19:00 - 19:05

Nuus

Nou op die lug: 19:05 - 19:15

Kiskenades

Volgende: 19:15 - 19:20

Aandgedagte

19:20 - 20:00

Hartsnommertjies

Met Haidee Muller-Isaacs

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Ons en die onderwys 12 Mei 2024

12 Mei 2024

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer van die Eenheid vir Selfgerigte Leer by die Departement Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit oor ’n interessante kunskompetisie vir leerders en studente met sterrekunde as tema.


Ons en die onderwys 5 Mei 2024

5 Mei 2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak van huishoudelike geweld op leerders. Wat kan onderwysers doen om hierdie leerders te ondersteun?


Ons en die onderwys 28 April 2024

28 April 2024

Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe oor die grondwet en opvoedkunde: Wat is ons grondwetlike regte op verskillende vlakke van opvoedkunde en onderwys?


Ons en die onderwys 21 April 2024

21 April 2024

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor oksitosien en sosiale leer. Hierdie hormoon versterk nie net ons emosionele bande nie, maar speel ook ‘n kritiese rol in sosiale leerprosesse. Oksitosien kan ook positiewe sosiale gedrag in die klaskamer bevorder.


Ons en die onderwys 14 April 2024

14 April 2024

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, ‘n onderwyskundige, oor die oorgang tussen Graad 7 en 8, en hoe ouers, leerders en onderwysers die oorgang op die beste moontlike manier kan hanteer.


Ons en die onderwys 7 April 2024

7 April 2024

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor onderwyssake waarvan ons moet kennis neem, soos die nuutverkose beheerliggame, sport- en kultuuraktiwiteite in die tweede kwartaal, en die Bela-wetgewing.


Ons en die onderwys 31 Maart 2024

31 Maart 2024

Johan van Lill praat prof Ignatius Gous oor meertaligheid en moedertaalonderwys. Hoe moet ons hieroor dink binne die konteks van Suid-Afrika?


Ons en die onderwys 24 Maart 2024

24 Maart 2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor die geestesgesonheidsprobleme wat in skole voorkom, en hoe onderwysers dit kan hanteer. Hoe ondersteun ek die algemene welstand van my leerders?


Ons en die onderwys 17 Maart 2024

17 Maart 2024

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, die bestuurshoof van FEDSAS, oor die opleidingsgeleenthede wat beskikbaar is vir die nuutverkose skoolbeheerliggaamslede. Vanjaar is baie van hierdie geleenthede aanlyn beskikbaar, wat dit makliker maak vir lede om hulle opleiding te ontvang.


Ons en die onderwys 10 Maart 2024

10 Maart 2024

Johan van Lill praat met prof. Dap Louw, ‘n kliniese sielkundige met doktorsgrade in sowel sielkunde as kriminologie, oor die belangrikheid van opleiding vir onderwysers in kindersielkunde.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: