23:00 - 23:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Tjil

Met Anthea Fredericks

Anthea Fredericks

Volgende: -

-

Tuis | Foto's | Wat se vreemde eiertjies is dit?

Wat se vreemde eiertjies is dit?

Ingestuur deur: Lise Swart

Gesien: 950

Dr. Cecil Churms (Johannesburg) skryf: “Ek het ‘n paar dae gelede hande staan en was by die wasbak toe ek ‘n groepie baie klein voorwerpe aan die venster vasgeheg sien.  My eerste gedagte was dat hulle skoenlappereiers is, wat ‘n mens gereeld in ‘n bondel op ‘n tak of iets sien.  Maar hierdie ronde goetertjies kom voor op die punt van die fynste draaitjie, wat loodreg op die vertikale venster vasgeheg is.  Daar is net een kol van hulle op die venster, asof ‘n insek of iets hulle daar gelê het, maar hoe word die fyne, ewe-lank stingeltjies so netjies gevorm?  Ek het toe die selfoon gegryp, en met Amanda wat ‘n bietjie swart papier vashou, om die weerkaatsings af te weer, ‘n foto geneem (die gepaardgaande vuurhoutjie in die foto, wat op die glasoppervlakte vasgeheg is,  sal ‘n begrip van grootte vergemaklik).” Entomoloog, prof. Henk Geertesema, het sy vraag beantwoord in Sondag 17 April 2022 se Hoe verklaar jy dit?

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: