13:05 - 14:00

Top Treffers

Met Carla Mackenzie

Nou op die lug: 14:00 - 15:00

Vastrap

Met Willem Viljoen

Willem Viljoen

Volgende: 15:00 - 16:00

Goue oues

Met Eloise Cupido

16:00 - 19:00

RSG Sport

Met Johan Rademan

Tuis | Potgooi | Potgooi Episode

Soek nog potgooi

Alle Potgooi

Maandag 6 Desember 2021

RSG Landbou 6 Desember 2021

Beskikbare en betroubare energie is een van landbou se vele uitdagings. Ons praat met Berrie de Jager van Standard Bank oor die finansiering van alternatiewe energie, en hoe ‘n produsent hierdie besluit moet benader. Dr. Piet Nell van die Landbounavorsingsraad praat oor die voor- en nadele van soutgrond. Hy was een van die sprekers by ‘n webinaar wat deur die LNR vir Wêreld Gronddag aangebied is.

Sondag 5 Desember 2021

Sterre en planete 5 Desember 2021

Die teenwoordigheid van asteroïedes in ons hemelruim laat mense dikwels wonder en selfs kommer uitspreek.  Wat gebeur wanneer ‘n groot asteroïede die aarde tref? Jim Adams praat oor ‘n projek wat pas van stapel laat loop is om ‘n bepaalde asteroïede te deflekteer. Dis ‘n eksperiment om vas te stel of so ‘n hemelliggaam wel effe van koers af gestoot kan word. Daar is ook inligting oor die Parker-satelliet wat navorsing by die son doen, en wat twee rekords opgestel het.

Sondag 5 Desember 2021

Geloof wat grondvat 5 Desember 2021

Dit is iets wat deesdae al hoe meer aan die orde kom: surrogaatskap, waar ‘n vrou swanger is met ‘n ander vrou en dié se man se kind. In baie gevalle word dit afgemaak as ‘n geldmaakbesigheid, maar in ander gevalle is daar egpare wat maar te dankbaar is dat hulle deur surrogaatskap tog wel ‘n kind van hul eie mag hê. Die vraag is egter: hoe reg of verkeerd is surrogaatskap?

Sondag 5 Desember 2021

Leefwêreld van die gestremde 5 Desember 2021

Fanie du Toit hoor van die jongste navorsing en hulp vir Alzheimers en demensie. En Jacqui January hoor van eenvoudige idees en raad ter versorsing van jou oë.

Sondag 5 Desember 2021

Rand en sent 5 Desember 2021

Athina Jansen praat met die eienaar van The Locker SA, Junay Lange, oor hoe sy haar besigheid begin het en finansies bestuur. Sy deel ook wenke hoe jy kan begroot en spaar.

POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: