11:30 - 12:00

Rand en sent

Met Jody Hendricks

Nou op die lug: 12:00 - 13:00

Nic se goed

Met Nic de Jager

Nic de Jager

Volgende: 13:00 - 13:05

Nuus

13:05 - 14:00

Dis gospel

Met Jacqui January

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Skrywers en boeke 13 Januarie 2021

13 Januarie 2021

Ina Strydom deel haar indrukke van Francois Smith se roman, DIE KLEINSTE RAMP DENKBAAR. Suzette Kotze-Myburgh gesels oor die US Woordfeesbundel 2020, en haar werk as mentor in die Jakes Gerwel-stigting se mentorskapprogram. Sy gesels spesifiek oor Engela Ovies se DRAAIRIVIER en Bronwyn Davids se LANDSDOWNE DEAREST.  Ilse Salzwedel vertel hoekom kinders DIE VINNIGSTE SKOENE IN DIE HELE WÊRELD deur Cecilia Steyn sal geniet. Johan Myburg bring hulde aan die Amerikaanse digter, Jean Valentine, en gesels oor die wenners van die Costa-pryse. Luister na ‘n kort voorlesing uit THE MERMAID OF BLACK CONCH, wat met die Costa-romanprys bekroon is.


Skrywers en Boeke 4 Maart 2020

4 Maart 2020

Ilse Salzwedel gesels met Elmari Rautenbach, koordineerder van die US Woordfees se Skrywersfees, oor vanjaar se program. Olivia Coetzee, skrywer van INNIE SHADOWS, vertel vir Ilse Salzwedel hoekom sy gekies het om haar debuutroman in Kaaps te skryf. Johan Myburg gesels in sy internasionale insetsel onder meer oor W.H. Auden, en jy kan ook ‘n stemopname hoor waarin Auden een van sy eie verse voorlees.


Skrywers en Boeke 24 Julie 2019

24 Julie 2019

Jeanne Goosen het onlangs haar 81e verjaarsdag gevier. Luister na ‘n onderhoud uit die argiewe waarin Jeanne met wyle Nic Swanepoel gesels oor haar skryfwerk. Kortverhaalskrywers kan meer uitvind van die skryfkompetisie waaruit die US Woordfeesbundelbydraes gekies word. In Johan Myburg se bydrae oor die internasionale letterkunde is daar onder andere ‘n voorlesing deur Alice Walker, skrywer van The Color Purple.


KATRINA, DIE DANSENDE TAAL deur Jacqui January en Coenie de Villiers

10 Januarie 2019

Hierdie klankweergawe van die gelyknamige ballet, vertel die verhaal van Ouma Katrina Esau, die laaste vlotspreker van die oeroue N/UU-taal. Sy vertel haar lewensverhaal in haar eie woorde, met musiek deur Coenie de Villiers. Die produksie is oorspronklik aangebied in samewerking met KunsteKaap as deel van die teater se Erfenisjaar-produksies in 2018. Die choreografie vir die produksie is gedoen deur Kirvan Fortuin. Die verhoogproduksie word ook in 2019 by die Woordfees in Stellenbosch aangebied.


DIANA FERRUS: VROU VAN DIE GROND deur Haidee Muller

1 Februarie 2018

Haidee Muller bring aan jou die verhaal van Diana Ferrus, digter en kortverhaalskrywer. In 1999 verwerf sy haar B.A. Honneurs-graad in vrouestudies, en skryf dan in vir ‘n meestersgraad oor “Swart Afrikaanse vroueskrywers – die vreugde en frustrasies van die skryfproses”. In 2003 is sy ‘n finalis vir die toekenning van Suid-Afrika se Vrou van die Jaar. Haar passie vir die ontwikkeling en bemagtiging van swart vroueskrywers word uitgebeeld in die aanbieding van “Swart Afrikaanse skrywers: die skryfproses”, wat sy in 2004 by die Woordfees op Stellenbosch aanbied. In 2005 neem sy deel aan die Winternachtfees in Den Haag, en toer saam met ander digters deur die Nederlandse Antille. In dieselfde jaar besoek sy Suid- en Noord-Korea, waar sy aan die Internasionale Poësiefees vir Wêreldvrede deelneem.


13 Apr 2016

13 April 2016

Elmari Rautenbach het tydens die Woordfees met Alexander Strachan gesels oor sy nuwe roman BRANDWATERKOM. Luister na ‘n uittreksel van hierdie gesprek. Ilse Salzwedel gesels met Santie van der Merwe, skrywer van GELYKE KANSE en VANDAT JY WEG is. Johan Myburg deel interessante internasionale boekenuus in sy weeklikse bydrae. En die wenners van die 2016 UJ-pryse vir beste Afrikaanse kreatiewe tekste word aangekondig.


5 Apr 2016

5 April 2016

Lina Spies lees van haar eie gedigte voor by die Woordfees 2016. En Margot Luyt lees verse van Petra Müller voor.


23 Mar 2016

23 Maart 2016

Luister na prof. Albert Grundlingh se Woordfees-onderhoud met die geskiedkundige Chris Schoeman oor sy boek DIE ONBEKENDE VAN GOGH, wat handel oor Vincent van Gogh se jonger broer wat in Suid-Afrika gewerk en gesterf het. Ilse Salzwedel gesels met Yvonne Beyers oor die splinternuwe kykNET/Rapportpryse vir boekresensies. Johan Myburg deel nuus uit die internasionale letterkunde.


22 Mar 2016

22 Maart 2016

Luister na gedigte wat voorgelees is by die Woordfees.


9 Mar 2016

9 Maart 2016

‘n Regstreekse uitsending vanaf die Woordfees in Stellenbosch.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: