23:10 - 23:59

Laataandkuier

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Saterdag)

Volgende: 05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

06:00 - 10:00

Brêkfis met Derrich

Met Derrich Gardner

Tuis | Aanbieders | Sue Pyler
Sue Pyler

Ek is gebore op Vrydag die 13de… is dit nodig om nog iets verder te sê?

Ek het drama studeer aan die Universiteit van Stellenbosch – dit wil sê my lewe is vanselfsprekend een groot drama!

Ek is passievol oor kommunikasie, daarom die vinnige hartkloppings vir die radio. Verlief op die teater, daarom die skitter in my oë. Tog is dans my eerste liefde, daarom loop ek tien oor tien.

Ek het grootgeword met die radio wat altyd in die agtergrond gespeel het. As kind is ek baie stil gemaak omdat ek te veel gepraat het, maar ek het die medium gevind waar my stem deur almal gehoor kan word. Ek hou van toneelspel en tekere gaan agter die mikrofoon.

“O, en die foto… dis nie ek op die foto nie, dis my broer se ma se man se oudste kind!”

Program: Kapityt!

Wil jy dans? Kom kwêla, vastrap, sokkie, two-step, skoffel én langarm saam met RSG. Ons kapityt op die maat van die beste dansmusiek. Daar's iets vir almal - en dis boonop perfek vir 'n Saterdagaand!

POTGOOI (gewildste)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: