23:10 - 23:59

Tjil

Nou op die lug: 23:10 - 23:59

Deurnag (Maandag)

Volgende: 05:25 - 05:55

RSG Landbou

Met Lise Roberts

05:55 - 06:00

Vroegoggendgedagte

Tuis | Potgooi | Potgooi Resultaat
  • Program

Leefwêreld van die gestremde 19 Mei 2024

19 Mei 2024

Wat is universele toeganklikheid? Wat is die doel daarvan? Watter prosesse word gevolg vir toeganklikheidsevaluering van geboue, dienste, produkte en programme? JOB-ABLED is in 2023 as naaswenner aangewys vir organisasies wat sosiale innovering gebruik om die lewe van gestremde Suid-Afrikaner te verbeter. Dié nieregeringsorganisasie glo dat die program ‘n beter toekoms kan skep vir persone met gestremdhede in die arbeidsmark.


Leefwêreld van die gestremde 12 Mei 2024

12 Mei 2024

Hoe aanvaar mense die uitdagings wat met blindheid gepaardgaan? Ivaan Levedal het sy sig op ‘n jong ouderdom te verloor, en gee graag wenke oor hoe die gemeenskap teenoor Blindes kan optree. Deirdre Barnes is ‘n ma met ‘n dogter wat op vyfjarige ouderdom met ‘n seldsame toestand gediagnoseer is. Sy samel geld in om om ouers in diesselfde situasie te help, en in die proses kweek sy bewustheid en empatie.


Leefwêreld van die gestremde 5 Mei 2024

5 Mei 2024

Melvin Farmer vertel van sy seun, Jaybee, en hoe ‘n motorongeluk die lewe van die Farmer-gesin onomkeerbaar verander het. Dis ‘n storie van die trauma wat ‘n jong seun moes ervaar, en hoe hy ná jare op ‘n positiewe wyse steeds talle uitdagings aanpak. Die 8ste Wêreld Para-atlete Grand Prix het onlangs in Marokko plaasgevind. Dit was ter voorbereiding en kwalifisering vir die Paralimpiese Spele later vanjaar in Parys, Frankryk. Manie Blom is ‘n blinde sportman wat vertel van sy uitsonderlike en soms baie moeilike uitdagings wat hy voor en tydens die besoek aan Marrakesj ervaar het.


Leefwêreld van die gestremde 28 April 2024

28 April 2024

Van der Spuy Brink het oornag die gehoor in sy een oor verloor, en geleidelik daarna ook in sy ander oor. Hy vertel van die ervaring, en dat sy gehoorverlies en doofheid deur jarelange blootstellig aan geraas gevolg het. Hy het kogliêre inplantings, en vertel van die uitdagings daarvan en hoe sy kommunikasievermoë binne gesinsverband geraak word. Rodney en Maria Lackay was tien jaar gelede in ‘n ongeluk, en die paartjie is beide sedertdien in ‘n rolstoel. Hulle vertel van hulle reis van genesing, en hulle lewenstaak om ander positief te beïnvloed. Die twee leef voluit, en bedryf hulle eie gastehuis.


Leefwêreld van die gestremde 21 April 2024

21 April 2024

24 April is Wêreld Geraasbewustheidsdag. Ons hoor hoe gehoor beïnvloed word deur geraas. Blind SA is ‘n nie-regeringsorganisasie wat al vir byna agt dekades baanbrekerswerk doen vir mense met siggestremdhede. Hulle het duisende lede landwyd, en kom deurentyd met innoverende idees vorendag. Die jongste is ‘n groep opgeleide smaakontleders, wat voedsel proe en geure en smake bestudeer.


Leefwêreld van die gestremde 14 April 2024

14 April 2024

Lana van der Westhuizen, ‘n ma van vier kinders met gestremdhede, vertel hoe sy haar situasie hanteer. Brunhild Strauss inspireer en bemagtig mense met gestremdhede, en kry hulp vir diegene wat dit nodig het in die Namakwaland-omgewing. Hy het onlangs in die jaarlikse rolstoelresies in George deelgeneem. Hy vertel van die belangrikheid daarvan om voluit te leef om liggaam en gees gesond te hou.


Leefwêreld van die gestremde 7 April 2024

7 April 2024

Sharon Davids vertel van haar blog, The Sight Seeing Blind Bride, wat mense bewus maak dat mense met gestremdhede voluit en gelukkig hulle plek in die samelewing volstaan. Rett-sindroom is ‘n  seldsame siekte wat onverklaard by veral jong meisies voorkom. Die ontwikkeling van die baba is normaal tot op tweejarige ouderdom, en al die doelpale word bereik. Dan stop die liggaamlike ontwikkeling skielik, en selfs spraak word beïnvloed. Jacqui January vind meer uit van hierdie toestand, en van die pogings om ouers te ondersteun.


Leefwêreld van die gestremde 31 Maart 2024

31 Maart 2024

Adrian Davids is blind, en deur middel van sy projek, Wisp Wonder, wil hy mede-gestremdes met sy potgooie bemagtig  om rekenaarprogramme beter te verstaan. Ds. Jan Botha het as kapelaan in die SA Weermag diens gedoen. Daarna was hy geruime tyd in die bediening as predikant. Hy praat oor pastorale berading en die rol van ‘n lewensgids in die hantering van trauma en die uitdagings van gestremdhede.


Leefwêreld van die gestremde 24 Maart 2024

24 Maart 2024

Waarom moet mense wat totaal doof is en wat Gebaretaal as moedertaal gebruik, in afsonderlike gemeentes geestelike bediening ontvang? Hoe kan kerkgeboue prakties aan die behoeftes van Dowes voldoen? Die Tshwane Place of Safety Association het twee huise van veiligheid vir kinders met spesiale behoeftes en/of gestremdhede. Ons hoor van ‘n baba wat sonder arms en bene gebore is, en by die huis beland het toe sy drie dae oud was. Vandag is sy ‘n dapper 12 jarige wat hardloop – op haar manier – self eet, en ‘n sin vir humor het.


Leefwêreld van die gestremde 17 Maart 2024

17 Maart 2024

Ons fokus op die uitdagings van kinders met liggaamlike gestremdhede. Daar is in baie gevalle hulpmiddels beskikbaar, en ons vertel van die assesseringsproses om toegang hiertoe te kry. Donderdag 21 Maart is Wêreld Downsindroomdag. Jong volwassenses wat met Downsindroom leef, en baie gelukkig is om hulleself in die arbeidsmark te bevind, gesels saam. Hulle lewer ‘n waardevolle bydrae om die stigmatisering van mense met Downsindroom in die werkplek te kortwiek.


POTGOOI (aanddiens)

INTERAKTIEF

Volg ons op sosiale media: