18:00 - 18:10

Nuus & Weer

Nou op die lug: 18:10 - 19:00

RSG Geldsake met Moneyweb

Met Ryk van Niekerk

Ryk van Niekerk

Volgende: 19:00 - 19:05

Nuus

19:05 - 19:15

Aandboekvoorlesing

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Kompas 28 November 2023

28 November 2023

Janine Opperman en Dean John Smith gesels oor die splinternuwe Proscenium Drama kompetisie vir skoliere. Janine praat oor wat die kompetisie als behels en Dean vertel wat dit vir hom beteken het om ‘n soortgelyke kompetisie op skool te wen.


Kompas 27 November 2023

27 November 2023

Caitlin Rooskrantz was in 2020 die eerste gimnas van kleur, wat Suid-Afrika verteenwoordig het by die Olimpiese Spele. Sy het vanjaar weer gekwalifiseer vir volgende jaar se Olimpiese Spele. Caitlin vertel wat dit vir haar beteken het om hierdie besonderse prestasie te behaal, en wat sy dink van iemand ‘n uitstekende atleet maak.


Kompas 24 November 2023

24 November 2023

Wat gaan anders wees met aanstaande jaar se nasionale verkiesing? Henrico Frederikse en Lezandre Louw van die Onafhanklike Verkiesingskommisie praat oor die veranderinge en die wysingswet.


Kompas 23 November 2023

23 November 2023

Mart-Leen Oosthuizen gesels met die elfjarige Zhara du Toit oor haar kankerbehandeling, en die lammetjieprojek wat sy tydens haar tyd in die hospitaal begin het.


Kompas 22 November 2023

22 November 2023

Wilna Coetzer, ‘n Vakhoof vir Ontwerp by Hoërskool Stellenberg in die Kaap, praat oor die inhoud van die eindeksamen.


Kompas 21 November 2023

21 November 2023

Maritza Theron, vakadviseur vir Verbruikerstudies in die Overberg-distrik, deel wenke met matrikulante om hulle te help met die voorbereiding van die eindeksamen.


Kompas 20 November 2023

20 November 2023

‘n Jong man van ‘n klein dorpie het sy wildste drome oortref, en gaan Suid-Afrika verteenwoordig by die 2024 Olimpiese Spele in Frankryk. Hy vertel vir Chloè van Rooyen hoe hy sy talente ontdek.


Kompas 17 November 2023

17 November 2023

Weet jy waar om te registreer as kieser? Willem Arnoldus en Lezandre Louw van die Onafhanklike Verkiesingskommissie stuur jou in die regte rigting.


Kompas 16 November 2023

16 November 2023

Uitbranding is ‘n toestand van emosionele, fisiese en geestelike uitputting, wat veroorsaak word deur oormatige en langdurige stres. Dit vind plaas wanneer jy oorweldig voel, emosioneel uitgeput voel en nie aan konstante eise kan voldoen nie. Riaan Steenkamp vertel hoe om dit te voorkom.


Kompas 15 November 2023

15 November 2023

Johan Moolman, ‘n Landbouwetenskap-onderwyser en Landboutegnologie-departementshoof by die Hoër Landbouskool Boland, praat oor die inhoud van die twee eindeksamen-vraestelle.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: