23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Alle Potgooi

Donderdag 2 Desember 2021

Spektrum 2 Desember 2021

Kenners meen die vierde vlaag Covid swiep reeds deur Gauteng - ons vind uit of die syfers dit staaf. Mense verloor al hulle werk omdat hulle nie wil inent nie. Nuwe navorsing wys huishoudings kan hulle skuld beter diens as in die verlede. Pas op wat jy kwytraak op sosiale media. Koekies vir koeëls - ons vra waarom die Weermag 'n rits bakkerye oopmaak.

Donderdag 2 Desember 2021

Groeipyne 2 Desember 2021

Johan van Lill praat met Lizette Labuschagne, 'n forensiese maatskaplike werker, en Minke Saayman'n kliniese maatskaplike werker, oor wat geweld teenoor kinders behels? Geweld kan soveel vorme aanneem. Wat moet ek as volwassene doen wanneer dit voorkom?

Donderdag 2 Desember 2021

Praat saam 2 Desember 2021

Suid-Afrika het van die mees progressiewe menseregtewetgewing en beleid wat Alle genders beskerm, hoe jy ook al identifiseer. Dit lyk mooi op papier, maar toepassing in praktyk ontbreek. Die jongste misdaadstatistiek wys Suid-Afrika is een van die gevaarlikste lande vir vroue. Die jaarlikse 16 dae veldtog van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders het onlangs begin, en baie vroue het hulle misnoë oor die veldtog uitgespreek. Wat beteken ‘n 16 dae veldtog op grondvlak vir vroue en kinders, of moet daar ‘n herbesinning van prioriteite kom?

Donderdag 2 Desember 2021

Monitor 2 Desember 2021 – Deel 2

Die jongste verwikkelinge oor Brittanje se reisbeperkings op Suider-Afrika. Alle vroue-tennistoernooie in Sjina word opgeskort. 'n Bekende akteur glo dat betrokke pa's, geweld teen vroue en kinders kan stuit. Die Noordwes Kamer van Handel en Nywerheid sê die belastingstelsel moet hersien word in die lig van die aansienlike skerp stygings in die brandstofprys. Shell sê indien hy die saak verloor oor sy seismiese opname aan die Wildekus, sal dit 'n reuse geldelike verlies wees en sal hy die projek moontlik heeltemal moet staak.

Donderdag 2 Desember 2021

Monitor 2 Desember 2021 – Deel 1

Kommer oor die groot aantal MIV-positiewe mense wat nie behandel word nie. Nuwe Covid-19-gevalle in Suid-Afrika verdubbel. Kwetsende boodskappe op sosiale media kan jou nou in die tronk laat beland. 'n Ma praat oor haar dogter wat al meer as een keer probeer het om haarself om die lewe te bring.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: