deur Penguin-Uitgewers  vertaal is naamlik Katelknaap/Toyboy. Plesierengel word in 2022 en 2023 as eenman-verhoogproduksie aangebied wat hy geskryf het.

Hy is veral bekend vir sy rolprentresensies op Monitor, ‘n rubriek wat hy vir 44 jaar aangebied het, en wat nou na RSG se Op en Wakker verskuif het.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: